Gys de Villiers Archives - Stage and Screen

Ons Praat met Franci Swanepoel
Die Ervare Glimlag agter Toeks.

deur Louw Mulder

As ‘n mens terug dink aan die eerste dae van Binnelanders, onthou ‘n mens vir Gys de Villiers in die rol van Dokter Zieg Combrink, sy vrou, wat gespeel is deur Elzette Marschalk, en ook die ervare Jürgen Helberg, wat die rol van Kitte vertolk het. Dan sien jy hierdie gesoute akteurs in die koffiewinkel sit, met ‘n skelm Hans Strydom, oftewel Dokter At Koster, wat verby loop sonder om aandag aan enige iemand te gee.

Maar in so ‘n toneel, was daar net een karakter  wat ‘n glimlag op enige scenario kon sit, en dit was Toeks Muller, Kitte se vrou en Zieg se suster. Hierdie skinder-tannie van die kliniek, en Tonik se eienaar, was met welslae gespeel deur die asemrowende aktrise, Franci Swanepoel.  Ek het ‘n bietjie met Franci oor haar dae op Binnelanders gaan gesels.

Na Franci haar graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, het haar loopbaan vlug gevat, en vandaar af tot nou, was daar nog geen einde in sig nie.  Van Televisie aanbieder op meeste van Suid-Afrika se kanale, rolle in ‘n hele spul rolprente, asook verskynings in TV-reeks soos onder andere Koöperasie Stories, Arsenaal, Hartland en Sterlopers, het haar talente in die Sepie-genre, wat insluit 7de Laan, Getroud met Rugby, en dan ook Binnelanders, vir geen ander terug gestaan nie.

Vir die eerste ses jaar van Binnelanders, van reeks na sepie, was dit vir Franci ‘n wonderlike ervaring om deel van Binnelanders te wees. “Die werksomstandigdhede was heerlik en uiters professioneel,” het sy vertel en sy voeg by: “Binnelanders was ‘n huis, en ‘n wonderlike platform vir my loopbaan.”

Gedurende hierdie tyd, was daar heelwat hoogtepunte vir Franci, veral die feit dat sy deel was van ‘n M-Net dramareeks, wat later tot trotse kykNET sepie ontwikkel het. “Hoogtepunte was die wonderlike voorreg om saam met ‘n groep jong en gesoute akteurs die pad te stap,” verduidelik Franci soos net sy kan.

Dit was vir Franci Swanepoel ‘n hartverskeurende besluit om van die Tonik-tonele afskeid te neem. “Toeks was so deel van my, maar daar kom dikwels ‘n onverwagte vurk in die pad, en ek moes ‘n ander koers in slaan”, het sy verduidelik: “Daardie laaste dag, toe ek my familie moes groet, was verseker my laagste punt op die Binnelanders-stel.”

Binnelanders is ‘n Afrikaanse sepie, en soos Franci erken, is die doel om te vermaak, op te voed, en ook Afrikaans se naam hoog te hou. “Dissipline en mededeelsaamheid is wat ek by Binnelanders geleer het, asook respek vir myself en vir die res van die cast en crew” vertel sy.

Onlangs, het ons onder andere vir Franci op kykNET gesien toe sy die reeks Oppi Kassie aangebied het. Volgende vir haar, is ‘n rol in ‘n tweede seisoen van ‘n kykNET sitkom, waaroor sy nie nou al verder wou uitbrei nie.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Iewers het ek my hart op jul verloor. Elsje en jou span, welgedaan met ‘n fenominale reeks waarvan ek nogsteeds die grootste aanhanger is.” – Franci Swanepoel.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Franci Swanepoel appeared first on Stage and Screen.

Verskietende Ster
Geskape, met ‘n talent, vir ‘n Rede

Verskietende Ster vertel die storie van die musikale wonderkind, Phillip Schuman, wat gespeel word deur die bekwame Deanrè Reiners. Hierdie talentvolle 15- jarige pianis se gawe word egter oorskadu deur die seer van ‘n stukkende wêreld.

Toe sy vakadviseur, Max du Toit (Hannes van Wyk), die eerste keer Phillip sy eie komposisies hoor speel, besef hy dadelik dat die seun oor talent beskik om ’n moderne Beethoven te word. Max neem Phillip onder sy vlerk, maar besef gou dat alles nie so glad gaan verloop as wat hy gedink het nie.

Maria Schuman, Phillip se pragtige en diepgelowige ma wat vertolk word deur Jana Strydom, sterf aan kanker wat vir Phillip en Tomas met baie seer agterlos. Tomas, Phillip se pa in die skoene van Hykie Berg, sukkel om die dood van sy beeldskone vrou te verwerk en begin vir Phillip verbied om ooit weer aan ’n klavier te raak.

