Binnelanders 3000 Archives - Stage and Screen

Ons Praat met Franci Swanepoel
Die Ervare Glimlag agter Toeks.

deur Louw Mulder

As ‘n mens terug dink aan die eerste dae van Binnelanders, onthou ‘n mens vir Gys de Villiers in die rol van Dokter Zieg Combrink, sy vrou, wat gespeel is deur Elzette Marschalk, en ook die ervare Jürgen Helberg, wat die rol van Kitte vertolk het. Dan sien jy hierdie gesoute akteurs in die koffiewinkel sit, met ‘n skelm Hans Strydom, oftewel Dokter At Koster, wat verby loop sonder om aandag aan enige iemand te gee.

Maar in so ‘n toneel, was daar net een karakter  wat ‘n glimlag op enige scenario kon sit, en dit was Toeks Muller, Kitte se vrou en Zieg se suster. Hierdie skinder-tannie van die kliniek, en Tonik se eienaar, was met welslae gespeel deur die asemrowende aktrise, Franci Swanepoel.  Ek het ‘n bietjie met Franci oor haar dae op Binnelanders gaan gesels.

Na Franci haar graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, het haar loopbaan vlug gevat, en vandaar af tot nou, was daar nog geen einde in sig nie.  Van Televisie aanbieder op meeste van Suid-Afrika se kanale, rolle in ‘n hele spul rolprente, asook verskynings in TV-reeks soos onder andere Koöperasie Stories, Arsenaal, Hartland en Sterlopers, het haar talente in die Sepie-genre, wat insluit 7de Laan, Getroud met Rugby, en dan ook Binnelanders, vir geen ander terug gestaan nie.

Vir die eerste ses jaar van Binnelanders, van reeks na sepie, was dit vir Franci ‘n wonderlike ervaring om deel van Binnelanders te wees. “Die werksomstandigdhede was heerlik en uiters professioneel,” het sy vertel en sy voeg by: “Binnelanders was ‘n huis, en ‘n wonderlike platform vir my loopbaan.”

Gedurende hierdie tyd, was daar heelwat hoogtepunte vir Franci, veral die feit dat sy deel was van ‘n M-Net dramareeks, wat later tot trotse kykNET sepie ontwikkel het. “Hoogtepunte was die wonderlike voorreg om saam met ‘n groep jong en gesoute akteurs die pad te stap,” verduidelik Franci soos net sy kan.

Dit was vir Franci Swanepoel ‘n hartverskeurende besluit om van die Tonik-tonele afskeid te neem. “Toeks was so deel van my, maar daar kom dikwels ‘n onverwagte vurk in die pad, en ek moes ‘n ander koers in slaan”, het sy verduidelik: “Daardie laaste dag, toe ek my familie moes groet, was verseker my laagste punt op die Binnelanders-stel.”

Binnelanders is ‘n Afrikaanse sepie, en soos Franci erken, is die doel om te vermaak, op te voed, en ook Afrikaans se naam hoog te hou. “Dissipline en mededeelsaamheid is wat ek by Binnelanders geleer het, asook respek vir myself en vir die res van die cast en crew” vertel sy.

Onlangs, het ons onder andere vir Franci op kykNET gesien toe sy die reeks Oppi Kassie aangebied het. Volgende vir haar, is ‘n rol in ‘n tweede seisoen van ‘n kykNET sitkom, waaroor sy nie nou al verder wou uitbrei nie.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Iewers het ek my hart op jul verloor. Elsje en jou span, welgedaan met ‘n fenominale reeks waarvan ek nogsteeds die grootste aanhanger is.” – Franci Swanepoel.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Franci Swanepoel appeared first on Stage and Screen.

Ons Praat met Reynardt Hugo
Van Seep-Stêr tot Pop-Stêr…

deur Louw Mulder

Afrikaanse sepies in vandag se Suid-Afrika sorg vir vermaak. Dít is die woorde van Reynardt Hugo, of in Binneland-kringe beter bekend as Dokter Tertius Jonker. “Mense kan met ‘n karakter vereenselwig omdat hulle dalk iemand soos dit ken,” het Reynardt tydens my onderhoud verduidelik. “Dit is ook ‘n medium wat baie uitdagend is, en as dit reg gedoen word, verskriklik baie genot kan verskaf,” voeg hy by.

