Elani Dekker Archives - Stage and Screen

Toorbos Binnekort in Rolprentteaters
Na lang afwagting en stilte by teaters, sal René van Rooyen se verwerking van die bekroonde skrywer Dalene Matthee se 2003 topverkoper roman, Toorbos een van die eerste plaaslike films wees wat sedert die inperking in rolprentteaters gewys word.

As betowerende filmiese ervaring, het die vervaardigers en verspreiders gevoel dit is ’n moet om te wag tot gehore weer films op die grootskerm kan beleef. Toorbos sal tentatief vanaf 25 September 2020 in teaters te sien wees.

Met asemrowende beelde en meevoerende kinematografie, is Toorbos – gebaseer op die vierde roman van Dalene Mattee se suksesvolle reeks bosverhale – ’n oorrompelende liefdesdrama. Die film vertel die storie van Karoliena Kapp, ’n vrou met ’n intieme liefde en verbintenis met die bos. Toorbos is vervaardig deur bekroonde rolprentmaker, André Scholtz en seun Dries Scholtz van The Film Factory, onder leiding van draaiboekskrywer en regisseur, René van Rooyen.

Toorbos ondersoek die ontworteling van ‘n jong bosvrou in die tyd van die laaste bosbewoners van die Suid Afrikaanse Knysna woude van die 1930s. Dit is die storie van ‘n ingewyde ‘bosvrou’ Karoliena Kapp se intieme verbintenis met die boomhart van die bos. Wanneer sy egter die man van haar drome ontmoet, veroorsaak hierdie einste bekoring ’n liefdesdriehoek wat dreig om haar uitmekaar te skeur wanneer sy moet kies tussen trou en dorp toe trek, of agterbly in die plek waar sy veilig voel. Die besluite wat sy neem, lei tot ’n onvergeetlike avontuur van innerlike konflik, verandering, aanvaarding en, bowenal, liefde.

Ons volg vir Karoliena soos sy verbind word tot ‘n huwelik met Johannes Stander, die realiteite van ‘n selfgerigte, geldsoekende samelewing en die onderdrukking daarvan, en beleef wat dit vir haar gaan vat om getrou aan haarself te bly.

The Film Factory is aan die stuur van produksie van Toorbos, en die film word versprei deur Filmfinity. Die rolverdeling sluit in Elani Dekker, Stiaan Smith, Ira Blanckenberg, Clare Marshall, Ivan Abrahams, Gretschen Ramsden en meer, met Brendan Barnes as kinematograaf.

Toorbos het die toekenning gewen vir die Works in Progress program by die Kaapstad Internasionale Mark en Rolprentfees in 2018. Die film is gekies as een van vyf rolprente uit 54 inskrywings uit 15 Afrikalande. In 2019, is Toorbos gekies as die sluitingsfilm by die 9de kykNET Silwerskermfees. Toorbos is moontlik gemaak deur die ondersteuning van kykNET, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Departement van Handel en Nywerheid en Filmfinity (Edms) Bpk.

The post Toorbos Binnekort in Rolprentteaters appeared first on Stage and Screen.

Vergeet My Nie: In Teaters 14 February 2020
Die lokprent vir Vergeet My Nie, die nuutste film van The Film Factory, in samewerking met Huisgenoot en kykNET Films, kan van hier, op ander aan-lyn platforms asook in rolprentteaters, gesien word. Die film sal landswyd vanaf 14 Februarie 2020 op die silwer doek wys en word uitgereik deur Filmfinity (Edms) Bpk.

Marguerite van Eeden speel as Magdaleen, ’n gekultiveerde student, vasgekeer in die klein dorpie Potchefstroom, en sy smag na die liggies en kultuur van Londen. Na die aaklige verbrokkeling van haar verhouding, pak sy haar tasse en vertrek na haar droomstad saam met haar beste vriendin, Lara, soos vertolk deur Kenley Swart.