Die verhaal wat hierna vol en geleidelik ontplooi, is ’n ware lewensdrama oor ’n verhouding vol konflik tussen ’n seun en sy pa.

Met dié konflik tussen Phillip en sy pa, ‘n skoolboelie wat met ‘n ysterhand regeer, ‘n besorgde vakadviseur wat wil ondersteun en die mooiste meisie by die skool wat sy hart kom steel, borrel alles op tot ‘n uiteindelike ontploffing wat die hulp van ‘n maatskaplike werker verlang.

Dorothy Smit, die skool se maatskaplike werker (Ilse Oppelt), word gevra om met die seun oor die verlies van sy ma, sy skoolpunte, sy vriende en sy liefde vir musiek te praat. Tydens hierdie gesprek beskryf Phillip van die enkele kere wat Tomas hom by die klavier betrap het, ten spyte daarvan dat die klavier gesluit was. Dit is wanneer Phillip sy geheime afrigting deur Max du Toit met haar deel wanneer die storie ‘n nuwe wending aanneem.

Tomas verloor uiteindelik heeltemal beheer en rand vir Philip met ’n krieketkolf aan totdat alles stil raak. Tomas se verlede word ontbloot en hy onthul ’n skokkende feit wat hy vir baie jare reeds wegsteek. Phillip word gedwing om ’n keuse te maak: gaan hy sy pa vergewe of gaan hy in die verlede bly leef.

Verskietende Ster is nie net nog ’n rolprent wat ondersoek instel na die rede vir gebore talente nie, maar ’n besielende verhaal oor die krag van deernis en vergifnis. Dit is ’n ware vader-en-seun-verhaal wat die fliekgangers diep gaan raak.

Hierdie treffende rolprent, sien ook akteurs soos Hanlie Rolfes, Corine du Toi ten Johan Scholtz, Ludwik van Wyk, Gys de Villiers, met vervaardigers Philo Pieterse and Stefan Enslin. Enslin was ook die skrywer van die storie, dn saam met William Collinson as die Kinematograaf en James Carrol as die reigeerder, word die regie behartig deur Darrell James Roodt.

Verskietende Ster, in samewerking met kykNet films, het die Gehoorgunsteling Speelfilm toekenning by die Silwerskermfees van 2015 gewen, begin gehore landswyd betower op 22 April.

The post Verskietende Ster appeared first on Stage and Screen.

Review: Die Ontwaking
Afrikaanse Riller Ontwaak op Silwer Doek

Deur Louw Mulder

Die afgelope jaar was Afrikaanse film-liefhebbers bederf gewees met ‘n hele kaleidoskoop van flieks. Van Balade vir ‘n Enkeling, Die Pro, selfs ‘n Pawpaw vir my Darling, het Afrikaanse filmmakers regtig die grense geskuif ten opsigte van die verskillende genres van hulle films. Met ‘n Psigologiese Riller in Afrikaans het Johnny Breedt glad nie vir enige iets teruggestaan nie.

Juanita de Villiers en Louw Mulder

Die Ontwaking¸ gebasseer op die boeke van Chris Karsten, ‘Abel se Ontwaking’, vertel die storie van ‘n eensame man, wat duidelik sielkundig versteurd is en deur die gang van die film talle slagoffers om die lewe bring. Nietemin, is die karakter van Abel Lotz soos die houtjie van die galg en vermag hy die vermoë om die polisie by talle geleenthede om die bos te lei.

Die rol van Lotz word gespeel deur een van Suid Afrika se groot teater en televisie name, Gys de Villiers, en vanselfsprekend vertolk hy die perfekte karakter op die mees vanpaste manier. De Villiers het die murg gewys wat in sy pype steek, met konstante spel waar die karakter nie net voldoen aan al die verwagtinge van so ‘n riller nie, maar ook deurgaans gemengde emosies by die kyker kan vorm oor wie of wat die karakter werklik is.

Die Adjudant wat verantwoordelik is om die reeks-moordenaar vas te trek en te vervolg, is die arme Ella Neser, wat in die diep waters beland het, met die ontdekking van die eerste dooie liggaam. Fred Lange, haar ouer en meer ervare kollega, was effens onkant betrap toe die saak in Neser se handsak beland, maar help haar nogsteeds om Lotz te prober vang.

Gerard Rudolf

Neser se karakter word in die skoene van die aantreklike Juanita de Villiers gespeel, en erken dat haar rol in Die Ontwaking sekerlik haar grootste projek tot op hede is. De Villiers was al te sien in Bakgat 2, Somer Son, en ook Die Pro, waar die regie behartig was deur haar man, Andre Velts.   Ek was meer as net beïndruk met haar spel en kan nie wag om te sien wat haar toekoms verder vir ons kykers kan inhou nie.