Reynardt speel die hoof van ongevalle by Binneland Hospitaal, en hy beskryf sy karakter as somtyds konserwatief, maar tog met ‘n effense stoute kant aan hom. “Maar die stoute kant sien ons net nou en dan,” het hy by gelas.

Tertius is die wettige aangenome pa van Daleen se dogtertjie, Nina, en buite baie nood-tonele in Binneland, moes hy self deur die egskeiding met Daleen gaan.  “Tertius se opsie om ‘n meisie te kry, is nou oop,” het hy komies vertel. Ek het ‘n kans gevat om te probeer uitvind wat met Dokter Jonker gebeur in die volgende 3000 episodes, maar al wat ek uit hom uit kon kry, was: “…dalk ‘n paar liefdesdriehoeke…”

In 2008, het Reynardt sy Binneland-loopbaan afgeskop, en vier hierdie jaar ‘n dekade op die stel van kykNet se langste lopende sepie. “Ek het die geleentheid gekry om ander drome te bewaarheid, soos om ‘n band saam met Hugo Ludik te begin,” vertel Reynardt oor wat Binnelanders deur die jare vir sy loopbaan beteken het: “Binnelanders het ook gesorg dat ek by mense kon uitkom en hulle stories te kon hoor. Dit het verseker deure oopgemaak en daarvoor is ek verskriklik dankbaar.”

Al ken ons hierdie dokter meer as ‘n lid van ons land se mees suksesvolle boyband, Adam, het Suid Afrikaners al geleer om onderskeid te tref tussen die popstêr, Reynardt Hugo, en die dokter van Ongevalle, Tertius Jonker.  Vir Reynardt, aan die ander kant, is Binnelanders ‘n realiteit: “Dit is net ‘n storie, en my verantwoordelikeid strek vanaf die leer van die dialoog tot om op stel te wees,” sê hy.

“Om net by die sepie te kan werk is self ‘n hoogtepunt,” vertel Reynhardt vol selfvertroue. “Alles wat saam met dit gaan, elke toneel, elke bietjie lag op stel en die geleentheid om saam met ongelooflike akteurs te kan werk, maak deel daarvan uit. Dít is en sal altyd my hoogtepunt en herinnering wees,” voeg hy by.

Maar toe ek oor sy laagtepunte vra, het meneer Hugo met eerlikheid geantwoord: “Ek dink as ‘n mens nie jou beste gee nie, nie op jou game is die dag nie, ervaar jy ‘n laagtepunt. Dit gebeur maar met almal.”   Verder, gee Reynardt Hugo ‘n bietjie raad, ondanks hierdie laagtepunte: “Om elke dag so te fokus en te konsentreer, is van uiterse belang.”

Na ‘n dag in die Ongevalle, gaan Reynardt Hugo huis toe, en gaan aan met sy lewe. Binnelanders, soos wat hy erken, is baie toegeeflik as dit kom by sy rol in Adam: “Dit is as gevolg van Binnelanders wat ek ‘n tweede loopbaan in musiek het,” sê hy, as hy verduidelik dat sy gewildheid as alledaagse sepie-stêr, die hupstoot was wat die groep nodig gehad het.  Adam, die groep waaronder Reynardt saam met Ludik en Kyle Grant die Afrikaanse klanke herdefinieer, is onlangs vrygestel, en is saam met sy rol in Binnelanders ‘n getuienis van die liefde wat Reynardt Hugo vir die vermaaklikheidslewe het.  Lees meer oor Adam se nuutste album, hier.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Ek wil baie dankie sê dat iemand die potensiaal in my raakgesien het om deel van hierdie ongelooflike span te wees.  Dit is as gevolg van julle dat ek ‘n loopbaan het.  Julle het my geleer dat ek nie beter as enige iemand is nie.  Dankie Binnelanders dat julle my bygestaan het in moeilike tye.” –  Reynardt Hugo.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Reynardt Hugo appeared first on Stage and Screen.

