Kanaal 144 Archives - Stage and Screen

Fynskrif Seisoen 2
Maak reg vir Fynskrif 2 in Oktober

Fynskrif is terug. Die tweede seisoen tel drie maande later op met Van Wyk en Vennote wat aan ‘n draadjie hang na Hans (Chris van Niekerk) se aftrede. Lara (Tinarie van Wyk Loots) is so gefokus op nuwe kliënte werf dat sy nie die gaping raaksien wat tussen haar en Jaco (Jacques Bessenger) ontstaan het nie. Boonop sit Katrien (Cintaine Schutte) met Kobus se moordsaak wat dreig om haar lewe saam met Ben en die praktyk totaal te ruïneer. Corne (Beer Adriaanse) se toekoms is duister. Wian (Edwin van der Walt) en Anne (Kim Cloete) probeer hulle lewens herdefiniëer. Dolf (Charlton George) neem ‘n groot besluit oor sy verhouding met Gertrude (Elana Afrika-Bredenkamp). Ben (Neels van Jaarsveld) probeer alles bymekaar hou terwyl Hans in sy studeerkamer sit en sy memoires skryf. Waar dit alles gaan eindig, bly ‘n ope vraag.

Oor die loop van die seisoen moet  Lara en Ben hulle verhoudings met hulle geliefdes en kinders weer van nuuts af ondersoek, moet Corne uitendelik besluit waarvoor hy staan en hoekom hy doen wat hy doen, moet Hans aftrede trotseer, Anne besluit of sy nog ‘n prokureur wil wees en Wian sy definisie van familie herbesin. Al die karkaters – ook die kinders – leer ‘n bietjie meer van hulself terwyl alledaagse krisisse trotseer word.

Die skrywers en vervaardigers, Albert Snyman en Louis Pretorius hoop dat die gehoor “nog verder en dieper sal reis saam met al die karakters. Fynskrif twee bou op die eerste seisoen en verbreed die persoonlike en regswêreld van die reeks.”

En natuurlik is daar ook ‘n paar sake wat almal grys hare gee. Ivan Nel (Armand Aucamp) maak sy terugkeer as popster, wat Dolf teen die mure uitdryf. Egskeidings,  intellektuele eiendom geskille, onregverdige afdankings en aanranding is maar net ‘n paar probleme wat ons prokureurs moet trotseer.

Twee nuwe karakters sluit ook by Van Wyk en Vennote aan. Lilani (Lea Vivier) is ‘n klerk wat haar terugkeer tot die praktyk maak na ‘n jaar se sabbatsverlof. Sy het maar nog altyd emosioneel gesukkel en veral sy en Corne het ‘n donker geskiedenis. Simon (De Klerk Oelofse) is ‘n groot nuwe kliënt wat ‘n pad stap saam met Katrien en baie ander se lewens raak.

Fynskrif 2 se regie word behartig deur Nina Swart en saai vanaf 8 Oktober om 20:00 uit op kykNET DStv kanaal 144.

The post Fynskrif Seisoen 2 appeared first on Stage and Screen.

Ouboet en Wors
Ok ma’ Lekke Stupid as jy hierdie gaan mis…

kykNETters kan uitsien na nog ‘n seisoen van die gewilde komediereeks Ouboet en Wors wanneer dit vanaf 8 Oktober weer op die lug is.

Ouboet van Tonder en Wors Visagie is soos, wel, pap en wors of snoek en patats. Pure komedie met sy wortels stewig in Suid-Afrikaanse grond geplant. In die nuwe seisoen, wat op 8 Oktober begin, is daar ‘n nuwe gesig wat vir die plesier gaan sorg – Eldon van der Merwe is te sien as Elvis Prinsloo.

Hugh Masebenza is weer te sien as Fogile. Die res van die rolverdeling is terug in hulle rolle: Frank Opperman is Ouboet van Tonder, Willie Esterhuizen is Wors Visagie, Lizz Meiring is Molly Visagie, Sally Campher is Yollie van Tonder, Liane Heyl is Boeboe, Kaz McFadden is Hendrikkie van Tonder en Wynand van Vollenstee is Gielie Goosen.

Kykers ontmoet reeds in die eerste episode Ouboet se nuwe ‘appy’, maar Gielie is bekommerd oor hoe dit sy salaris gaan beïnvloed. Intussen is Hendrikkie groen van jaloesie, omdat iemand dan die seun gaan wees wat sy pa nog altyd wou gehad het. Boeboe se Dakota is nog so onhebbelik soos altyd, en Yollie is op ‘n missie omdat haar seun ongelukkig is. Met ander woorde: Die gewone pret en plesier in die lewe van Ouboet en Wors.

Moenie ‘n oomblik misloop nie. Skakel in vanaf 8 Oktober 2018, om 20:00 op DStv-kanaal 144 vir Ouboet en Wors.

The post Ouboet en Wors appeared first on Stage and Screen.