Stage and Screen

Die Kaap is weer Holms

Elke mens wil elke dag hê dat sy lewe lekker moet wees, maar as ons moet wag vir ‘n maer lyf, baie geld en eerlike politici om ons Kaap weer Hollands te maak, dan gaan ons lank wag.

Marion Holm se voorstel is om vir niks te wag nie, maar self jou eie lewe gelukkig te maak:  maak jou Kaap weer Holms.  Chris Vorster is soos gewoonlik die regisseur en mede-skrywer van hierdie produksie waarin Holm vertel hoe troues en 21ste verjaardae gevier is in die 70’s, van ‘n tv opname saam met die aktrise Tant San de Lange, kinders se vreemde name deesdae, die Afrikaner se pyn, FICA reëls, haar studentedae en die liefde.

In haar kenmerkende styl van storievertel, maak Holm die gehoor se KAAP WEER HOLMS deur haarself meestal die onderwerp van die grap te maak – openlik en eerlik oor al haar skete, fobies en koddighede.  Een vrou, baie stories, bietjie dink, baie lag – dit is DIE KAAP IS WEER HOLMS.

Teks:  Marion Holm / Chris Vorster

Kostuum:  Craig Leo

Regie:  Chris Vorster

 23 Augustus 2016 – 4 September 2016

 Pieter Toerien se Montecasino Studio teater