Ons Praat met Milan Murray
‘n Boheemse karakter wat die Status Quo uit daag!

deur Louw Mulder

As ek terugdink, back in the day, was Frankie, wat deur die baie bekwame Milan Murray gespeel is, een van my gunsteling karakters in Binnelanders, en dit is juis die rede dat Milan een van die aktrises was wie ek gekies het om mee te gesels, toe Stage and Screen hierdie geleentheid aangebied is.

Milan beskryf haar karakter, wat ook bekend gestaan het as Dokter Zieg Combink se skoonsuster, as ‘n uitgesproke, boheemse karakter wat die status quo uitgedaag het.  “Ek was deel van die aanvanklike cast, toe die reeks begin het,” vertel sy: “Ek was deel van die eerste drie jaar van die sepie, en het later vir so twee maande weer ‘n verskyning gemaak.”

Vir Milan, soos sy vertel, is ‘n sepie altyd ‘n tyd van finansiële stabiliteit. Om ‘n gereelde salaris te verdien, is ‘n rare verskynsel in ‘n akteur se lewe hier in Suid Afrika: “Ek kon my eerste motor bekostig, en ook ‘n huis koop.”   Milan se tyd by Binnelanders het tot ‘n einde gekom, toe sy swanger geraak het met haar eerste kind.  Stark Produksies het wel aangebied om haar swangerskap in die storie in te skryf, maar Milan wou nie. “Dis so ‘n persoonlike ervaring en ek wou dit nie met Frankie deel nie,” het sy verduidelik.

“Al my tonele saam met Franci Swanepoel was vir my ‘n hoogtepunt,” het sy gesê: “Ons tonele was heerlik geskryf met baie pittighede en komiese konflik. Ons het mekaar se ritmes later so goed geken. Beide ons karakters was dwars en uitgesproke, heerlike teenpole teenoor mekaar. Frankie was meer roekeloos en Toeks was weer meer beskermend en verantwoordelik,” het sy haar tonele saam met die bekwame Swanepoel, wat Toeks gespeel het, verduidelik.

Maar soos daar hoogtepunte was, het Milan ook laagtepunte gedurende haar tyd by Binnelanders ervaar. “Sepies bied vir jong akteurs die geleentheid om te leer en te groei en ook om ‘n voet in die deur te kry in ons industrie. Sommige groentjies dink egter baie innig hulle is die kat se snor en hanteer die senior personeel asof hulle dieselfde hoeveelheid ervaring het. Die erkenning van die publiek is te vinnig te veel, en dan bars die ego’s uit hulle nate,” het sy eerlik verduidelik, en ek kon amper hoor hoe dit Frankie kon wees wat met my praat. “Die moeilikste is om op jou lip te byt as jy teenoor daardie ego moet speel,” het sy verder gesê. “’n Ander, meer komiese laagtepunt, was toe ek twee maande swanger was, en met oggend-naarheid tussen tonele kon weghap.”

Vir Milan, het Binnelanders haar sonder twyfel dissipline geleer. Sy verduidelik die sepie as ‘n goed ge-oliede masjien, met elke deel wat sy eie meganisme is en eie funksie het. “Wees betyds en ken jou woorde,” het sy uitgelig.

Milan sit egter nie stil nie, en is onlangs in heelwat produksies op verhoog en skerm gesien. Volgende vir haar lê Die Byl 2, en natuurlik haar solo verhoogstuk, Weerkaats, voor.  Weerkaats, waarin Milan tans speel, is ‘n verhoogstuk wat geskryf is deur Retief Scholtz, en die regie word behartig deur Philip Rademeyer.  Weerkaats het vleuende resensies verdien by onderskeie 2017 kunstefeeste.

