Stage and Screen

Faan se Trein

Faan se Trein, oorspronklik geskryf deur Pieter Fourie as ‘n toneelstuk, se eerste opvoering was in 1975 in Kaapstad.  Dit was onmiddellik ‘n wegholsukses en het groot opskrifte gemaak.

Oor die volgende 2 jaar was die toneelstuk na elke teater en stadsaal genooi regoor Suid-Afrika.  Meer as 300 000 mense het reeds die verhoogstuk gesien.

 Na aanleiding van die gewildheid en op publieke aanvraag, was Faan se Trein oorgeskryf vir die silwerdoek deur Koos Roets en in April 2013 verfilm.

Gebaseer op ‘n verhaal wat teatergangers al meer as dertig jaar bekoor beloof die rolprent met sy hartroerende universele temas om Suid Afrikaners van alle ouderdomme weereens te vermaak en te ontroer.

Faan se Trein speel af in die laat vyftiger jare en gaan oor ‘n eenvoudige middeljarige man op ‘n klein Karoo dorpie wat nooit verby die onskuld en eenvoud van ‘n jong kind  ontwikkel het nie.

Wanneer sy pa sterf, los hy al sy besittings om verdeel te word tussen FAAN en die kerk.  Onmiddelik verskeur gierigheid die gemeenskap…..todat liefde hulle weer tot hulle sinne bring.

‘n Ikoniese verhaal wat jou laat glimlag terwyl jy ‘n traan wegvee.

Faan se Trein is tans besig om in film teaters te draai.