Kyk Net! Niks Koue met kykNET!
Die winter is dalk behoorlik hier, maar kykNET se vermaak hierdie winter sal jou alles behalwe koud laat.
Nataniël en sy broer, Edik le Roux, is vanaf 4 Julie om 20:00 terug vir die laaste in hul Nantes trilogie, getiteld Edik van Nantes Winter. Vir die eerste keer bring ons die winter, sy geheime, sy kos, tradisies en rituele na die klein skerm.
Dié winter is daar genoeg komedie om die lagspiere warm gelag te hou. Die dames van Elke Skewe Pot keer vanaf 9 Julie om 20:30 terug vir nog ʼn seisoen. Nuwe gesigte sluit in Hélène Truter, wie die rol van ESP-eienaar Sandra vertolk, Kevin Smith, die aantreklike, chauvinistiese Renier, en Neels Claasen, as Bennie se nuwe kelner/kroegman.
Kry jou weeklikse koffie fix saam met aanbieder Johrné van Huyssteen in die nuwe reeks, Koffieboon, wat vanaf 4 Julie om 17:30 uitgesaai word. Unieke koffiewinkels, coffee in a cone en koffieburgers – dit en vele meer is op die koffiespyskaart.
Jan Scannell braai oudergewoonte in prentjiemooi en ongewone plekke in Jan Braai vir Erfenis vanaf 6 Julie om 18:00. Dié keer trap hy ook fiets, onder andere van George tot in Swellendam.
Die wintervetjies hoef nie aan te pak nie – Slank-aanbieder Leandie du Randt gaan vanaf 2 Julie om 17:30 saam op verslankingsreis met vyf deelnemers uit die vermaaklikheiswêreld, insluitende Kevin Leo en Mimi Mahlasela.
As jy 60+ jaar oud is, kan jy gerus vanaf 5 Julie om 18:00 inskakel vir Met ‘n huppel in die stap met aanbieder Riaan Cruywagen, vir kundige advies oor die lewe na aftrede.
kykNET & Kie, DStv-kanaal 145, verwelkom vyf dinamiese dames vanaf 5 Julie om 20:00 op die kanaal. Zelda la Grange, Kay Karriem, Tracey Lange, Ingrid Jones en Success Lekabe gaan elke week in Tussen Ons gesels oor die dinge in die wêreld wat vir jou belangrik is.
Top komedie wag op kykNET & kie-kykers met twee ou gunstelinge: Fishy Fêshuns, wat vanaf 3 Julie om 20:00 uitgesaai word, met die eienaar van Fisher Fashions, Harold Fisher, en Dino en die vyf vrouens, Patsy, Xoli, Rochelle, Katrien en Vera, wie vir Harold werk. Ons verwelkom ook die Van Tonder-gesin terug op die kanaal in Orkney Snork nie.
Ons is ook opgewonde om aan te kondig dat kykNET NOU, DStv-kanaal 146, die openings- en afsluitingsgeleentheid van vanjaar se World Choir Games uitsaai. Vanjaar se World Choir Games word deur Suid-Afrika aangebied en vind plaas in Tshwane vanaf 4 tot 14 Julie. Die Stellenbosch Universiteitskoor, wat beskou word as een van die beste kore in die wêreld, gaan ook deelneem.
Lekker Warm-Word-TV!!!