Hou Milan se Facebook blad dop vir optredes naby jou.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Aan Elsje en wyle Frederich Stark, welgedaan. Julle het die vermoë om ‘n enorme produksie seepglad te laat vloei, terwyl julle altyd in die oog hou dat almal van ons ook net mense is. Baie geluk aan elke HOD, skrywer, regisseur, tegnici en akteur. Wat ‘n Span.” – Milan Murray.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Milan Murray appeared first on Stage and Screen.

Ons Praat met Desirè Gardner
Van Daleen tot Carmen, is maar nog net die begin.

deur Louw Mulder

Almal het lief geraak vir verpleegster Daleen Jonker, Pippa se beste vriendin, Nina se ma, en natuurlik Dokter Tertius Jonker se vrou.  Netso, was alle Binneland-liefhebbers baie ongelukkig toe Daleen uit Pretoria uit trek.  Ter vieringe van Binnelanders se 3000ste episode, het ek kans gehad om met Daleen se rolvertolker te gaan gesels.

Desirè Gardner het die rol van Daleen Jonker, vroeër Oosthuizen, gespeel. “Daleen se karakter was ‘n sterk, dog neurotiese vrou wat as gevolg van liefde baie foute gemaak het,” het Desirè aan my vertel.  Daleen was ‘n karakter wat Desirè van 2008 tot 2015 haar eie gemaak het.

“My man is verplaas na Kaapstad toe en ‘n langafstand verhouding is ongelukkig net te moeilik vir my,” het sy vertel. Sy het ook gesels oor hoekom haar tyd by Binnelanders tot ‘n einde moes kom: “Die lewe het ons in ons volgende hoofstuk geplaas, en so het die dinge gebeur.” Met die verhuising saam met haar gesin na die Moederstad toe, het Desirè ‘n rol gekry in ‘n ander kykNET sepie, Suidooster, waar sy tans die karakter van Carmen vertolk.

“Suidooster is baie dieselfde as Binnelanders in die sin dat mense deel van ‘n familie voel,” vergelyk Desirè die twee sepies met mekaar. Daleen, haar karakter in Binnelanders, en Carmen, haar rol in Suidooster, verskil wel baie, maar Desirè erken dat sy baie by Suidooster leer, en dat sy dit ook geweldig geniet om van ander kulture te leer. “Ek is dankbaar en geseënd om by projekte soos Binnelanders en nou by Suidooster betrokke te wees”, het sy aan my vertel.

Binnelanders het ongelooflik baie vir Desirè beteken: “Dit was ‘n ongelooflike leerskool, ‘n platform waarvoor ek altyd dankbaar sal wees, met ‘n klomp mense wat ek altyd sal mis,” sê Desirè. Vir haar is daar baie hoogtepunte wat sy na aan die hart dra: “My finale toneel sal altyd spesiaal bly, want ek het daardie dag vir my ander familie totsiens gesê. Ek het my tonele met Reynardt Hugo, Je-ani Swiegelaar en Nadia Valvekens veral baie geniet. Daai tye wat mens soms wil lag maar nie mag nie, sal my ook altyd by bly.”

Vir Desirè, is die doel van ‘n sepie in vandag se televisiebedryf, een van ontvlugting: “Mense het nodig om die alledaagse drama en hartseer, en soms verveling van hulle eie lewens, te ontvlug met iemand anders se storie,” verduidelik sy: “Mense hou ook daarvan om met iemand anders te vereenselwig en te identifiseer.”

As dit kom by dit wat Desirè Gardner tydens Binnelanders geleer het, is daar baie wat sy kan vertel: “Ek het basies alles wat ek vandag weet van ‘n multicam daar geleer. Ek het geleer om altyd professioneel te wees. ‘The show must go on’, tensy jy met ‘n drip in die hospitaal lê,” lag sy en vertel verder: “selfs dan, kan jy ‘n plan maak.” Die veelsydigheid om as aktrise met verskillende regisseurs te werk, hulle te leer ken, en die dinge toe te pas al sou dit met haar verskil, is iets wat Desirè uitlig: “Ek het by Binnelanders net so baie by my mede-akteurs geleer.”

