Die Swerfjare van Poppie Nongena Archives - Stage and Screen

Poppie Nongena
ŉ Baie persoonlike biografiese rolprent gebaseer op die roman van Elsa Joubert

Vervaardiger Helena Spring het aangekondig dat die nalatenskap fliek, Poppie Nongena op 30 Januarie 2020 in fliekteaters landswyd uitgereik sal word. Die fliek is gebaseer op die bekroonde boek “Die Swerfjare van Poppie Nongena” deur Elsa Joubert.

Clementime Mosimane maak haar rolprentdebuut as Poppie. Die res van die rolverdeling sluit groot name in, soos Anna-Mart van der Merwe, Dawid Minnaar, Rolanda Marais en Lida Botha.  Nomsa Nene, wat die naamrol vertolk het in die verhoogproduksie Poppie – wat ook van 1982 tot 1984 internasionaal opgevoer is – vertolk die rol van Poppie se ma.

Poppie Nongena vertel die aangrypende verhaal van ŉ Afrikaanssprekende Xhosa-vrou wie se lewe om haar gesin draai terwyl sy probeer om stabiliteit te vind in ŉ era van ondraaglike onrus in Suid-Afrika. Dit speel in ŉ tyd af waarin swart vroue deur boetes, arrestasies en gedwonge verskuiwings gedwing is om hul tuistes te verlaat om in afgeleë gebiede, die sg. swart tuislande, ŉ nuwe lewe te gaan begin.

Wanneer Stone, Poppie se man, te siek word om te werk, beskou die owerhede haar skielik as ŉ  onwettige burger in haar eie land. Sy voer ŉ desperate stryd om wettiglik te mag bly, al beteken dit sy moet van huis na huis trek en gedurig aansoek doen vir permitte en verdere uitstel. Poppie werp alles in die stryd om nie van haar kinders geskei te word nie. Maar uiteindelik word sy vasgevang in die spervuur van haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, ŉ gemeenskap se woede en onderdrukkende wette. In 1976 – net toe die onluste uitbreek – word Poppie uiteindelik gedwing om die stryd gewonne te gee.

Die roman is wyd geloof en word steeds beskou as baanbrekerswerk in die Afrikaans letterkunde. Dis binne die eerste vier maande drie maal herdruk en uiteindelik in dertien tale vertaal. Plaaslik is dit bekroon met die W.A. Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys. Die British Royal Society het Joubert bekroon met die Winifred Holtby-prys en sy is in 1981 aangewys as ŉ “Fellow of the Society”. Joubert se latere werk is bekroon met talle plaaslike en internasionale pryse, onder meer die Hertzogprys, die mees gesogte prys in die Afrikaanse letterkunde.

Die veelbekroonde dramaturg en regisseur Christiaan Olwagen het die regie behartig, en Vicci Turpin was verantwoordelik vir die kinematografie. Olwagen was die regisseur van drie vorige rolprente (Die Seemeeu, Johnny is nie dood nie en Kanarie). Die draaiboek is deur Olwagen en die bekroonde dramaturg Saartjie Botha verwerk.

Poppie Nongena word moontlik gemaak deur kykNET, M-Net, FilmFinity, Die Departement van Handel en Nywerheid en Arco. Dit word landswyd in rolprentteaters in Januarie 2020 bekendgestel.

The post Poppie Nongena appeared first on Stage and Screen.

Poppie Nongena, Releases 31 January 2020
Die lokprent vir die langverwagte erfenisrolprent, Poppie Nongena, is amptelik uitgereik. Die fliek, met sy wortels stewig geanker in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, is met twaalf toekennings bekroon by die onlangse kykNET Silwerskermrolprentfees. Dit is gegrond op Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena, en word op 31 Januarie 2020 landswyd in rolprentteaters vrygestel.

Poppie Nongena vertel die verhaal van ‘n Afrikaans sprekend Xhosa ma se  stryd om stabiliteit vir haar gesin te verseker in ‘n tydperk van buitengewone onrus in Suid-Afrika. Dis ‘n era waarin swart vroue deur arrestasies, boetes en gedwonge verwyderings hulle huise moes verlaat om in afgeleë gebiede, die sg. “swart tuislande”, te gaan hervestig. Wanneer haar man, Stone, te siek word om te werk, word Poppie volgens die wet beskou as ‘n “onwettige” inwoner in haar eie land.

Clementine Mosimane, wat die hoofrol vertolk en aangewys is as beste aktrise tydens die Silwerskermfees, voel dat die fliek ‘n belangrike boodskap oordra. Die aktrise Anna-Mart van der Merwe, wat ook in die rolprent te sien is, stem saam. “Die plaag van geslagsgeweld skreeu ten hemele! Dis tyd dat ons ook na ons eie optrede  teenoor mense met wie ons daagliks interaksie het, kyk. Omhels en aanvaar ek ander soos wat ek wil hê hulle moet met my doen?” het Van der Merwe gesê.

Poppie Nongena is ‘n diep persoonlike verhaal wat uit ‘n vroue perspektief vertel word. Die kinematograaf Vicci Turpin voel sterk oor die dringendheid rondom vroueregte in Suid-Afrika. Helena Spring het haarself daartoe verbind om ‘n verskil te maak.

Clementime Mosimane speel die rol van Poppie, met Anna-Mart van der Merwe, veteraan Chris, Rolanda Marais, Dawid Minnaar en Lida Botha. Nomsa Nene wat wyd geloof is vir haar uitstekende vertolking van Poppie in die internasionale verhoogproduksie, speel die rol van Poppie se ma.

Die bekroonde draaiboekskrywer en regisseur Christiaan Olwagen se vorige werk sluit die hoogs aangeskrewe rolprente Johnny is nie dood nie, Die Seemeeu en Kanarie in.

Joubert se roman, wat beskou is as baanbrekerswerk, is drie maal herdruk binne die eerste vier maande na publikasie, en is sedertdien in dertien tale vertaal. Dis met talle plaaslike en internasionale toekennings bekroon.

Poppie Nongena is  vervaardig met die ondersteuning van KykNET, M-Net, Marche Media, die Departement van Handel en Nywerheid en Arco Venture Capital.

Die roman was op 15 Oktober 2019 hervrygestel in beide Afrikaans en  Engels ter viering van die rolprent se bekendstelling.

The post Poppie Nongena, Releases 31 January 2020 appeared first on Stage and Screen.