Jak de Priester Archives - Stage and Screen

Jak de Priester: Geel Kersfees Konsert
‘n Geel hart vir liefde en Halleluja Kersfees!

Jak de Priester het, ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, onlangs ’n splinternuwe album, 15 Jaar, uitgereik.

Een van die liedjies op hierdie album is Halleluja Kersfees en dit is die ideale lied om jou in die romantiese atmosfeer van Kerstyd te plaas.

Die liedjie is geskryf deur Jak self en is vir hom, op ’n manier, ’n “road trip” deur die Karoo oppad Kaap toe. “Die liedjie gaan oor herinneringe van kersboomversierings maak met skulpe uit Melkbos se strand, om te dans in Kalkbaai en om soos toeriste te voel by die Waterfront. Dít is my romantiese herinneringe van Kerstyd in die Kaap”, sê Jak.

Jak begin ook hierdie jaar, in samewerking met Die Blou Hond teater en Caring Daisies ’n opwindende nuwe inisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”. Dit is ’n reeks van ses eksklusiewe konserte wat gedurende 12-17 Desember by Die Blou Hond sal plaasvind. Jak de Priester is die kunstenaar en sal ’n eksklusiewe vertoning hou, wat slegs by Die Blou Hond gesien kan word. Hierdie jaar sluit dit in, uittreksels oor sy 15 jaar loopbaan met o.a ’n lied of twee uit sy 2008 De Priester en een Kerkorrel-konsert, sowel as treffers van hom, komedie, ’n kerslied of twee en nog vele meer. Die doel van hierdie konserte is om ’n jaarlikse instelling te skep en op die manier sonskyn in die lewe van mense en diere te bring. Dit is ’n week van liefdadigheid. “Hierdie jaar is diere ons missie en ons samel dierekos in vir die honderde honde en katte wat oorgelaat is aan die genade van die mensdom”, sê Jak.

Dus, in die maand van Desember gaan Die Blou Hond… GEEL! Met ’n geel kersboom en ’n geel vertoning beloof dit om 2017 op die regte wyse af te sluit en almal in ’n lekker stemming vir die vakansie en Kersfees te plaas.

Jak sê verder dat hulle hierdie initiatief graag ’n jaarlikse instelling wil maak, maar dat hulle die ondersteuning van die publiek nodig het. “Daar is ses aande, 170 stoele per aand… ons wil die publiek uitnooi, maar ook besighede, om ’n tafel te bespreek, selfs twee! Daar is geen limiet nie. Ons vra geen ekstra geld nie, slegs ’n bydrae in die vorm van komberse, blikkieskos en / of ’n sak kos wat ons onder die geel kersboom gaan plaas.”

Die buffet-ete, met nagereghappies, beloop R330 per persoon en kaartjies kan bespreek word by: 012 348 8820.

Help ons om die diere te help… Volgende jaar sal ‘Geel jou hart vir liefde’ weer ’n ander liefdadigheid ondersteun, en op hierdie manier help ons, ons bring sonskyn, gee terug en maak ’n GROOT verskil!

The post Jak de Priester: Geel Kersfees Konsert appeared first on Stage and Screen.

Len Muller: Ons Is Een
Nuwe Enkelsnit vir Len

Aanhangers van Len Muller het die afgelope week aangedui dat sy liedjie Ons Is Een, vanaf sy tweede studio-album, Oog van die Storm, hulle gunsteling is. Len het geluister en pas dié liedjie as volgende enkelsnit bekendgestel.

Len het tien maande in Amerika spandeer en het gedurende daardie tyd baie na Suid-Afrika verlang. Daar het hy besef dat hy sy land eintlik baie lief het en het hy toe al aan die lied begin skryf.

“Ek glo ons is nie gemaak om in te pas of dieselfde te dink of te lyk nie. Dit is juis wat ons uniek en ‘beautiful’ maak. Daar is soveel diversiteit en verskillende kulture in Suid-Afrika, maar dit hoef ons nie te verdeel nie. Ek is oortuig dat ons in eenheid kan saamleef binne ons diversiteit. Ons Is Een is my gebed vir die land en ek wil mense van verskillende agtergronde en kulture uitnooi om mekaar te probeer verstaan en in vrede saam te leef, want Ons Is Een!”, sê Len.

