Jurgen Helberg Archives - Stage and Screen

Ons Praat met Franci Swanepoel
Die Ervare Glimlag agter Toeks.

deur Louw Mulder

As ‘n mens terug dink aan die eerste dae van Binnelanders, onthou ‘n mens vir Gys de Villiers in die rol van Dokter Zieg Combrink, sy vrou, wat gespeel is deur Elzette Marschalk, en ook die ervare Jürgen Helberg, wat die rol van Kitte vertolk het. Dan sien jy hierdie gesoute akteurs in die koffiewinkel sit, met ‘n skelm Hans Strydom, oftewel Dokter At Koster, wat verby loop sonder om aandag aan enige iemand te gee.

Maar in so ‘n toneel, was daar net een karakter  wat ‘n glimlag op enige scenario kon sit, en dit was Toeks Muller, Kitte se vrou en Zieg se suster. Hierdie skinder-tannie van die kliniek, en Tonik se eienaar, was met welslae gespeel deur die asemrowende aktrise, Franci Swanepoel.  Ek het ‘n bietjie met Franci oor haar dae op Binnelanders gaan gesels.

Na Franci haar graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, het haar loopbaan vlug gevat, en vandaar af tot nou, was daar nog geen einde in sig nie.  Van Televisie aanbieder op meeste van Suid-Afrika se kanale, rolle in ‘n hele spul rolprente, asook verskynings in TV-reeks soos onder andere Koöperasie Stories, Arsenaal, Hartland en Sterlopers, het haar talente in die Sepie-genre, wat insluit 7de Laan, Getroud met Rugby, en dan ook Binnelanders, vir geen ander terug gestaan nie.

Vir die eerste ses jaar van Binnelanders, van reeks na sepie, was dit vir Franci ‘n wonderlike ervaring om deel van Binnelanders te wees. “Die werksomstandigdhede was heerlik en uiters professioneel,” het sy vertel en sy voeg by: “Binnelanders was ‘n huis, en ‘n wonderlike platform vir my loopbaan.”

Gedurende hierdie tyd, was daar heelwat hoogtepunte vir Franci, veral die feit dat sy deel was van ‘n M-Net dramareeks, wat later tot trotse kykNET sepie ontwikkel het. “Hoogtepunte was die wonderlike voorreg om saam met ‘n groep jong en gesoute akteurs die pad te stap,” verduidelik Franci soos net sy kan.

Dit was vir Franci Swanepoel ‘n hartverskeurende besluit om van die Tonik-tonele afskeid te neem. “Toeks was so deel van my, maar daar kom dikwels ‘n onverwagte vurk in die pad, en ek moes ‘n ander koers in slaan”, het sy verduidelik: “Daardie laaste dag, toe ek my familie moes groet, was verseker my laagste punt op die Binnelanders-stel.”

Binnelanders is ‘n Afrikaanse sepie, en soos Franci erken, is die doel om te vermaak, op te voed, en ook Afrikaans se naam hoog te hou. “Dissipline en mededeelsaamheid is wat ek by Binnelanders geleer het, asook respek vir myself en vir die res van die cast en crew” vertel sy.

Onlangs, het ons onder andere vir Franci op kykNET gesien toe sy die reeks Oppi Kassie aangebied het. Volgende vir haar, is ‘n rol in ‘n tweede seisoen van ‘n kykNET sitkom, waaroor sy nie nou al verder wou uitbrei nie.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Iewers het ek my hart op jul verloor. Elsje en jou span, welgedaan met ‘n fenominale reeks waarvan ek nogsteeds die grootste aanhanger is.” – Franci Swanepoel.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Franci Swanepoel appeared first on Stage and Screen.