Lizandra Winter Archives - Stage and Screen

Musiek Soos Grond
Nuwe platform in Afrikaanse Musiek gaan groot opslae maak.

Villa Avianto in Bloemfontein en The Big Red Barn te Pretoria, gaan binnekort die tuistes wees van twee baie unieke en betowerende musiek konserte, wat beloof om die mees aangrypende musiek en van die beste talent in Suid-Afrika ten toon te stel!

Musiek soos Grond is die heel eerste van sy soort in die land en gaan sorg vir ’n musiekervaring wat jy beslis nie wil misloop nie. Dié twee konserte is daarop gemik om vir kontemporêre kunstenaars ’n platform te gee om hulle hoendervleis – mooi lirieke, lewensverhale en veelsydigheid op die verhoog met gehore te deel.

Musiek soos Grond se Besturende Direkteur, Rupert van Vuuren noem dat die idee om ‘n platform vir onafhanklike Afrikaanse kunstenaars te skep, waar hul unieke musiek en woorde ten toon gestel kan word, al ‘n paar jaar broei in sy hart. Van Vuuren verduidelik verder dat toe Joshua na die Reën vir hom vra om saam met hom hierdie platform te skep, hy nie vinnig genoeg kon ja sê nie en dat vir hom ‘n voorreg gaan wees om die pad saam met ‘n dinamiese groep kunstenaars te kan stap. Verder gaan elke Musiek soos Grond aand uniek, kosbaar en onvergeetlik wees!

Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Len Muller, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds gaan almal die verhoog deel en nie net hulle eie verwerkings opvoer nie, maar ook saam musiek maak en mekaar begelei.

Joshua na die Reën, wat die musiekproduksie gaan behartig, verklap hy het eendag besef dat mense in die gehoor by konserte soos grond is, waarop musiek val – waar elkeen dit anders ervaar en waar daar vervolgens uit daardie belewenis, iets uniek groei. Juis om hierdie rede wil hulle by elke vertoning ’n afwagting,eerder as ’n verwagting skep, sodat almal saam kom ervaar hoe die aand uitdraai. Vertonings gaan ’n baie vloeibare formaat hê en hopenlik ’n geleentheid skep vir luisteraars om weer die dieper aspekte van musiek en lirieke te waardeer.

Kaleidoskoop se Anique Jordaan, wat betrokke is by die samestelling van dié besonderse projek, verduidelik die idee het ontstaan toe ’n paar van hulle begin gesels het oor die feit dat daar nie regtig ’n platform is vir ‘dieper’ Afrikaanse musiek, sonder balrokke en vuurwerke en met meer vleis om die lirieke, nie. Die konsep van die vertonings is om iets vars, outentiek, eg, organies, akoesties en eerlik op die planke te bring. Daar sal geen agtergrondmusiek wees nie, net lewendige instrumente, stemme en opregte harte. Hulle wil vir mense wys dat daar iets anders is as wat die hoofstroom bied en wil opkomende onafhanklike kunstenaars inspireer en aanmoedig om getrou te bly aan hulself en hulle musiek.

Verder voeg Joshua na die Reën by, dat die kunstenaars wat by die projek betrokke is, almal mense is met dieselfde hart vir musiek, wat as gevolg van ’n sameloop van omstandighede paaie gekruis het, en dat die doelwit is om hierdie konsep te groei, sodat daar in die toekoms meer musikante betrokke kan wees.

Om dit nog meer besonders te maak, gaan dié groep musikante ook saam ’n splinternuwe enkelsnit opneem. Lugballon is ’n pragtige kontemporêre hartsliedjie, met die boodskap dat jou uitkyk op die lewe dikwels bepaal hoe jy situasies hanteer – ons is almal saam met ’n groep mense op reis deur die lewe, maar wat sien jy wanneer jy van bo af kyk..? As mens in ’n spesifieke situasie is, voel jy soms oorweldig. Wanneer jy dit egter van bo af ervaar, lyk jou probleme klein en kan jy die positiewe raaksien, volgens Joshua. Daar is baie negatiwiteit in ons land, maar as ons bereid is om dit uit ’n ander hoek te beskou, sal ons sien hoe mooi dit is en hoe ons soms die mooi in ander mense mis. Dié enkelsnit en ’n musiekvideo sal gedurende Maart 2019 bekendgestel word.

