Stage and Screen

Sy Klink Soos Lente

Ware liefde begin soms op ‘n vals noot.

Wat sou jy doen as jy die meisie van jou drome ontmoet, en weet jy’s nie goed genoeg vir haar nie? Jy jok, natuurlik…

Ben (Stiaan Smith), ‘n aantreklike werktuigkundige ontmoet vir Linda (Amalia Uys), ‘n beeldskone, uitgesproke ouditeur een aand in ‘n kroeg. Hulle gesels en daar is dadelik vonke, maar toe Linda vir Ben vra wat hy vir ‘n lewe doen, jok hy en sê hy dat hy die hoofsanger in ‘n band is.

Want nie net is Linda uit sy liga nie, haar pa is sy baas. Linda hou dadelik van die sjarmante muso, hulle val vir mekaar, en Ben moet ‘n band begin om sy leuen te verbloem en die meisie van sy drome se hart te wen.

“Sy Klink Soos Lente is ‘n opwindende aanslag en vernuwing van die Afrikaanse romantiese komedie-genre. Corné van Rooyen se sensitiewe regie en Stiaan Smith se vars teks skep ‘n wonderlike palet vir die beeldskone Amalia Uys en Smith se aangrypende karaktervertolkings.” – Danie Bester.

Die bekroonde THE FILM FACTORY en opspraakwekkende BOUWER BOSCH FILMS bied ‘n storie aan oor onverwagse vriendskappe, om jou passies te herontdek, en om uit te vind wat dit beteken om goed genoeg te wees.

Sy Klink soos Lente begin 30 September 2016 Landswyd draai.