Carmin Coetzer Archives - Stage and Screen

Loki Rothman sing Temalied van Jou Romeo
Tienerfliek kry Kitaar Klanke in Klankbaan

Loki Rothman

Die veelsydige kitaarmeester, LOKI ROTHMAN, se talent ken geen perke nie. Hy het reeds die meeste genres op die kitaar bemeester, het ’n meesleurende stem, verf asemrowende landskappe met sy oorspronklike lirieke en is ook ’n uiters suksesvolle musiekvervaardiger.

Loki is ook verantwoordelik vir die klankbaan van die nuutste romantiese tienerkomedie, JOU ROMEO, en die treffer, Ons op ons eie, wat gedurende die week van 17 Oktober 2016 aan radiostasies regoor die land vrygestel is. Hierdie liedjie is ook beskikbaar op Afrikaans is Groot Vol. 9 wat tans op die rak is!

Die lied se lirieke, asook die kreatiewe vermenging van elektroniese dansmusiek-, akoestiese en pop-elemente beskryf ’n toneel in die fliek waar ’n liefdesteleurstelling plaasvind. Die vervaardiger van Jou Romeo, Dries Scholtz vertel:  “Ek volg al lank vir Loki op YouTube, maar ek kon hom net nog nooit ontmoet nie, al was ons in dieselfde hoërskool! Uit die bloute kontak Loki my toe op Facebook en noem dat hy baie graag betrokke wil raak by films.

Dit was vir ons ’n maklike besluit om daar en dan  Jou Romeo saam met hom aan te pak! Dit is die eerste keer wat ons in een van ons films al ons klankbaanmusiek spesiaal vir die film laat vervaardig het. Loki is ’n ongelooflike talent en ons sien uit na die volgende film saam met hom!”

Loki is op sy beurt net so opgewonde: “Dries het my gevra om oorspronklike musiek te vervaardig vir Jou Romeo. Dit was vir my ’n uitdaging om ’n reeks liedjies te skryf deur slegs die visuele materiaal van die fliek as verwysing te gebruik om die inhoud van die liedjies te skryf.  Die laaste liedjie wat ek gesryf het, Ons op ons Eie, was my gunsteling en ek wou dit graag self sing.  Hierdie snit is Loki se eerste oorspronklike Afrikaanse liedjie.

Diaan Lawrence, Dirk Stoltz, Row-Lean, Sarahann Doherty en Carmin Coetzer vertolk ook rolle in Jou Romeo. Die fliek verken interessante temas oor “om te behoort”, ander na waarde te skat en om ongewone kwaliteite in ander te ontdek. Voeg ’n tikkie romanse hierby en sprinkel ’n bietjie liefde oor en hierdie is die perfekte somerfilm om saam met jou vriende en familie te geniet.

Jou Romeo is deur The Film Factory vervaardig en draai vanaf 23 Desember 2016.  Hier is die, soos die engelsman sou sê, die Trailer.

The post Loki Rothman sing Temalied van Jou Romeo appeared first on Stage and Screen.

Jou Romeo
Jou Romeo gaan jonk en oud se hartsnare roer.

Jou Romeo, die jongste romantiese tienerkomedie deur die produksiehuis The Film Factory word op 23 Desember 2016 landswyd in Suid-Afrikaanse fliekteaters vrygestel.

Die film, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Hoërskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagse gevolge.

Yvette (Elani Dekker), Tyler (Christopher van der Westhuizen) en die dramabrigade is ’n piepklein #arty  minderheid in ’n sportmalskool en hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, Meneer Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach), het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting om opgraderings aan die klubhuis aan te bring.

Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ’n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais (Ruan Wessels), om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek.

Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van ’n “oppervlakkige” spiertier jock met ’n mooi glimlag.

’n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ’n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.

Ruan Wessels vertolk die rol van die gewilde sportheld Marko Marais wat ewe skielik in ’n Shakespeare-akteur in Jou Romeo ontaard. Ruan, wat ook bekend is vir sy rolle in Agent 2000: Die Laksman,Hoofmeisie en Dis Ek, Anna sê hy het die feit dat sy toneelspel op die proef gestel baie geniet en dat hy daarin geslaag het om baie doelwitte te bereik deur sy alles vir hierdie rol te gee.

Die talentvolle jong akteur sê: “Volgens my is die belangrikste boodskap van die fliek om ten alle tye en tot die beste van jou vermoë te probeer om jouself te wees, ongeag van die ‘groepies’ waarin mense hulle bevind. Ek dink mense moet Jou Romeo gaan kyk want dit is regtig oulik en snaaks. Gehore sal kan identifiseer met die situasies wat in die film geskep is. Hulle sal die journey waardeur die karakters gaan baie geniet.”

Elani Dekker, ’n jong aktrise wat vinnig besig is om naam te maak, vertolk die rol van Yvette. Dit was vir haar ’n eer om saam met regisseur André Velts te werk wat sy as ’n mentor en rolmodel beskou.“Om elke dag op stel saam met sulke vriendelike mense soos Jou Romeo se cast en crew te wees en om ’n pragtige storie te kon vertel, was vir my ’n droom! In vandag se samelewing is dit so maklik om net met jou ‘soort’ mense te assosieer en ander mense ook in ‘soorte’ te groepeer. Die storie van Yvette en Marko is getuienis dat vooropgestelde idees nie net misleidend kan wees nie, maar dat dit ’n mens ook van persoonlike groei weerhou. Ek dink Jou Romeo is ’n storie vir jonk en oud. Dit is ’n love story met ’n paar kinkels en ’n kragtige boodskap. Die kunsteliefhebber en die sportfanatikus gaan hierdie storie geniet!”

Bekwame regisseur André Velts (Die Pro, Knysna) het die regie van Jou Romeo behartig en sê dit is altyd ’n lekker ondervinding om saam met die jeug te kan werk. “Hulle hou jou op jou tone en kom altyd met vars idees vorendag. Hulle het ook ’n lus vir leer, so dit lei tot ’n lekker kreatiewe aanslag.”

Hy stem saam met Ruan en Elani dat een van die grootste boodskappe van die rolprent versoening en aanvaarding ten spyte van mense se ooglopende verskille is. “Om ’n persoon te label volgens sy of haar status in die samelewing mag jou dalk duur te staan kom. Leer iemand eers ken voordat jy idees oor hulle skep. “Ek is opgewonde oor Jou Romeo omdat daar ’n goeie balans is tussen humor, drama en aksie. Alle ouderdomme kan iets uit die fliek neem end it toepas op hulle daaglikse lewens. Ook die gehoor kan empatie hê vir karakters wat gelabel word in skole en gevolglik geboelie word.”

Buiten Ruan Wessels, Elani Dekker, Christopher van der Westhuizen en Pierre Breytenbach, spog die film ook met onder andere Diaan Lawrence, Dirk Stoltz, Row-Lean, Sarahann Doherty en Carmin Coetzer in die rolverdeling.

Maak gereed vir ongelooflike produksiewaarde, musiek, romanse en ‘n hart vol Shakespeare, avontuur, sport en liefde!

Jou Romeo draai vanaf 23 Desember 2016 in fliekteaters landswyd en word deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

The post Jou Romeo appeared first on Stage and Screen.