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Welgedaan aan elke liewe een. Veral diegene wat van Episode 1 af daar was. Dis ‘n ongelooflike produk waaraan julle werk en ek kan nie wag vir die volgende 3000 episodes nie. Welgedaan aan die skryfspan wat aanhou om exciting stories te vertel, die akteurs wat die karakters interessant hou en die crew wat elke dag mooi prentjies maak.”  – Desirè Gardner.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Desirè Gardner appeared first on Stage and Screen.

Ons Praat met Rolanda Marais
Van Sepie Feeks, tot Silwerdoek Liefling.

deur Louw Mulder

In ‘n Netwerk24-artikel wat op 16 Junie 2016 deur Fanie Cronje geskryf is, is daar na Stefanie Malherbe as die ‘Feeks van reeks’ verwys. Ek onthou hierdie karakter nog van die tyd toe Binnelanders ‘n dramareeks op M-Net was.  Stefanie, die ontvangsdame van Dokter Zieg Combrink se praktyk, was die minnares van haar baas, en so het juffrou Malherbe baie onpopulêr onder die Binnelanders geword. Stefanie was vir amper sewe jaar deur Rolanda Marais gespeel, van die begin af in 2005 tot laat in 2011.

Tydens my onderhoud met Rolanda het ek agtergekom dat haar fokus en talente op haar menswees as ma en as kunstenaar geplaas word en dat hierdie veelsydige aktrise maar min woorde vir joernaliste het.

Vir Rolanda, bied ‘n sepie in vandag se tye aan akteurs ‘n stabiele inkomste wat volgens haar maar skaars is in die industrie, wat meestal baie onseker en sporadies kan wees. Maar haar rol in hierdie sepie, Binnelanders, het vir haar ‘n baie dieper betekenis as die vaste salaris. “Ek het ‘n household naam geraak. Om by Binnelanders destyds aan te sluit, was ‘n loopbaan besluit wat ek gemaak het. Ek het in die Kaap gebly en besef dat dit ‘n goeie stap sal wees om beter bekend te word onder die Afrikaanssprekende gehore,” het sy met my gedeel.

“My tyd by Binnelanders het my geleer om op te square, en ‘n kamerabewustheid te hê,” het Rolanda vertel. “Ek kan nie onthou wat my gunsteling toneel was nie, maar ek het dit regtig geniet om met die mense daar te werk, voor en agter die kameras,” vertel sy gretig, maar met min woorde. “Ek het van my beste, lewenslange vriende daar ontmoet. As mens so intiem saam met ander mense werk, leer ken jy die mooiste en slegste van ‘n persoon. Jy raak soos family. Dis baie spesiaal.”

Alhoewel sy nie baie gesê het nie, was dit tog moontlik vir my om baie duidelik tussen die lyne te lees hoeveel passie Rolanda Marais het vir wat sy doen. Toe ek haar vra hoekom sy by Binnelanders weg is, het hierdie liefde wat sy vir toneelspel het, weer duidelik geraak: “Ek geniet dit om verskeie karakters te vertolk. Dit is uitdagend en stimulerend om met elke projek in ‘n nuwe karakter se kop te klim. By Binnelanders, om dieselfde rol jaar in en uit te speel was nie ideaal nie.”

Na haar ervaring by Binnelanders, het ons vir Rolanda in vele ander televisiereekse gesien, onder andere Vlug na Egipte, High Flyers, en ook die kykNET-reeks, Waterfront, waar sy die ma van Edwin van der Walt se karakter vertolk het. Op die silwerdoek, het sy haar talente uitgeleef in speelfilms soos Wolwedans in die Skemer, Ballade vir ‘n Enkeling, Freestate en Bloodline. Vele ander bydrae tot teater en die televisie word nog op Rolanda se resumé gesien. Maar vir nou, kan ons uitsien na Rolanda Marais se rol in ‘n opkomende film, met die titel, Die Seemeeu.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Keep on Keepin’ On.  Julle Maak Mooi.” – Rolanda Marais.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Rolanda Marais appeared first on Stage and Screen.