Hulle bly in Huis Konettie, saam met vyf ander Suid-Afrikaners wat in Londen werk. ’n Onverwagse romanse ontstaan ,tussen Mardaleen en haar Namibies-gebore huismaat, Hugo, gespeel deur Sean-Marco Vorster. Dit voel vir Magdaleen te goed om waar te wees en die oomblik wanneer dinge te ernstig raak en nie heeltemal verloop soos sy beplan nie, laat sy haar onsekerhede en vrese oorspoel in haar verhouding in.

Sy hardloop weg en gaan huis toe.

Hulle romanse vlam weer op wanneer hulle twee jaar later ontmoet, gevolg deur ’n uitnodiging van Hugo aan Mardaleen om vir hom in Namibië te gaan kuier. Haar naweek in Namibië ontaard in ’n nagmerrie. Afgesien hiervan, vra Hugo haar om te bly en om ’n nuwe lewe saam te bou, maar sy het ander planne en is hardkoppig.

Mardaleen wil kultuur, die stad en liggies hê – die plaas is nie ’n plek vir ’n meisie soos sy nie.

Met regie deur André Velts en Marius De Nysschen as kinematograaf, sluit die rolverdeling langsaan Marguerite Van Eeden, Sean-Marco Vorster en Kenley Swart, ander name in soos Amalia Uys, Pietie Beyers, Elani Dekker, Rick Strauss, Leché Joubert, Fiona Ramsey, Arno Greeff en vele meer.

Vergeet ook asseblief nie hierdie fliek se Hashtags nie: #VergeetMyNieFilm en #14Feb2020.

The post Vergeet My Nie: In Teaters 14 February 2020 appeared first on Stage and Screen.

Liewe Lisa
Kompanjie Stories se Eerste Vol Fliek maak Liefde op Valentynsdag.

Liewe Lisa, die debuutfilm van Kompanjie Stories, se lokprent is nou aanlyn te sien. Die film word vrygestel op 14 Februarie 2019 en kykers sal Hendrik Cronje en Elani Dekker in die hoofrolle sien.

Die film Liewe Lisa is nie net die filmmakers se eerste produksie nie, maar het ook as inspirasie gedien vir die begin van ‘n nuwe produksiemaatskappy, naamlik Kompanjie Stories, met die uitsluitlike missie om ware en oorspronklike storie-gebaseerde films aan die Afrikaanse mark te bring.

Die draaiboek is deur Hendrik Cronje geskryf en is geïnspireer deur die film, The Graduate van 1967. Vanweë Hendrik se groot behoefte om sy eie films te maak, het hy kragte saamgesnoer met sy broer, Johan Cronje, en hulle het begin gesels oor Liewe Lisa, toekomstige films en die behoefte aan storie-gebaseerde rolprente gebaseer op die werklike lewe. Gevolglik het hulle besluit om Liewe Lisa en ander toekomstige films self te vervaardig.

Liewe Lisa se regie is deur Hendrik Cronje behartig, en hy vertolk ook die hoofrol van Daniel in die film. As skrywer, was die rol van Daniel in sy brein gegiet, wat aan die produksie die ekstra voordele van die karakter gebied het. Die regie van die film was nooit onderhandelbaar vir Hendrik nie, aangesien hy homself eerstens as ‘n regisseur beskou, tweedens as ‘n skrywer en derdens as ‘n akteur. Om daardie redes het die broers besluit dat Hendrik die regisseur sou wees, asook die hoofrol sou vertolk.

Die karakter Daniel is deurmekaar en bekommerd oor sy toekoms. Hy gradueer binnekort en gaan sy loopbaan eersdaags begin, maar het ‘n geheime droom om ‘n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n invloedryke besigheidsman se vrou. Na die verhouding verby is, ontmoet Daniel vir Lisa, vertolk deur Elani Dekker, die dogter van dieselfde besigheidsman.

