Abduraghmaan Adams Archives - Stage and Screen

Noem My Skollie
‘n Hartroerende verhaal van die mens se veggees.

Deur Hanri Wondergem

John W. Fredericks

Van die eerste oomblik af vang dié rolprent jou aandag vas, dit skok jou en roer die hartsnare. Geskoei op die lewensverhaal van die skrywer, John W. Fredericks speel Noem My Skollie af op die Kaapse Vlakte in die 1960’s.

Noem My Skollie neem jou van die Kaapse Vlakte, na Polsmoor-gevangenis en terug na die Kaapse vlakte – maar geen moeite is ontsien om die realiteit van die grusame gebeure van die plek en die tyd by die gehoor uit te bring nie.

Vier tieners, AB (Austin Rose) en sy makkers, Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagdom) en Shorty (Valentino de Klerk) word groot in swaar omstandighede wat gekenmerk word deur armoede, bendes en die geweld wat daarmee gepaard gaan.  Ten spyte van die versoekings, probeer die vier vriende om die lewe van ‘n bendelid vry te spring. ‘n Traumatiese ervaring swaai egter AB se kop in ‘n ander rigting en hy en sy makkers stig hulle eie bende. Die besluit word geneem om hulself te beskerm. Die tieners word soos bloedbroers en pleeg misdade, maar van ‘n minder ernstige aard.  Die lang arm van die gereg is egter iets wat hulle nie kan vryspring nie.

Dann-Jacques Mouton Speel AB in Noem my Skollie

‘n Ouer AB (Dann-Jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) beland agter die tralies van Polsmoor.

Dis hier waar die genadelose tronklewe die twee beetpak. AB is ‘n talentvolle storieverteller en span die talent in om die gevangenes te vermaak en so ook homself te beskerm. Gimba kies egter ‘n heel ander roete om sy eie veiligheid te verseker…

En na twee jaar moet die twee manne terug na die Kaapse Vlakte waar die lewe aangaan soos voorheen.

Gehore kan met rede uitsien na die regisseur, Daryne Joshua se eerste probeerslag wat die lewe van die jeugdiges uitbeeld op ‘n realistiese manier wat nog nooit van tevore gedoen is nie.

‘n Hartroerende verhaal wat die veggees van die mens in moeilike omstandighede uitbeeld. Dit is onstellend maar sonder enige twyfel die kyk werd.

Gantane Kusch

Ander akteurs wat hulle verskyning in Noem my Skollie maak, is Gershwin Mias as die ouer Shorty, Christian Bennet as die ouer Gif, David Manual as die skollie himself, Gums. Abduraghmaan Admas as Mr C, en Tarryn Wyngaard as die roos onder die dorings, Jenny. Die ondersteunende rolle onder andere word vertolk deur Charlton George, Jill Levenberg, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit.

Prys gaan ook aan die kreatiewe span, wat so ‘n produksie op die silwerdoek laat realiser. Met ‘n uitstekende draaiboek van Fredericks, grypenswaardige regie deur Joshua, is daar ook die inspirerende klankbaan van die internasionaal erkende Kyle Shepherd wat die prentjie vervolmaak. Die puik passende tema-lied, word gesing deur mede-akteur, Hemelbesem.

Niks is volmaak nie, maar dit is ‘n rolprent wat so ampertjies ‘n 10 uit 10 verdien. Noem my Skollie is eg Suid-Afrikaans, en begin draai in teaters landwyd,k op 2 September 2016.

The post Noem My Skollie appeared first on Stage and Screen.