Stage and Screen

Kaleidoskoop: Die Goeie

Nuwe musiek-video versprei ‘n boodskap van vergifnis, versoening en transformasie.

Kaleidoskoop het oor drie en ‘n half dae, in die koue Julie-maand, die video vir hul nuutste enkelsnit – Die Goeie – in ‘n klein “dorpie” met die naam Val, geskiet. Die konsep vir die video is deur Jouba, Anique en Paul Hugo (wat ook die video vervaardig het) verfyn. Die boodskap agter die lirieke van die lied is vergifnis, versoening, en transformasie van jou hart deur jou gedagtes te vernuwe.  “Een manier om jou gedagtes te vernuwe is om jou oë op die goeie dinge te hou en die mooi raak te sien in alles en almal om ons”, sê Anique.

Die goeie se video handel oor ‘n gebroke en afgematte swerweling wat wakker word in ‘n oop veld en vandaar doelloos rondswerf. Op sy reis kom hy verskeie mooi situasies en mense tee en sodoende word sy hart weer sag en hy besluit om terug te keer na dit waarvanaf hy weggehardloop het.

Die Goeie is vervaardig deur Paul Hugo van Ubuntu Filmhouse, en is geskiet in Val, Mpumalanga. Dit sien akteurs soos Orgo Rautenbach en Derick Terblance wat saam met Jason Moser, Raldo Mattheüs en Dean Henning die rolverdeling voltooi. Die invoners van Val sleel as ekstras…

Ons hoop om mense wat die video kyk aan te moedig om die mooi wat steeds volop in ons land te vinde is, raak te sien….  Vir mekaar te bid en mekaar te vergewe, nie weg te hardloop van hul seer of vrese nie, maar dit te oorwin deur  hul oë op die goeie te hou!” sê Jouba en Anique.