Stage and Screen

Dirk van der Westhuizen: Sexy Vi My

Dirk van der Westhuizen blus die koue met ’n ‘sexy’ nuwe treffer.

Eers is daar suiker gegooi, toe spoel hy dit af en nou gaan Dirk van der Westhuizen die koue blus met sy nuwe vuurwarm enkelsnit getiteld Sexy Vi My.

Die enkelsnit, wat ook die titelsnit van Dirk se nuutste album is, is ’n Afrikaanse pop/dansliedjie wat enigiemand sexy gaan laat voel. Die liedjie is deur die talentvolle Johan Oberholzer geskryf.

Johan is bekend vir talle treffers uit sy pen. Die album word ook versprei deur die suksesvolle Coleske Artists.

Volgens Dirk het hy die liedjie as sy volgende enkelsnit gekies omdat dit belangrik is om mense spesiaal te laat voel, en hy kry dit hoeka reeds reg.

Die musiekvideo, wat deur Christiaan Wolf van Brickwolf Productions opgeneem is, speel af by Dirk se huis en het ’n tropiese gevoel.

Dirk van der Westhuizen is in Pretoria gebore en sing al vandat hy kan onthou. Dirk is reeds nege jaar in die musiekbedryf doenig en spog met drie suksesvolle albums, ’n rits treffers en meer as ’n twee miljoen YouTube-trefslae. Hy sonder elke vertoning, gesig wat ophelder en saam sing, elke pakkie of sakkie suiker wat hom tref en elke ontmoeting met mense wie se harte hy kon aanraak as hoogtepunte in sy loopbaan uit.

Hy put inspirasie uit ander plaaslike musikante en sê dat hy graag ‘n liedsaam met Karlien van Jaarsveld sal wil opneem. Hy hou daarvan om liedjies te skryf wat met die hart praat. Volgens Dirk moet hy homself op die verhoog daarmee kan sien voor dat hy dit goedkeur.

En nes sy vorige musiek gaan Sexy Vi My iets wees waar by mense aanklank kan vind.

Sy dagboek is reeds volbespreek en hy wil graag mense regoor Suid-Afrika aan sy nuwe album voorstel. Dirk is druk besig om te oefen vir die Afrisaam Fees op 8 en 9 Junie in Springs, waar sy nuwe album eksklusief vrygestel gaan word.

Dié album sal ook op digitale platforms asook in die musiekwinkels beskikbaar wees.