Gideon Botes Archives - Stage and Screen

Len Muller: Oog van die Storm
Die Oog van die Storm sien Muller se Tweede Album.

Deur Jaco Lotriet

Miskien lê die vreugde van die lewe daarin om al die verskillende seisoene van die lewe te aanvaar. Om die geleenthede wat elke seisoen bied, te vier. Dit is juis hierdie tema wat deurgans op Len Muller se nuwe album na vore gebring word. Met hierdie blymoedige mantra het die onverskrokke oud-inwoner van Richardsbaai sy tweede solo projek benader… en suksesvol daarin geslaag!

Oog Van Die Storm, onlangs vrygestel voor ‘n intieme gehoor wat die snerppende koue in die Gauteng lug trotseer het, is by Industrial Coffee Works koffiekroeg in Centurion met ‘n warm atmosfeer ontvang.

Die vriendelike Ghoema- en Tempo benoemde sangsensasie het weggeval met die goed-voel enkelsnit, Ek Glo, gesteun deur ‘n klein driestuk – orkes van gesoute sessie musikante, onder wie Jason Moser op tromme, Dean Henning op elektriese kitaar en Raldo Mattheus op baskitaar, tjello en bykomende kitaar. Met die inleiding en vers van die openingsitem, het Len op sy akkoestiese kitaar my verbeelding aangegryp, deur die weg te baan vir die koor gedeelte, wat bes beskryf kan word as energiek en besonder melodieeus.

‘n Ondertoon van geloof is duidelik te speur in die woorde van hierdie album. In passing met die voorgenoemde tema, verduidelik Muller dat sy roeping juis uitgeloop het uit die geloofspronge wat hom deur sy moeilike tye gedra het. Geloof in jou eie vermoëns en in God wat die pad aanwys dien as uitnodiging, wat die luisteraar voorwaar sal inspireer tot nuwe hoogtes.

Die album bevat ‘n speellys van 12 kontemporêre en altrnatiewe luisterliedjies, wat noukeurig verwerk is deur twee vervaardigers, Gideon Botes en Francois de Klerk. Dan Patlansky het ‘n verrassende blues stemming aan die snit Amsterdam verleen, ‘n genre wat Muller verklap, hy nog altyd wou opneem. Alhoewel ek nie Afrikaans met diè tipe musiekstyl vereenselwig nie, moet ek bieg, Muller se weergawe laat dit besonder goed werk.

Die titelsnit, Oog van die Storm, is diep pynsend, selfs pleitend. ‘n Klavier gedrewe angslied, tog met ‘n silwer randjie, ontbloot ‘n warrelwind van emosies wat met ‘n crescendo opbou, en saggies ontplof, totdat ‘n tromrol hierna die pas aangee, tot die einde. Mynhardt Smit het saam met Muller aan Oog van die Storm geskryf. Saam, illustreer hulle ‘n skynende baken van hoop wat hartsnare goed roer en ongetwyfeld my gunsteling op die album is!

Ander medewerkers wat die produksie verder vervolmaak het, sluit in Roan van As op Vrede, ‘n optimistiese lied met ‘n parmantige prof klop op die tromme, wat ook Muller se gemaklike falsetto uitlig. Faraway George, wat saam geskryf het aan Sente vir Sente, sinspeel op Muller se lang pad na roem, met verwysing na sy eie uitdagings as kunstenaar. Die gebruik van ‘n banjo verleen ‘n lekker country musiek luim en sleep die luisteraar in ’n wêreld waar gevoelens van twyfel in jou drome, die oorhoofse tema is. Bekende sanger, Laurika Rauch, en skrywer Chris Torr, het hul stempel van goedkeuring afgedruk op ‘n ou Rauch gunsteling, Die Gang. Muller se verwerking is aangrypend mooi afgerond maar behou nogsteeds sekere elemente wat die oorspronklike weergawe so geliefd gemaak het.

Oog van die Storm getuig van Len Muller se ongelooflike senstitiewe liedjieskryf vermoëns in sy soeke na musikale volmaaktheid. Hierdie merkwaardige kenmerke het tot dusver gesorg vir die sukses wat hy reeds bereik het deur diep spore in die Afrikaanse musiek bedryf te trap. Nou weer, met sy tweede slag, voer hy dit selfs verder deur sy siel bloot te stel in sy musiek wat homself net stewiger sal vestig in die harte van musiekliefhebbers.

Oog van die Storm is nou landswyd beskikbaar.

The post Len Muller: Oog van die Storm appeared first on Stage and Screen.