Oor die keuse van toekomstige konsertlokale, noem Anique hulle het venues probeer kies waar die natuur alleen as agtergrond vir die verhoog dien. Dis plekke waar mense lekker kan piekniek hou en ontspan, hulle skoene uitskop en die grond onder hulle voete kan voel.

Buiten vir hoë gehalte musiek, sal gaste ook bederf word met gourmet-geregte, lekker wyn en goeie koffie, om die geleentheid mee af te rond.

Musiek is Grond:

Villa Avianto, Bloemfontein – 27 April 2019

The Big Red Barn, Pretoria – 4 Mei 2019

Deure open om 17h00 en sluit weer om 22h00

Gaste is welkom om piekniekkomberse, kampstoele of kussings te bring om op te sit terwyl hulle saam kuier

Kaartjies beskikbaar by www.musieksoosgrond.co.za

Kaarjie pryse wissel tussen R200 en R250 per persoon

The post Musiek Soos Grond appeared first on Stage and Screen.

Lizandra Winter en Joshua na die Reën: Ek Wil Vir Jou
Nuwe Musiek Video Bring Winter na die Reën

Daar was lanklaas ‘n verwerking van ‘n ou treffer wat so opreg, suiwer en beeldskoon opgeneem is soos nou met Christa Steyn se liedjie, Ek wil vir jou.  Die uiters talentvolle Lizandra Winter en Joshua na die Reën roer die hartsnare en sorg vir ‘n emosie-belaaide weergawe van hierdie pragtige lied.  Die liedjie wat gedurende Februarie 2018 aan radiostasies landswyd uitgereik is, word nou opgevolg met die musiekvideo en gaan beslis asems wegslaan.

In die musiekvideo is Lizandra en Joshua op twee verskillende plekke, maar dit is duidelik dat hulle op dieselfde grond is.  Hulle sing elkeen vanuit ‘n plek van verlange met die smagting na die ander een se nabyheid en alhoewel hulle nooit vir mekaar kyk nie is daar ‘n gedeelte in die video waar hulle baie naby aan mekaar is en rug teen rug staan.  Hierdie is ‘n metafoor vir hoe dinge soms in ‘n verhouding is.  Naby, maar tog so vêr…

“Soms, veral in die gejaag van ons daaglikse bestaan kyk ons na mekaar sonder om mekaar raak te sien.  Om weerloos voor iemand te wees is nie maklik nie, maar dit is in daardie plek van oorgee waar ons mekaar begin vind en waar lewe kan begin”, sê Lizandra.

Die video is op Gerhard en Nettie de Villiers se Gasteplaas, Erfdeel verfilm en vervaardig deur Jean de Villiers van Daville Films, met addisionele materiaal deur Gustav Reyneke en Japie Kruger.

“Omdat hierdie lied regtig eerlik en rou is van aard en ook ‘n tema van ontbloting aanspreek wou ons graag iets simplisties, dog treffend uitbeeld met hierdie musiekvideo.  Ek hoop dat die video in sy eenvoud ‘n groot impak op mense se harte sal hê”. Sê Lizandra.

Ek wil vir jou is ook beskikbaar op Lizandra Winter se debuutalbum en op iTunes

The post Lizandra Winter en Joshua na die Reën: Ek Wil Vir Jou appeared first on Stage and Screen.

Lizandra Winter
Omvou in ‘n Winter Wonderland van Loutere Luistergenot

deur Jaco Lotriet

Sommige aspekte van die Afrikaande musiekbefryf het die laaste paar dekades ‘n afwaartse neiging vanuit ‘n produksie, en musikale oogpunt beleef, wat gekenmerk word deur oorweldigende vier-maat ritmes, lirieke wat skrams en herhalend in die snitte beperk word, asook die menige danstemas wat nietemin enorme aanklank by die luister publiek gevind het. Ter verduideliking, die diepte van ‘n Koos du Plessis produksie, waarmee mens kon vereenselwig met beide musiek en liriek, het ‘n skaarste in ons taal se musiekbedryf geword.