Teen sy belange, raak Daniel verlief op Lisa. Die foute van sy verlede haal hom in en Daniel roep die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en hy ontmoet vir Tom, gespeel deur Zane Meas – ‘n eenvoudige visserman.  Daniel verwyl sy dae deur vis te vang en om met Tom te gesels oor die lewe en die liefde en hy deel sy herinneringe van die verlies van sy lewensmaat.  Tom onthul ‘n ander kant van homself aan Daniel en help hom om sy ware potensiaal te bereik.

Liewe Lisa se rolverdeling sluit ook in, onder meer Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Chrystal-Donna Roberts en meer.

Die film word landswyd op 14 Februarie 2019 deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik.

The post Liewe Lisa appeared first on Stage and Screen.

Nuwe gesigte eersdaags in Binnelanders
Binnlanders Maak Groot Veranderinge na 3000ste Episode!

Van Junie af is daar heelwat nuwe dinge om na uit te sien in Binnelanders, en die nuwe, sowel as reeds bekende gesigte, wat in die gange van Binneland Kliniek kom draai gaan sorg vir vuurwarm vermaak in die koue wintermaande.

Terwyl almal nog wonder of Monique Cilliers vertrou kan word, is Elani Dekker kliphard aan die skiet aan nuwe Afrikaanse rolprent Toorbos. Monique is huidiglik aangestel as die persoonlike assistent van At Koster (Hans Strydom), maar dit raak al hoe duideliker dat haar fokus nie op die grootbaas van die hospitaal is nie. Op Woensdag, 27 Junie, lig sy die sluier oor wie sy werklik is, wanneer sy ‘n eerlike gesprek met Lika Bosch (Lea Viviers) het – en dié onthulling gaan nog groot nagevolge inhou.

Lea Viviers, wat ook te sien was in die kykNET-komedie Mense, Mense as Salomé. Lea is ook nie heeltemal ‘n onbekende aan Binnelanders-aanhangers nie. Sy het reeds in Januarie haar eerste verskyning gemaak as die karakter Lika Bosch, ‘n verpleegster by ‘n privaatkliniek wat omgesien het na Jana Koster (Brümilda van Rensburg) en duidelik ‘n indruk gemaak op At. Op Maandag, 18 Junie, kontak Karli du Preez (Pascal Pienaar) weer die bekwame verpleegster om haar ‘n guns te vra – maar dalk is Karli se oproep ondeurdag. Kort voor lank is Lika sak en pak terug in Pretoria – maar waar is Jana dan?

Chanel Sameuls, gespeel deur Lindsey Abrahams, daag ook sak en pak op in Pretoria op Woensdag, 18 Julie, om aan te sluit by die personeel van Binneland Kliniek. Chanel se pa is ou vriend van Steve, maar terwyl die drama hoogty vier in die Kongo, het Steve en Lexi skoon vergeet van dié verpleegstertjie se aankoms. Die arme Chanel daag op voor dooiemansdeur, en gaan bitter vining ‘n plan moet maak om ‘n heenkome te vind.

Maar dit is nie net oorgehaalde persoonlike assistente en verpleegpersoneel wat aanmeld vir diens by Binneland Kliniek nie. Ilne Nienaber, wat vir ‘n geruime tyd nou al te sien is as Dr. Elana Bester, sluit ook permanent aan by die rolverdeling. In Julie gaan hierdie dokter se staal wel getoets word wanneer sy saam met Dr. Steve Abrahams na die Kongo vertrek. By die veldhospitaal aangekom, is Dr. Jax Davids nie die enigste verrassing wat op hulle wag nie. Te midde van etniese geweld in die land is daar ook ‘n raaisel of twee om op te los – mits die raaisels natuurlik nie hul lewens as offerandes vra nie.