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer. Hy is beslis besig om ’n sterk nalatenskap in die musiekbedryf te skep en Oog van die Storm is ’n getuigskrif hiervan. Alle oë en ore is op hom, terwyl hy stelselmatig sy merk as een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre maak.

Oog van die Storm is beskikbaar op iTunes:  https://itunes.apple.com/za/album/oog-van-die-storm/id1245868081

The post Len Muller: Ons Is Een appeared first on Stage and Screen.

Jak de Priester: 15 Jaar
De Priester vier 15 jaar in vermaakbedryf met vrystelling van splinternuwe album

Na vyftien suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Pretorianer, met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop. Vandag is dié Sally Williams Nougat-sanger ’n gevestigde naam, met nege studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisieaanbieder by sy indrukwekkende CV gevoeg.

Ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, het Jak onlangs ’n splinternuwe album, 15 Jaar, uitgereik, vol moet-hoor-snitte, wat luisteraars van begin tot einde sal bekoor. “Ek wou graag my vyftien jaar in die musiekwêreld met ’n album vier. My temalied is ‘15 Jaar Met Klavier En Kitaar’, so hierdie is ’n produk van hoe my vaardighede as liedjieskrywer oor die jare gevorder het,” vertel die sanger. “Die temas op die CD wissel tussen ons land en sy mense, kinders, vriendskap, ervaringe van gaste wat saam op ‘Reis na Gister’ was, liefde en nostalgie.”

Album nommer nege bestaan uit sewentien oorspronklike snitte uit sy eie pen, wat sorgvuldig uitgesoek is om die sukses van sy loopbaan in ’n neutedop vas te vang. Buiten vir komiese nommertjies en pragtige liefdesliedjies, is daar ook opwindende samewerkings met kunstenaar soos Steve Hofmeyr, Dr Victor, Bianca Pelser, Koos Kombuis en Charl du Plessis.

Die nuutste enkelsnit, Reënboog oor Suid-Afrika, is pas vrygestel en beloof om aan selfs die kieskeurigste vereistes te voldoen. Hierdie duet saam met die gewilde partytjiemusiekmaker, Dr. Victor, is ’n goedvoeltreffer met ’n baie inspirerende boodskap. ’n Musiekvideo van die treffer word beplan vir later vanjaar.

Musiek is egter nie die blondekop se enigste talent nie, want hy blink ook uit as digter en skrywer. Hy stel in 2005 sy eerste digbundel, Heuning in die Mond vry, gevolg deur ’n boek, Brood, in 2010. Een van sy gedigte, Onsekerheid, is ook in 2009 ingesluit in die nuwe Afrikaanse Groot Verseboek. Die sanger het ook tussen 2011 en 2015 die rubriek, Pa se Stem geskryf, vir Baba & Kleuter.

Jak het nog baie planne vir die toekoms en hou daarvan om sy talent met ander kunstenaars s’n te kombineer. “My lewe en die wêreld waarin ons leef, inspireer my. Ek hou van goeie sangers, met ’n kunstige aanslag, soos Amy Winehouse. Sterre soos Johannes Kerkorrel, Amanda Strydom, Koos Kombuis, ensovoorts, het almal ’n invloed gehad op my eie musiekstyl. Ek geniet ook samewerkingsen het al saam met Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Koos Kombuis en Nataniël gewerk, en sal nog graag kragte wou saamspan met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Karen Zoid en nog baie ander,” gesels hy.

Die bedryf het vir hom baie geleer oor geduld, mislukking, stres, sukses en geloof, maar hy glo nog altyd dat musiek enigiets kan gesondmaak en hoop dat sy nuutste werk, luisteraars se lewens net so sal verhelder, soos die geel agtergrond van sy nuwe CD se buiteblad.

15 Jaar is ’n moet-hê-album vir elke Jak de Priester aanhanger. Dit is ’n kombinasie van gevoelvolle hartsmusiek en opgewekte partytjiedeuntjies, waarsonder geen speellys volledig sal wees nie. Sy nuutste album en enkelsnit is nie net ’n duidelike bewys dat dié sangsensasie sy gehoor se belange op die hart dra nie, maar ook ’n juweel vol treffers wat nog vir baie jare oor die radio gehoor sal word…

The post Jak de Priester: 15 Jaar appeared first on Stage and Screen.