Die veelsydige Gerard Rudolf, speel langs-aan de Villiers as Fred Lange, wat tenagekom is deur tweede viool te moet speel in hierdie saak. Lange se karakter is broodnodig in die storie, omdat die ervaring van Lange as steun moet dien vir die gebrek daarvan aan die kant van Neser. Tog is dit normaal om vermaaklik hulp te verleen as daar aan die agterspeen getrek word.  Hierdie slinkse, baie snazzy persoonlikheid van Lange, kon nie beter deur Rudolf, of enige iemand anders, vertolk word nie.

Soos altyd moet ek ‘n akteur uitsonder, wat volgens my net daardie ekstra iets anders aan die produksie gebring het, en weereens is dit die jarelange ervaring wat definitief na vore gekom het. Die bevelvoerder van die Polisie, Silas Sauls, is oppad na aftrede toe en het die tipiese houding dat hy nie regtig meer veel gepla kan wees oor optimale prestasie nie – tot Neser, vir wie Sauls dalk ‘n sagte plekkie het, in die spervuur beland.

Die rol van Sauls word uitstekend gespeel deur Paul Eilers, wie se 40-jaar lange loopbaan in die vermaakliheidsbedryf duidelik gewys was.  Om te vloek in ‘n film is een ding, maar die klassieke en stylvolle manier waarmee Eilers sy deel van die draaiboek met die persona van sy karakter getrou het , is ‘n vaardigheid wat slegs deur jare se toneelspel kom.   Ek het Eilers se vertolking terdeë geniet en dit mag selfs wees as gevolg van die klein spatseltjie humor wat sy karakter tussen al die gru-moorde, in die film in bring.

Hierdie karakters, word talentvol ondersteun deur Morne Visser as Dawid Eigelaar, Balade vir ‘n Enkeling se Armand Aucamp as Bam, Jaco Muller as Andy Collipepper en Agter elke Man se Tertius Meintjies, as Dokter Koster.

Dit was beslis vir my die beste Afrikaanse riller fliek nog… net omdat daar nog nie ‘n soortgelyke een voor dit gemaak is nie. Ek dink die grondslag is gelê vir meer sulke films en ek hoop ter harte dat vervaardigers Vlokkie Gordon, Greig Buckle en Johnny Breedt hiermee sal voortgaan. Maar moenie my woord hiervoor vat nie. Na Die Ontwaking aanvanklik oop gemaak het by die Silwerskermfees in 2014, het dit die “Best Feature Film” kategorie by die 2015 Indie Karoo Film fees gewen…

Volgens my is daar deesdae ‘n werklik noemenswaardige poging om die kwaliteit en verskeidenheid prente in die Afrikaanse Filmbedryf in Suid Afrika, hoër en hoër te lig en vir dit gee Stage en Screen ons volle ondersteuning;. Die Ontwaking begin landswyd draai op 26 February 2016… Gaan beleef dit.

The post Review:  Die Ontwaking appeared first on Stage and Screen.

Fiëstas 2015: Hier is die Benoemdes
Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings was vroeër vanjaar op Flits, kykNET se aktuele vermaakprogram, aangekondig. Die Fiëstas is die enigste toekennings in sy soort in die land en akteurs, aktrises, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars word sedert 2011 vereer vir hul uitsonderlike werk by die land se grootste kunstefeeste.

Die Fiëstas word op 18 Februarie 2016 by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Die seremoniemeesters vir die aand is Pierre Breytenbach en June van Merch en Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar sal as gas-aanbieders optree.

Hier is die kategorieë, en die moontlike wenners:

BESTE AKTEUR

Albert Pretorius ‒ Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)

André Odendaal ‒ Skuldeiser (Woordfees)

Stian Bam ‒ In Glas (KKNK)

Wilhelm van der Walt – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

BESTE AKTRISE

Anna-Mart van der Merwe  – Skuldeiser (Woordfees)

Milan Murray – Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Sandra Prinsloo ‒ Die Dag is Bros (Innibos)

Tinarie van Wyk Loots ‒ Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)

BESTE MANLIKE BYSPELER

Dean Smith – Die Dag is Bros (Innibos)

De Klerk Oelofse – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Louis van Niekerk – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Loukmaan Adams – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

BESTE VROULIKE BYSPELER

Greta Pietersen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Nicola Hanekom – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Tinarie van Wyk Loots – Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)

Wilna Snyman – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

BESTE REGIE

Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK en SOF)

Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

BESTE TEATERONTWERP

Birrie le Roux – Skuldeiser (Woordfees)

Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Nico Scheepers – Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)

Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

BESTE PRESTASIE IN ’N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE

Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)

Laurika Rauch – Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)

Margit Meyer-Rödenbeck (konsep) ‒ Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Schalk Joubert (musiekregie) – Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING

Gys de Villiers – Elsie se Nommers (Innibos)