Ten spyte hiervan, beleef Afrikaanse musiek egter ‘n bloeitydperk in hedendaagse tye en daarmee tesame ‘n welkome terugkeer na merkbare behartigenswaardige inhoud. Saam met onlangse vrystellings soos Len Muller, Stella, asook Joshua na die Reën, is Lizandra Winter nog ‘n skynende voorbeeld van ‘n voortreflike musikant wat tans sό ‘n professionele aanslag voer. Haar houding tydens die bekendstelling van haar gelyknamige debuut album onlangs in Pretoria, spreek boekdele wat getuig van haar vreeslose karakter en uitsonderlike selfvertroue. Hierdie eienskappe van haar persoonlikheid voel amper tasbaar vanuit ‘n emosionele oogpunt, wat eweweens in haar komposisies weerspieël word.

Met aanvang van die verrigtinge by haar album bekendstelling, het Jacques de Villiers, of Joshua na die Reën soos ons hom ken, die musikale toon gestel met sy vlytige klaviervernuf, wat sodoende die weg gebaan het vir Lizandra Winter se verskyning. Verskeie wentelinge in Lizandra Winter se musiekloopbaan tot op hede, het gelei tot haar eie solo projek.

Die album bestaan uit dertien keursnitte wat ‘n wye spektrum genre insluit. Die verbeeldingsryke milleu van hierdie album word geskets met rock, pop, asook ‘n paar emosiebelaaide ballades wat die luisteraar ontvoer na plekke wat ongetwyfeld introspeksie ontlok. Moenie verras wees as jy tydens hierdie reis van vereenselwing en selfontdekking begin saam sing nie. Die mezzo-sopraan se register dek vele oktawe. Haar vokale meetgreens strek van ‘n fluweelsagte alto stem, wat met ‘n crescendo tot suiwer, moeitelose klanke, as verstommend beskryf kan word.

Die openingslied Geraas voel so in pas met die stemming van die die album in sy geheel – ‘n sodanige huldiging aan musiek se plofbare krag om die swaarkry van die alledaagse lewe te vergemaklik. Met ‘n sterk orkestriële en klassieke aanslag, is hierdie snit verwerk deur haar man, Ryhno von Hagen. Winter Kom, sinspeel daarop dat selfs die koue van die winter seisoen van die lewe ook ‘n positiewe ligpunt het.

Met Die Begin kondig Lizandra aan ‘Hier is ek, Wêreld!’ Die koor gedeelte bevat ‘n besonderse melodiese goedvoel kinkel, geondersteun deur ‘n lekker rock ritme wat die luisteraar laat voel of tyd werklik stilstaan, soos die lirieke aanvoer. Verder verdien Fluister erkenning as deel van die Afrikaanse film en lokettreffer, Vir Altyd – ‘n treffende pop-rock liedjie wat daaroor handel dat ‘n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is.

‘n Spesiale duet met Joshua na die Reën, op wyle Christa Steyn se Ek Wil Vir Jou, beloof om selfs die kritieste oor te beïndruk. My nuuskierigheid het nog altyd die oorhand gekry deurdat ek daarvan hou om te weet watse invloede, musikante se eie musiek inspireer. In hierdie lig, tydens die vrystelling van haar album, het Winter ‘n roerende weergawe van Bruce Springsteen se Dancing in the Dark opgevoer. Met enkele kitaarbegeleiding, het die woorde van die outydse treffer opnuut die gehoor laat regop sit om notisie te neem van die opregte teerheid vasgevang in die lirieke.

‘n Album van hierdie kaliber verg besonderse dissipline, insig en deursettingsvermoeëns. Met behulp van ‘n span uitstekende musikante, vervaardigers en verwerkers, het Winter se droom om mense met haar fluweelsagte stem en inspirerende komposisies aan te raak, gewis verwesenlik. Sy noem dat as haar musiek luisteraars kan help om met nuwe oë na hulself en die lewe te kyk, sodat hulle weer opnuut besef waaroor dit alles eintlik gaan, dan het die album en haar musiek bereik wat dit moet. Ek kan ontoesêglik noem dat indien dít die stof is waarvan drome gemaak word, sal Lizandra Winter nog tot groter hoogtes styg in haar musikale loopbaan vorentoe en allermins nie teleurstel nie…

Luister na Fluister hier:

The post Lizandra Winter appeared first on Stage and Screen.