Nuwe Album vir SA se Saam-Sing-Stêr!
Met hierdie CD en vertoning, neem Pieter sy gehoor terug in die geskiedenis van Afrikaanse Musiek – van die heeleerste opname van Afrikaanse Musiek wat sovêr as 1906 dateer en bring hy hulde aan legendariese liedjieskrywers en sangers soos Chris Blignaut, Danie Bosman, Die Briels en vele ander, tot in 1979 in sy eie unike styl.
Sleutelfigure in ligte Afrikaanse Musiek bv Groep 2, Gé Korsten, Die Alabama Studente Geselskap, Min Shaw en Anton Goosen vorm ook deel van hierdie era.
Maak jouself reg vir ‘n nostalgiese musikale reis deur die loop van tyd met bekende sowel as minderbekende liedjies van 1906 tot 1979.
Die CD bestaan uit 21 liedjies waar Pieter kunstenaars o.a Fatman, Christo Snyman en Maria Rademan ingespan het om saam met hom van die liedjies op te neem.