Kim Syster maak haar buiging in Binnelanders op Vrydag, 20 Julie, as Jax – en sy is beslis nie ‘n dokter wat jy sonder handskoene wil aanpak nie. Behalwe dat sy haar man beslis kan staan onder enige omstandighede, is sy ook ‘n vrou wat respek afdwing – en nie net omdat sy genoodsaak is om die bestuur van dié veldhospitaal oor te neem nie. Jax het ook ‘n geheim wat sy ten alle koste wil en moet beskerm, en dit gaan beslis besluitnemings beïnvloed wanneer Elana en Steve agterkom wat hierdie geheim is.

Jax is darem nie alleen aan die stuur van sake in die Kongo nie: sy word ondersteun deur Dr. Charles Johnson, gespeel deur Conrad Kemp, ‘n reisende chirurg wat vir die laaste ses maande by die veldhospitaal in die Kongo is. Charles is nie iemand wat hou van magspeletjies nie, en sy hoofdoel is om na die pasiënte om te sien – al kos dit hom ook ‘n bietjie van sy siel…

Pietie Beyers gaan ook weer die rol van Dr. Deon Visser vertolk vanaf Vrydag, 27 Julie, wanneer Jana se peetkind se lewe in gevaar is. Deon het Binneland Kliniek ‘n jaar terug gegroet om sy heil te gaan vind in die opwinding van avontuur en genesing toe die karakter aangesluit het by Dokters sonder Grense (MSF). Maar of dit nog presies dieselfde blinkoog Deon is wat ons ‘n jaar terug gesien het, sal net die toekoms ons leer…

Deon is nie die enigste bekende man wat weer ‘n draai kom maak in Binnelanders nie: Bradley Olivier is ook vir ‘n wyle terug as Danny Jantjes. Danny is ‘n paramedikus wat nie nonsens vat nie – indien dit nog nie duidelik was gedurende Steve en Bronwyn Abrahams (Kim Cloete) se doodsnikke van hul huwelik nie. Bronwyn se broer hou ‘n ogie oor Lexi (Kisha Skeï), maar raak ook so meer betrokke by die wel en weë van die personeel van die privaatkliniek.

Terug in Pretoria ontmoet ons ook uiteindelik vir Boeta Ferreira, gespeel deur Edwin van Jaarsveld, wanneer hy en vroulief Renate (Sandra Vaughn) na hul tienerdogter Trudie, gespeel deur nuweling Daniah de Villiers, moet begin soek op Woensdag, 20 Junie. Trudie verdwyn soos ‘n grootspeld wanneer sy wegloop by die skool, en dit raak nog erger wanneer almal besef sy is dalk nie so straatwys soos wat sy dinkn nie. Die meisiekind verdwaal nie net in die middestad van Johannesburg nie, maar maak ‘n paar keuses wat heelwat ouers slapelose nagte sal gee.

Die gekompliseerde verhouding wat daar reeds heers tussen Okkie (Ben Kruger) en sy seun Boeta word later in die maand verder gevoer wanneer Boeta ‘n renosterhoring in die hande kry, en At Koster se wildsplaas ook deel word van die nuwe intrige.

Hierdie dramatiese storielyne gaan die Binnelanders-kykers wegneem van die hospitaal, en hulle aan die ongenaakbare omstandighede van die Kongo – asook die ongereptheid van At Koster se wildsplaas en Johannesburg se middestad – blootstel. Die buitetonele, wat vir die eerste keer weer deel word van die storievertelling in die reeks sedert Binnelanders destyds ‘n uurlange weeklikse drama was, is in en om Johannesburg verfilm.

Die winter mag jou dalk reeds skrik op die lyf gejaag het, maar die nuwe gesigte in Binnelanders gaan beslis sorg vir witwarm aksie om jou knus voor die kassie te hou.

BINNELANDERS word elke weeksaand om 19:30, slegs op kykNET (kanaal 144 op DStv), uitgesaai.

The post Nuwe gesigte eersdaags in Binnelanders appeared first on Stage and Screen.

