Kyknet Top 20 Archives - Stage and Screen

Deon Groot: Wyn
‘n Afrikaanse enkelsnit wat soos Goeie Wyn kan Oud Word.

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om net te laat gaan en die lewe te geniet. Maar Deon Groot se nuwe enkelsnit en musiekvideo, Wyn, herinner ons om presies dit te doen!

Die musiekvideo is pas onlangs op sosiale media platforms asook op die kykNET Top20 en Jukebox vrygestel en kykers en volgelinge is absoluut dol daaroor!  Dié liedjie, uit die kunstenaar se eie pen, is geïnspireer deur die behoefte om mense daaraan te herinner om hulleself te geniet, ongeag van wat rondom hulle gebeur.

Hy erken egter dat luisteraars moontlik geskok gaan wees wanneer hulle Wyn vir die eerste keer hoor, maar dit is een van daardie liedjies wat jy oor-en-oor gaan luister, want die wysie is tydloos en die lirieke heet lekker om te hoor.

Net soos die snit, beloof die musiekvideo ook om hope vermaak te skep. Dit is in ’n klein kroeg, in die middel van niks en nêrens, verfilm en vertel die storie van hoe ’n doodgewone partytjie hand uitruk en verander in een vir die boeke!

Wyn is die eerste enkelsnit vanaf Deon se nuwe album wat gedurende Mei 2019 uitgereik sal word en hy glo dat dit ’n goeie idee skep van wat van die res van die album verwag kan word.

Vir die sanger, is die hoofdoel om waardering vir sy musiek te skep met goeie melodieë en eerlike lirieke.  Hy wil graag hê dat mense dit moet geniet vir wat dit is.  Hy beskryf die album as eenvoudig, maar treffend, en dit is egter onmoontlik vir enige iemand om te raai watter liedjie die grootste treffer gaan wees.

Deon, wat sy debuutalbum, Gee my Oor, in 2017 vrygestel het, het in ’n musikale huis grootgword.  Hy het al jare terug daaraan begin werk om sy eie musiek te skep, en glo tans dat elke situasie in die lewe êrens heen lei, hartseer, liefde, geluk, en dat almal emosies op ’n unieke manier ervaar. Dit is wat hom inspireer en sy musiek vorm, wat wissel tussen baie ernstig tot skreeusnaaks.

Wyn is beskikbaar op alle digitale platforms.

The post Deon Groot: Wyn appeared first on Stage and Screen.

Kaleidoskoop: Vlugvoetig
Nuwe Musiekvideo vir Ghoema-Bekroonde Duo…

Vlugvoetig se musiekvideo is een groot Kaleidoskopiese partytjie van kleur, ritme en genotvolle danspassies in ’n egte swing-dansstyl uit die vyftigs! Die liefdesverhaal wat afspeel, is een van hoop vir die sogenaamde bleeksiele wat duidelik met hulle unieke danspassies óók ’n meisie se hart kan verower! As jy nie luskry om te dans saam met hierdie jolige spulletjie nie, moet jy dalk die volumeknoppie net nóg ’n bietjie opdraai!,” sê Kaleidoskoop se Anique Jordaan oor die video van hulle nuutste enkelsnit wat pas op kykNET Top 20 bekendgestel is en almal aan die praat het.

Dit is die duo, wat bestaan uit Jouba en Anique Jordaan, se derde enkelsnitvrystelling vanaf hulle album, Gunsteling Seisoen, wat in 2018 ’n Ghoema-toekenning gewen het vir Beste Album deur ’n Groep / Duo. Hierdie opgewekte liedjie, met ’n voetjeuklekker Folk-Swing-styl, gaan oor ’n meisie wat onwillekeurig in ’n man se kop kom ronddans, is deur Jouba self geskryf en is ’n getuigskrif van die musiekpaar se liefde vir speelse ritmes, melodieë en mooi lirieke.

Volgens die groep, is die musiekvideo by Nice to Meat You in Kemptonpark verfilm deur Paul Hugo (vervaardiger van Ubuntu Film House) en Jannes de Villiers. Die dekor en atmosfeer van die eetplek het presies gepas by die vintage-styl wat hulle vir die video in gedagte gehad het. Die storie speel af by ’n ‘Kaleidoskoop-dans’ in die vyftigerjare. Almal is aangetrek in daardie era se klere en Anique spog ook met ’n bypassende grimeer- en haarstyl, wat deur Jacqueline Tolken opgetower is. Dit skop af met ’n ‘mannekyn-uitdaging’ waar al die karakters in posisie moet vries om die illusie te skep dat die video op pause is.

Kaleidoskoop maak al vir meer as ’n dekade lank musiek en is bekend vir die unieke en kleurvolle manier waarop hulle instrumente, klanke en lirieke soomloos kan laat saamsmelt om direk met die hart en siel te praat. Oor die jare, het hulle die land plat getoer, by van die grootste musiekfeeste opgetree, talle treffers oor die radio gehad en is hulle ook met ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vereer vir Beste Kontemporêre Album in 2012.

Vlugvoetig gaan beslis ’n gewilde keuse wees, onder oud en jonk, wanneer daar om die braaivleisvuur gekuier of oor die dansvloer geskoffel gaan word. Die enkelsnit is deel van die Gunsteling Seisoen-album en is aanlyn beskikbaar.

The post Kaleidoskoop: Vlugvoetig appeared first on Stage and Screen.

Geraldine Scholtz: Sommer
Nuwe musiek video sien die lig.

Sommer is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Die musiekvideo van die enkelsnit is op die 29ste September 2017 op die gewilde kykNET Top20 program amptelik bekendgestel en kykers is gaande daaroor!

Die video is by 012 Central in Pretoria deur Gerhard van Rooyen verfilm. “Ek het vandat ek die liedjie vir die eerste keer gehoor het, presies geweet wat ek wou hê vir die musiekvideo. Dit speel in twee vertrekke – lig en donker – af, wat verskillende betekenisse simboliseer. Die ligte vertrek gaan oor die hartseer wat die meisie ervaar omdat die persoon nie dieselfde voel as sy nie, terwyl die donkerder vertrek meer warmte het en die verliefdheid wat sy voel uitbeeld,” verklap Geraldine. “Gerhard en sy span was ongelooflik. Ons het so lekker gelag en ek het werklik elke oomblik van die dag geniet.”

Sommer is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n lekkerluister-wysie, wat haar stem op sy beste laat vertoon. Met dié treffer vestig sy haarself stewig in die musiekwêreld.

The post Geraldine Scholtz: Sommer appeared first on Stage and Screen.