A Ruby is Gem. In more ways than One…
Gaining Perspective is ’n ineteressante popmusiek- en klavierverwerking wat selfs die kritieste oor sal beïndruk. Hierdie ballade uit haar eie pen, gaan oor selfaanvaarding en is ’n tema waarby almal sal aanklank vind. Die sanger is tans besig om haar album te finaliseer en lys dit as een van die hoogtepunte van haar loopbaan sover. ’n Musiekvideo word ook vir die enkelsnit beplan en sy geniet dit vreeslik baie om deel te wees van die proses.
Ruby Rouge beskryf haarself as ’n Jozi-meisie en vertel dat sy al sing vir solank as wat sy kan onthou. Sy tree nou al vir vyf jaar professioneel op en het baie oor die bedryf en die uitdagings geleer gedurende hierdie tyd. Wanneer sy nie sing nie, werk sy as grimeerkunstenaar, fotograaf en sosialmediainhoudsanaliseerder om haar inkomste aan te vul en uiting te gee aan haar kreatiwiteit.
Die kunstenaar hou van ’n wye verskeidenheid musiek en is opgewonde oor die moontlikheid om saam met ander suksesvolle kunstenaars te werk. As jy haar vra waar sy die inspirasie vir haar lirieke vandaan kry, antwoord sy dat dit soms van persoonlike ervarings kom, maar dat enigiets haar verbeelding kan prikkel – van ’n doodgewone dag tot ’n gruwelprent of warm bad. Alhoewel sy aan epilepsie en bipolêre gemoedsteurnis ly, het sy nog nooit toegelaat dat dit in die pad staan van haar doelwitte nie.
Daar is nog baie ander drome en planne wat sy graag wil verwesenlik, wat nog liedjies en albums insluit, maar vir nou fokus sy eers op die geleenthede voor haar.
Gaining Perspective het ’n opbouende deuntjie wat verweef is met ander sterk musiekelemente en ’n indrukwekkende stem wat nie net vir Ruby Rouge ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers gaan losslaan nie, maar ook op die treffersparades van die land se grootste radiostasies.
Daar is baie meer oor hierdie sangeres, so volg haar op Faceboook, /officialrubyrouge, of op Instagram, @officialrubyrouge