Vaselinetjie
Ek is perfek, want God maak nie Foute nie.

Deur Louw Mulder

Marguerite van Eeden en Arno Greeff

Vroeg in die openingstoneel, ontmoet die kyker die ‘n asemrowende mooi sonsopkoms oor die Namakwalandse berge, maar so raak hierdie natuurskoon vinnig bitter-soet as dit die agtergrond skep vir ‘n ma wat lewe gee aan haar baba, en diè net daar los. Die kyker kom aandagtig tot die idee van die tema geroep, en so word Vaselinetjie gebore.

Dit was my eerste indrukke by die Premiere van Corne van Rooyen se nuwe Afrikaanse rolprent, Vaselinetjie, wat onlangs in Johannesburg gehou is. Koud, is dalk ‘n goeie beskrywing van die voorstellende tonele, maar soos ons heldin groei, en deur die bestek van die film haarself met haar eie identiteit vereenselwig, so verander hierdie koue tot ‘n gevoel van warmte teen die slot van die fliek.

Vaselinetjie is gabaseer op die boek van Anoeschka van Meck, en vir die silwerdoek aangepas deur van Rooyen en sy vrou Renè. Die tema en storielyn van die verhaal word eers duidelik verklaarbaar heel na die einde toe, na die kyker op ‘n tuimeltrein van emosiesies gestuur is. Vir my, al is die gemiddelde ouderdomme van die karakters diè van skooltieners, dink ek immers die ideale teikenmark vir Vaselinetjie, is jong- na middeljarige volwassenes.

Marise Loots

Onderliggende temas in Vaselinetjie se verhaal, spreek allerdaagse verskynsels aan, soos diè van selfmoord, fisiese en emosionele boelies, rasse konflik op skoolvlak, die vernedering en verwerping van ouerlose, onskuldige kinders, en selfs die onnodige nagevolge van jong mense wat hulle rug op negatiewe en verkeerde groepsdruk draai. Dis dan wanneer ons as ouer mense op hierdie wip-waentjie rit terugflitse kry na waar onsself dalk in so ‘n situasie was, waar die sentiment, en kern van Vaselinetjie se storie, raak begin vat. Vir die jong span, is die les uit Vaselinetjie se verhaal juis dit, dat eendag die son weer sal skyn, want “Ek is perfek, God maak nie Foute nie.”

Die manier hoe Vaselinetjie vervaardig is, het vir my suksesvol daarin geslaag om die emosies, hartseer, en tog soms prettige milieus van al die karakters in die storie by die kyker te laat aanklank vind. Die jong mensies wat verantwoordelik was om elke karakter se persoonlikheid aan die kyker oor te dra, was verfrissend, en oulik. Nicole Bond, Ashley Hawla, Anchen Du Plessis, Daniah de Villiers en Rowan-Raine Pretorius onder andere, doen juis dit.

Waardig om te noem, is die welslae wat van Rooyen met die tiener stêrre gehad het, wat in hulle beurt weer verantwoordelik was om die storie uit te sien. Marguerite van Eeden het die rol van Vaselinetjie vertolk, langsaan Melita Steyn en Elani Dekker, wat hul eie karakters se skoene vol gestaan het. Gesoute akteurs, wat in Vaselinetjie meer as ondersteunende rolle op tree, sluit in Royston Stoffels, Karin van der Laag, David Mello met ‘n baie indrukwekkende vertolking van ‘n swart berader, asook die diep, veelsydige en talentvolle Shaleen Surtie-Richards.

Elzet Nel en Elani Dekker

Maar dan was daar die drie, seker omdat ek myself kon vereenselwig met elkeen van hulle se storie, en die effektiewe, nog been-skrapende wyse waarop hulle hulle storie vertel het. Marise Loots speel die ouer Albie, en met haar pop, is sy die onskuld van self. Ouer Killer, Vaselinetjie se beste vriendin, word gespeel deur Elzet Nel. Die hartseer en tragiese karakter wat Nel moet speel, het juis diepte gegee aan hoe ernstig die gebeure in die hele verhaal is.

