Die Republiek van Zoid Afrika Archives - Stage and Screen

Jannie Du Toit: Oesjaar
Afrikaanse musieklegende stel nuwe album, Oesjaar bekend.

Met musiekstyle en – tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om vanpas te bly vir byna vyf dekades. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan. Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan, is ’n splinternuwe album: Oesjaar

Die eerste enkelsnit vanaf dié nuwe album, ’n aangrypende liefdesballade – Jy Kyk Sag, is vir sy vrou geskryf – hy en Therina Wentzel is in Junie vanjaar getroud. Jannie noem hy het die liedjie vir haar geskryf en erken dat dit sy persoonlike gunsteling is. Buiten vir die feit dat dit ’n mooi liefdesliedjie is, het dit ook ’n lekker 60’s folk-aanslag, wat dit vandag anders maak as die deursnee. Vriende en aanhangers wat dit al gehoor het, stem saam dat dit dalk mooier is as Jannie se grootste treffer, ’n Liedjie Vir Jou.

Die nuwe album word in November vanjaar vrygestel. Oesjaar is ’n hoogtepunt en viering van agt-en-veertig jaar as ’n Afrikaanse kunstenaar, maar dit bevat slegs materiaal wat hierdie jaar geskryf is. Dit gaan oor wat hy glo, goed waarvoor hy hoop en oor die mense, plekke en dinge wat ’n verskil in sy lewe gemaak het en steeds maak. Hy is vol vertroue dat die eindresultaat nie sal teleurstel nie.

Die nuutste vrystelling spreek ’n wye verskeidenheid temas aan. Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede klavierlegende, Christa Steyn, wat vir vyf-en-twintig jaar Jannie se goeie vriendin, begeleier, mede-komponis, musiekverwerker op sy albums en musiekvennoot op wêreldwye reise was. Die titel van die liedjie is die woorde wat Christa self in haar laaste hartroerende televisieonderhoud vir Coenie de Villiers gesê het: Sy Genade Is Genoeg. Koffiekafeetjie is ’n nostalgiese onthouliedjie oor ’n koffiewinkel in Melville wat gereeld in die 1990’s deur kunstenaars besoek is, maar ook oor Badia Isaacs, die dame wat die hart en siel van die plekkie was. Vat Die Pad gaan oor musiekreise saam met Christa, maar ook saam met sy huidige musiekkollegas oor meer onlangse ervarings. Dan is daar Ons Soek ’n Tata, opgedra aan Madiba en op die titelsnit, Oesjaar gebruik Jannie ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan.

Oesjaar bevat ook ’n paar bonussnitte – van vroeëre liedjies uit sy wingerd, waaronder Karen Zoid se opwindende rockverwerking van ’n Liedjie Vir Jou. Dié liedjie is presies veertig jaar gelede deur Jannie geskryf en dit het vanjaar opslae gemaak nadat Karen en Jannie dit opgeneem het vir haar program, Die Republiek van Zoid Afrika. Binne ’n uur na die uitsending, het dié opname bo-aan iTunes se treffersparade gepronk.

Oesjaar, wat deur die briljante Clinton Zerf verwerk is, sal bekendgestel word tydens twee spesiale vertonings by Mothership Studios in Philadelphia in die Wes-Kaap en by die Atterbury Teater in Pretoria, op onderskeidelik Sondag 11 November 2018 en Dinsdag 13 November 2018. Die album sal, via Vonk Musiek beskikbaar wees op iTunes asook by uitgesoekte musiekwinkels.

Jannie se sololoopbaan het byna ’n leeftyd gelede afgeskop nadat hy sy regs – en taalstudies voltooi het. Gedurende sy studentejare in die 1970’s het hy in ’n pop – en rockgroep gespeel en was ook lid van die Afrikaanse folk-groep, Trilogie, wat reeds op die toetsuitsendings van SATV in 1975 verskyn het. Hy het in 1979 bekendheid verwerf as sanger en liedjieskrywer en het sy eerste solo-album, ’n Liedjie Vir Jou, in 1981 uitgereik. In die tagtigerjare skryf hy musiekblyspele vir Tukkies en in die 90’s bevorder sy JNS Musiek-maatskappy minder kommersiële Suid-Afrikaanse musiek. Hy het in 2008 ’n ere-penning ontvang, asook, onder andere, in 2012 van Innibos Kunstefees, vir sy bydrae tot die Afrikaanse skryfkuns.

Sy mees onlangse projek, voordat hy die uitdaging aangepak het om Oesjaar te skep, was ’n maandlange konsertreeks in België en Nederland in 2017. Intussen gaan sy programme soos Doep Is Nie Dood Nie, Bonjour Monsieur Brel, Kiekies – Lucas se Liedjies en Die eggo van jou Oë voort. In November word sy jaarlikse produksie, In Kersfeestyd, ook weer aangebied.

Om Oesjaar verder bekend te stel, onderneem hy in Desember ’n uitgebreide toer deur die Kaap. Hy sal begelei word deur sy top-ensemble: Susan Mouton op tjello, Chanie Jonker op die klavier en trekklavier, asook Theuns Botha op perkussie.

The post Jannie Du Toit: Oesjaar appeared first on Stage and Screen.