Joe Foster Volgende Stap Archives - Stage and Screen

Joe Foster: Volgende Stap
Foster gee die volgende tree..

Drie jaar nadat sanger en liedjieskrywer Joe Foster die reuse suksesvolle Ghoema Pop Album Van die Jaar vir Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat so waar die volgende stap met hierdie nuwe album. Alhoewel hy talle liedjies en projekte vrygestel het tussen die twee albums, het hy gevoel dat nou die regte tyd is om weer ’n vol album vry te stel.

Twee van die dertien liedjies op die nuwe album het reeds baie gewild geword vandat dit vroeg in 2018 vrygestel is. Vrede Maak, en sy eerst Engelse snit Look Away het sederdien bo-aan talle SA kommersiële, interne- en streeksradio stasis se treffer parades gepronk. Hierdie twee snitte is baie goeie aanduidings van waarna sy aanhangers kan uitsien met die treffer belaaide Volgende Stap album, wat vroeg in Augustus uitgereik is.

Daar is ook die snit Volgende Stap wat die derde enkelsnit van die album sal wees, maar die eerste een wat saam met die album vrygestel gaan word.

Joe Foster het naam begin maak met sy liedjie Pad Na Jou Hart wat vrygestel is as sy eerste enkelsnit van sy Afrikaanse debuut album, vroeg in 2014. Die Pad Na Jou Hart film se temalied was ‘n goeie fondasie om sy loopbaan op te bou.

Foster het al die liedjies op hierdie album self geskryf en sê dat hy met elkeen se inhoud en met elkeen se styl baie uit sy gemaksone beweeg het. Hy het selfs sy kletsrym skoene aangetrek op die liedjie met die naam As Die Mure Val.

Foster het al die snitte, behalwe Look Away self vervaardig, opgeneem en gemeng. Look Away is deur Fred Den Hartog, van die gewilde groep Heuwels Fantasties, vervaardig en deur Dane Taylor gemeng.

Foster is baie opgewonde oor alles wat hy geleer het met die maak van die album, dat hy sommer dadelik weer gaan begin werk aan nuwe liedjies, terwyl hy natuurlik Volgende Stap gaan vrystel en landswyd bemark.

Hy het hierdié album in klomp verskillende plekke oor die land opgeneem en gemeng.

Volgende Stap is Joe se volgende stap in sy kreatiwiteit en musikale seisoen.

The post Joe Foster: Volgende Stap appeared first on Stage and Screen.