Tog moet ek die spel uitsonder wat my die meeste beindruk het, en dit is diè van ervare jong talent, Arno Greeff, wat die rol van Texan, ook Vaselinetjie se kêrel vertolk. Deur Greeff se spel, kan ‘n mens Texan se emosies dadelik identifseer; van die oppervlakkige breker op skool, tot die diep, emosionele letsels wat deur lewensgebeurtenisse al diep gesny het. Dan praat mens nog nie van die talent wat nodig is om ‘n swembadtoneel in slegs ‘n wit onderbroek met styl te kan oordra nie…

Met die rolverdeling, het daar niks geskort nie, en is dit duidelik dat die 6-maande lange passie in die proses waar van Rooyen self sy akteurs gekies het, vrugte afgewerp het. Elke jong mens vertel sy deeltjie van die groter storie, en soms is dit nie iets wat ons as ouer teaterganger wil sien nie, maar dan sien ons Vaselinetjie terugkeer na waar sy haar storie begin het, net meer ervare, meer volwasse, die keer, met ‘n opregte glimlag, oor wie sy geleer het sy eintlik is.

Vaselinetjie begin regoor Suid Afrika draai, op Vrydag, 22 September, 2017.

The post Vaselinetjie appeared first on Stage and Screen.

Vaselinetjie
Anoeschka Von Meck se Jeugboek word in September as film vrygestel.

Vaselinetjie (Helena) Bosman, wie al sedert die boek se eerste vrystelling in 2004 in die harte van lesers kruip, woon by haar liefdevolle ouma en oupa in ‘n piepklein dorpie in die Noord-Kaap. Op 10-jarige ouderdom word sy egter na ‘n weeshuis in Gauteng gestuur omdat sy wit is en nie haar bruin oupa en ouma se regte kleinkind is nie. Dit is 1993, Suid-Afrika staan op die kruin van onherroeplike verandering en soos die land verander, so ook word Vaselinetjie in die vreemde, ongenaakbare en gevaarlike wêreld van die weeshuis ‘n jong vrou.

Vaselinetjie is ‘n film oor die soeke na identiteit en die lang pad na oorlewing om te ontdek wie jy werklik is; ‘n huldeblyk aan die krag van die menslike gees, die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer te triomfeer.

Vaselinetjie is tot draaiboek verwerk deur Corné en René van Rooyen, met Corné ook as regisseur van die film. Saam was die paartjie ook medeskrywers en -vervaardigers van die film ‘Hollywood In My Huis’ wat in 2014 vrygestel is. René was die draaiboekskrywer en regisseur vir ‘Mooirivier’ (2015) en Corné was op sy beurt die regisseur van ‘Sy Klink Soos Lente’ (2016).

Nicole Bond en Marguerite Van Eeden maak hul silwerskermdebuut onderskeidelik as jong en ouer Vaselinetjie Bosman. Rolverdeling sluit ook in Arno Greeff, Elzet Nel, Elani Dekker, Marise Loots, Anchen Du Plessis, Daniah De Villies en veteraanakteurs Royston Stoffels en Shaleen Surtie-Richards.

Vaselinetjie, vervaardig deur Danie Bester en Saskia Schiel, is vanaf 22 September 2017 landswyd in teaters te sien.

The post Vaselinetjie appeared first on Stage and Screen.

Jou Romeo
Jou Romeo gaan jonk en oud se hartsnare roer.

Jou Romeo, die jongste romantiese tienerkomedie deur die produksiehuis The Film Factory word op 23 Desember 2016 landswyd in Suid-Afrikaanse fliekteaters vrygestel.

Die film, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Hoërskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagse gevolge.