Marion Holm – Die Kaap is Weer Holms (KKNK)

Marlo Minnaar – Santa Gamka (KKNK en SOF)

Wessel Pretorius – Adam 2 (Woordfees)

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE PRODUKSIE

Eben Venter, Marlo Minnaar en Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK en SOF)

Nico Scheepers, Cintaine Schutte, Milan Murray en Antoinette Louw – Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

Wessel Pretorius – Die Dag is Bros (Innibos)

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK

Esthea Kruger – Rising Star (Woordfees)

Kaapse Jeugkoor onder leiding van Leon Starker – Na Waters Waar Rus Is (Woordfees)

US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)

Zanne Stapelberg en Odeion-strykkwartet –  Odeion-strykkwartet met Zanne Stapelberg (SOF)

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS

Alex Hamilton – Jou Daaglikse Dosis en Opskiet by die Museum (Aardklop en Woordfees)

Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)

Sanell Aggenbach – Atopia (Aardklop)

Sandra Hanekom – Die Burger 100 Jaar-uitstalling (SOF)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE

Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

In die Grond van die Wind (Aardklop)

Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)

Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)

BESTE AANBIEDING

Amper, Vrystaat (Vrystaat)

Die Dag is Bros (Innibos)

In Glas (KKNK)

Son. Maan. Sterre. (Woordfees)

Die drie persone wat by die Fiëstas vir hul lewensbydrae vereer word, is Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (woordkuns).

Die toekenning vir die gewildste fees asook die Blou Stoel-toekenning word by die toekenningsaand bekend gemaak.

Die toekennings word op 18 Februarie tydens ‘n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Die geleentheid word regstreeks om 20:00 op kykNET (Kanaal 144) uitgesaai.

The post Fiëstas 2015:  Hier is die Benoemdes appeared first on Stage and Screen.

Die Ontwaking
Die Afrikaanse sielkundige riller, Die Ontwaking, verken hoe gemeenskappe getraumatiseerde, diep ‘gewonde’ individue oplewer wat hul uiteindelik tot gewelddadige gedrag wend – en selfs in psigopate kan ontaard.

Hierdie rolprent ondersoek die komplekse en dinamiese verhouding tussen die versteurde, tog simpatieke Abel Lotz (Gys de Villiers), en ‘n mooi jong speurder, Ella Nesser (Juanita de Villers), wat pas aangestel is om moordsake op te los.   Abel hou Ella van ‘n afstand af dop en is beide afgunstig op en gefassineer deur haar deursettingsvermoë en fokus – iets waaraan hy ook nie ‘n tekort het nie.

Soos die rolprent meer in die psige van ‘n psigopaat delf, word die gehoor op die rand van hul stoele gehou en wonder ‘n mens met elke nuwe onthulling wat presies in die kop van ‘n psigopaat aangaan…

As Abel is Gys de Villiers se rol vir hom uitgeknip en moet hy as akteur self diep gaan nesskop in die kop van ‘n psigopaat – ‘n persoon wat psigies so verniel word deur die lewe dat hy of sy nie meer kan onderskei tussen die werklikheid en fantasie nie.  Die motief van ‘vel’ word sterk in die film beklemtoon, en dit verwys na meer as dít wat die liggaam bedek. Dit is ook ‘n vergelyking met die maniere waarop ons onsself sien; hoe ons deur ander gesien word; en hoe ons ondervindings in ons velle ingeëts word

‘n Sterbelaaide rolverdeling met onder meer Gérard Roedolf, Paul Eilers, Morné Visser en Armand Aucamp in uiteenlopende rolle verleen swaartekrag aan die film.   Die Ontwaking is Juanita de Villers en Jaco Muller se ‘uitbreek-rolle’, en hul kwyt hul uitstekend van hul taak teenoor bekroonde en gesoute akteurs soos Roedolf en Visser

By die 2015 kykNET Silwerskermfees, is Roedolf bekroon vir sy werk in die kortfilm, Vryslag, en word hy as Beste Akteur aangewys; terwyl Visser vir sy spel in Dis ek, Anna die toekenning ontvang het vir Beste Akteur in ‘n Speelfilm.

‘n Ou bekende wat weer gesig wys op die groot skerm is Tertius Meintjes, wat ‘n taamlike grillerige taak het om te vervul noudat Abel uiting aan sy donkerste begeertes gee.

Gebaseer op die eerste boek van ‘n trilogie deur ervare skrywer Chris Karsten, is Die Ontwaking veelbekroonde produksie ontwerper Johnny Breedt se regisseursdebuut. Vlokkie Gordon en Greig Buckle het het die film vervaardig.

Die Ontwaking word op 28 Februarie 2016 landswyd deur Indigenous Film Distribution uitgereik.

The post Die Ontwaking appeared first on Stage and Screen.