Manna vir die Boere
Manna vir die Boere Konsert – ’n Musiekkonsert om geld in te samel vir droogtehulp

Al het dit onlangs mildelik gereën in sekere gebiede van droogtegeteisterde Suid-Afrika, is dit nog nie genoeg om werklik ’n langtermyn verskil te maak nie. Baie boere bly steeds aan groot finansiële druk blootgestel, veral omdat saad nie geplant of diere gevoed kon word nie. Skuld hoop op en geld is skaars.

Min dinge snoer uiteenlopende mense in Suid-Afrika so saam soos ware nood. Baie van ons wil graag die boere help, maar weet nie altyd hoe nie. Nou is daar ’n geleentheid geskep om heerlik saam in Afrikaans konsert te hou en op dié manier finansieel te help om die gevolge van droogte te verlig.

Die gewilde Afrikaanse sanger Adam Tas het met die idee vorendag gekom om saam met sy musiekvriende konsert te hou om só geld in te samel vir droogtehulp: “Boere sorg dat ons elke dag kos het, hulle wy hulle lewe aan die natuur en die grond, maar is ook uitgelewer aan die wette van die natuur. Hulle ervaar nou groot geldnood.”

Om sy idee van ’n konsert vir die boere ’n werklikheid te maak, het Adam hande gevat met Caring Daisies, ’n fondsinsamelingsorganisasie wat sorg dat fondse wat ingesamel word, wel direk aangewend word vir die oorspronklike doelwit wat gestel is. Anria van Heerden, hoof van Caring Daisies verduidelik: “Ons wil graag vir almal die geleentheid gee om ander mense in nood te help. Die boere het nou hulp nodig. Met die Manna vir die Boere Konsert kan elkeen wat ’n kaartjie koop direk bydra tot hulp vir dié boere.” Caring Daisies het vroeër vandeesmaand die land aan die praat gehad met die vervoer van amper 2 000 bale voer na boere in Noord-Wes, die Vrystaat en Noord-Kaap.

Lood Bester van Wildswinkel het van die inisiatief te hore gekom en het dadelik hierdie toonaangewende wildorganisasie se ondersteuning aangebied. Op sy beurt het Louis van der Watt sy eiendomsgroep se ondersteuning deur middel van Atterbury bewillig. Jean Engelbrecht, een van die eienaars van Hinterland Vleishandelaars, het ook Hinterland se finansiële steun aan hierdie projek toegesê.

Onlangs het die motorvervaardiger Toyota en Media24, deur publikasies soos Landbouweekblad en Rapport, hulle ook agter die Manna vir die Boere Konsert geskaar.

Van die gewildste en grootste Afrikaanse sangers gee hulle tyd en talent gratis vir die konsert.

Al wat jou nou te doen staan is om kaartjies te bespreek by Computicket en om dan na die konsert te kom. As ons almal saamstaan gaan dit nie net ’n heerlike agtermiddag van konsert hou en saam sing wees nie, maar ook ’n ideale geleentheid om daadwerklik die boere se nood te help verlig.

Fondse wat ingesamel word sal deur Caring Daisies bestuur en versprei word.

Borge: Wildswinkel, Atterbury, Toyota, Hinterland Vleishandelaars en Media24

Inligting is beskikbaar op www.caringdaisies.co.za

Inligting

Datum: Saterdag, 20 Februarie 2016, 15:00 – 18:00

Plek: Voortrekkermonument, Amfiteater

Hekke open: 13:00

Gratis parkering en busvervoer

Kaartjies: Computicket

Koste: R 200. Skoolkinders: R 100. Voorskoolkinders: Gratis

Verversings (kos en drank) beskikbaar vir eie rekening

Eie piekniekmandjies welkom. Geen eie alkohol word toegelaat nie

Kunstenaars soos: Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Adam Tas, Dr Victor, Corlea Botha, Jak de Priester, Jannie Moolman, Pieter Koen, André Venter, Beeskraal duo en Pieter Smith.

Musiek en orkes: Onder leiding van Matthys Maree

The post Manna vir die Boere appeared first on Stage and Screen.