Yvette (Elani Dekker), Tyler (Christopher van der Westhuizen) en die dramabrigade is ’n piepklein #arty  minderheid in ’n sportmalskool en hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, Meneer Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach), het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting om opgraderings aan die klubhuis aan te bring.

Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ’n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais (Ruan Wessels), om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek.

Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van ’n “oppervlakkige” spiertier jock met ’n mooi glimlag.

’n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ’n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.

Ruan Wessels vertolk die rol van die gewilde sportheld Marko Marais wat ewe skielik in ’n Shakespeare-akteur in Jou Romeo ontaard. Ruan, wat ook bekend is vir sy rolle in Agent 2000: Die Laksman,Hoofmeisie en Dis Ek, Anna sê hy het die feit dat sy toneelspel op die proef gestel baie geniet en dat hy daarin geslaag het om baie doelwitte te bereik deur sy alles vir hierdie rol te gee.

Die talentvolle jong akteur sê: “Volgens my is die belangrikste boodskap van die fliek om ten alle tye en tot die beste van jou vermoë te probeer om jouself te wees, ongeag van die ‘groepies’ waarin mense hulle bevind. Ek dink mense moet Jou Romeo gaan kyk want dit is regtig oulik en snaaks. Gehore sal kan identifiseer met die situasies wat in die film geskep is. Hulle sal die journey waardeur die karakters gaan baie geniet.”

Elani Dekker, ’n jong aktrise wat vinnig besig is om naam te maak, vertolk die rol van Yvette. Dit was vir haar ’n eer om saam met regisseur André Velts te werk wat sy as ’n mentor en rolmodel beskou.“Om elke dag op stel saam met sulke vriendelike mense soos Jou Romeo se cast en crew te wees en om ’n pragtige storie te kon vertel, was vir my ’n droom! In vandag se samelewing is dit so maklik om net met jou ‘soort’ mense te assosieer en ander mense ook in ‘soorte’ te groepeer. Die storie van Yvette en Marko is getuienis dat vooropgestelde idees nie net misleidend kan wees nie, maar dat dit ’n mens ook van persoonlike groei weerhou. Ek dink Jou Romeo is ’n storie vir jonk en oud. Dit is ’n love story met ’n paar kinkels en ’n kragtige boodskap. Die kunsteliefhebber en die sportfanatikus gaan hierdie storie geniet!”

Bekwame regisseur André Velts (Die Pro, Knysna) het die regie van Jou Romeo behartig en sê dit is altyd ’n lekker ondervinding om saam met die jeug te kan werk. “Hulle hou jou op jou tone en kom altyd met vars idees vorendag. Hulle het ook ’n lus vir leer, so dit lei tot ’n lekker kreatiewe aanslag.”

Hy stem saam met Ruan en Elani dat een van die grootste boodskappe van die rolprent versoening en aanvaarding ten spyte van mense se ooglopende verskille is. “Om ’n persoon te label volgens sy of haar status in die samelewing mag jou dalk duur te staan kom. Leer iemand eers ken voordat jy idees oor hulle skep. “Ek is opgewonde oor Jou Romeo omdat daar ’n goeie balans is tussen humor, drama en aksie. Alle ouderdomme kan iets uit die fliek neem end it toepas op hulle daaglikse lewens. Ook die gehoor kan empatie hê vir karakters wat gelabel word in skole en gevolglik geboelie word.”

Buiten Ruan Wessels, Elani Dekker, Christopher van der Westhuizen en Pierre Breytenbach, spog die film ook met onder andere Diaan Lawrence, Dirk Stoltz, Row-Lean, Sarahann Doherty en Carmin Coetzer in die rolverdeling.

Maak gereed vir ongelooflike produksiewaarde, musiek, romanse en ‘n hart vol Shakespeare, avontuur, sport en liefde!

Jou Romeo draai vanaf 23 Desember 2016 in fliekteaters landswyd en word deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

The post Jou Romeo appeared first on Stage and Screen.