Ilse van Hemert Archives - Stage and Screen

Spoorloos II: Heksejag begin 14 Julie op kykNET
Adam word wakker uit ‘n koma van agtien maande, veroorsaak deur ‘n ongeluk op die aand van sy matriekafskeid. Sy metgesel is in die ongeluk dood, maar Adam kan niks daarvan onthou nie. Om die waarheid te sê eindig sy herinneringe die dag voor sy tiende verjaardag …

Die vorige reeks van Spoorloos het kykers vasgenael gehou en hierdie tweede seisoen storie word vertel met nuwe karakters, e nook sy eie, nuwe storielyn. Die hoofskrywer en regisseur is weer die bekroonde Ilse van Hemert met Christo Davids as haar assistent. Die ander lede van die skryfspan is Jan Lampen, Marisa Drummond en Beyers de Vos.

Meer oor Spoorloos: Heksejag. Adam se ontwaking wek baie belangstelling, maar nie almal is ewe bly dat dit gebeur het nie. Daar is ‘n vrou wat in die hospitaal rondsluip en die dokter is oënskynlik baie senuagtig. Wanneer Adam later ‘n traumatiese gebeurtenis onthou, besluit hy om self te probeer uitvind wat die aand van die motorongeluk gebeur het. Het dit enigiets te doen met die skoolmeisies wat van heksery verdink is?

In die rolverdeling is Andahr Cotton as Adam Prinsloo, Lee Visagie as Christa en Gérard Rudolf as Frans Prinsloo, Adam se pa. ‘n Paar talentvolle spelers wat ‘n welkome terugkeer tot televisiedrama maak, sluit in Philip Moolman, Elma Postma, Vuyelwa Mpela, Hanli Rolfes en Bertha le Roux-Wahl. Ander in die rolverdeling is Carla-Marie Myburgh as Wanda, Natassja Pretorius as Yvette en Huey Louw as Hannes.

Die eerste van die tien episodes van Spoorloos: Heksejag begin op 14 Julie om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

The post Spoorloos II: Heksejag begin 14 Julie op kykNET appeared first on Stage and Screen.

Spoorloos
Nuwe kykNet drama maak nuwe Spore op Dinsdae.

kykNET-kykers weet teen hierdie tyd dat die drama-gleuf op ’n Dinsdagaand nooit teleurstel nie en met die nuwe reeks, Spoorloos, wat op 9 Oktober begin, gaan dit ook nie anders wees nie.

Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis ’n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar ná dertien jaar se onopgelosde raaisels, keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om hom op te spoor, moet ’n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap. Terselfdertyd is daar ook drie kinders van die dorp wat die monster probeer vastrek en familie-intriges, soos net in ’n klein dorpie kan wees…

Die dorp Digtersdal in die Oos-Kaap, is dertien jaar vantevore deur ’n reeksmoordenaar geterroriseer ,wat seuns van 5 tot 15 jaar oud geteiken het. Die moorde het skielik opgehou, maar die moordenaar is nooit vasgetrek nie. Die dorp was geknak. Wonde het jare gevat om rowe te vorm en is nog lank nie genees nie. Werner Malan se planne vir die ontwikkeling van Digtersdal tot ’n vakansieparardys, het doodgeloop en hy het ‘n fortuin verloor. Die bouwerke vir ’n toeriste-oord wat met die Sonstad sou kompeteer, is gestop en die ingangspoort wat opgerig is, staan verbleik soos ’n reuse grafsteen, ter herhinnering aan die tragedie wat die dorp oorval het.

Nou, dertien jaar later, is die dorp onder Werner se stukrag vasberade om die spoke van die verlede te besweer. ’n Fees is in die lewe geroep – die Fakkelfees – waartydens besoekers aangemoedig gaan word om in die nuwe tyddeelontwikkeling te belê.

In die rolverdeling is ’n paar veteraan-spelers, asook nuwe gesigte. Die reeks is in Cradock in die Karoo geskiet en die dorp en sy mense dien as agtergrond vir dié nuwe reeks.

Deon Coetzee is te sien as Werner Malan, ’n sakeman, politikus en boer. Hy is getroud met Angelique, gespeel deur Catriona Andrew, wat uit ’n ryk Engelse familie kom. Hulle seun, Werner Jnr. wat almal Junior noem, vertolk deur Francois Jacobs, is getroud met Lara, Amalia Uys se karakter – ’n gekneusde engel wat op soek is na redding uit haar versmorende huwelik. Lara het ’n 12-jarige seun, Jan-Gustav, gespeel deur Neil Slabbert.

Ludwig Binge as Ian Vos, werk by ’n advertensie agentskap in die stad. Hy was 17 jaar oud toe sy broer, Benjamin, deur die reeksmoordenaar vermoor is. Sy ma, Frieda, vertolk deur Wilmien Rossouw, woon nog in Digtersdal.

Zane Meas as Adam Arendse, is ’n politieke leier en aktivis en is pa van Keagan, gespeel deur Charl Fleurs, ’n slim seun, hoewel hy effens van ’n bangbroek is.

Eric Bouwer as De Wet, is ’n speurder van Johannesburg en Sonja Landman, vertolk deur Kim Lategan, is ’n TV-joernalis wat groot drome het om ’n ondersoekende joernalis te word. Lieb Bester, as Gert Neethling ,is die dronklap van die dorp en sy vrou, Magda, gespeel deur Elsabé Daneel, is iemand wat wys wat onvoorwaardelike liefde beteken.

Kagiso Rathebe, as Sibusiso Jele, is De Wet se kollega en Lusanda Miya, vertolk deur Sibulele Gcilitshana, is kaptein. Deon Prinsloo is ’n siniese speurder by die plaaslike polisiestasie en word gespeel deur Ashley Taylor.

Ander karakters is Ds. Els, met Morné Visser, die maplotter en dwelmhandelaar Piet “Pille” Taljaart, met André Odendaal en sy dogter Esti, met vertolking deur Ineke van der Merwe. Verder sluit die rolverdeling in Hannes van Wyk as die waarnemende skoolhoof, Mnr. Immelman, Marie Fick, die bestuurder van die plaaslike koerant, met immergroen Liz Meiring, asook Fezile Grootboom, Werner se voorman, vertolk deur SK Sombokwe. Die reeks is gegrond op Daddy Longlegs, ’n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann.  Die draaiboek is deur Ilse van Hemert geskryf en sy was ook saam met André Odendaal die mede-regisseur. [dropcap][/dropcap]

The post Spoorloos appeared first on Stage and Screen.