Kaleidoskoop: Gunsteling Seisoen
‘n Album ‘Stukkie vir Stukkie met Hart en Hand aanmekaar Getimmer’

Deur Louw Mulder

Jouba en Anique Jordaan

Vat nou byvoorbeeld die klanke van Mumford and Sons, asook die Lumineers wat eerskomende maand hier in Suid-Afrika optree, sit ‘n tikkie varsgeskryfde woordkuns en die mooiheid van Afrikaans daarby, en jy kom na aan ‘n beskrywing van Kaleidoskoop se musiek.

Ek was bevoorreg om die bekendstellingsgeleentheid van Kaleidoskoop se nuwe album Gunsteling Seisoen by die Atterbury Teater by te woon. Die gesellige en intieme stemming van die verhoog het absoluut bygedra om definisie aan die musiek op hierdie nuwe album te gee.

“As ek al my vele liefdeslirieke wat uit my hart uit bloei, ongerep kon laat swerwe tot die dag wat jou liefde oor my vloei… As al my woorde alleenlik net oor jou kon spoel, sou dit wees soos wat dit moes, want my woorde is net vir jou bedoel”; so lui die lirieke van die liedjie Dromer, wat een van die snitte op Kaleidoskoop se nuwe album is. Dit is ook ‘n goeie indikasie van die diep, pragtige taalgebruik wat in die gediglirieke van elke liedjie gevind kan word.

Anique Jordaan, Jouba Jordaan, Gideon Botes en Jason Ferreira

Jouba en Anique Jordaan is die twee harmonieuse stemme agter die melodieë van Kaleidoskoop. Saam met die wonderlirieke, is hierdie oud-Maties van Stellenbosch ook verantwoordelik vir die musiek, vervaardiging en verwerking van die eindproduk. Groot name soos Gideon Botes, Jattie de Beer en Ben Ludik is onder andere deel van die skeppers van hierdie album.

Die musiek van Gunsteling Seisoen is liedjies wat praat. Nie net is die stories agter elke snit ‘n verhaal van diepe en goeddeurdunkte verbeeldingswêrelde nie, die musiek agter die musiek is wat hierdie stories lewe gee. Hulle verwys na hulle eie musiek as akoestiese Afrikaanse Folk Pop. Die beste is maar om hierdie album self aan te skaf, en jou eie beskrywende woorde uit te dink.

By die bekendstelling was die verwerkte musiek van die album met deernis gedupliseer, om elke lid in die gehoor ‘n perfekte idee te gee van wat hulle op die CD kan verwag. Daar was van banjo’s en ‘n Ukulele wat van die unieke klanke voltooi het, saam met saksafone, viole en ‘n trekklavier om die oorspronklikheid ten toon te stel.

Kaleidoskoop en hulle 12-man orkes

By hierdie bekendstelling moet ek Gideon Botes en Jason Ferreira uitsonder, wie se snaartalent duidelik bygedra het tot die Kaleidoskoopervaring. Met hierdie vergeet ek glad nie van die ander tien musikante en kunstenaars op die verhoog nie. Elke klank van die musiek was oorspronklik, sonder enige byvoegings van sintetiseerders. Ek dink dit is wat hierdie klanke ‘n beduidende voordeel bo ander hedendaagse musiek gee.

Gehore by die drie bekendstellingskonserte was nie net geseënd met die nuwe skeppings van Gunsteling Seisoen nie, maar ook deur Kaleidoskoop se eie weergawes van Brandi Carlile se The Story, Michael Jackson se Billie Jean, en Zombie van die Cranberries, wat op hulle Acoustic Covers album gesny is. Persoonlike gunstelinge vir die aand was hulle eie weergawe van Pinocchio, asook die snit Moedersmelk van die album Platsak, waar die verwerking tussen kitare en perkussie vir egte Suid Afrikaanse hoendervleis gesorg het.

In 2012 moes Kaleidoskoop hulle kabinette afstof om plek te maak vir die Tempo Toekenning vir Beste Kontemporêre album van die jaar.  Nog vroeg om die sukses van Gunsteling Seisoen te voorspel, maar net die beste kan verwag word van hierdie album.

Die liedjie Vlugvoetig is my persoonlike gunsteling, en ‘n briljante keuse as die openingsnit op hierdie album. Al Kaleidoskoop se musiek, asook Gunsteling Seisoen, kan aanlyn gekoop word by http://kaleidomusiek.co.za/

Vanaf hulle nuwe album, is die eerste enkelsnit wat vroeër uitgereik is, met die naam Wegbreek. Hierdie liedjie is geskryf in samewerking met Christiaan Kritzinger, en die video, as ‘n Kaleido-lusmaker, is hieronder!

The post Kaleidoskoop:  Gunsteling Seisoen appeared first on Stage and Screen.