Margot Luyt Archives - Stage and Screen

Review: Uitvlucht
Die kronkelpad van volwasse liefde, in ‘n storie van hoop en genade.

Deur Jaco Lotriet

Anna is ‘n gebroke, middelklas vrou in hierdie genadevolle moraliteit spel, onder die regie van bekroonde Suid-Afrikaanse film en televisie reggiseur, Regardt van den Bergh. Haar gemoedstoestand is gewikkel in ‘n stryd met haar gewete, as gevolg van haar diep Christelike waardes. Dié worsteling lei eindelik tot ‘n beduidende misstap wat haar duur te staan kom. In ‘n desperate oorlewing skuif, distansieer sy haarself van enige konflik, deur haar te skaar met ‘n klein plattelandse gemeenskap in die mooie Langkloof, Oos-Kaap. By die klein plaasskooltjie, Uitvlucht, speel die intrige hom af. Die nuwe dinamiek waarin sy haarself bevind, bemoeilik die situasie net verder… Ironies genoeg, is die titel van die film ook die een woord wat haar situasie versinnebeeld.

Clara Joubert en Regardt van den Bergh by die Premiere van Uitvlucht

In ware Regardt van den Bergh styl, word Uitvlucht vertel vanuit die oogpunt van ‘n alledaagse lewe, gevul met wanhoop en uitdagende struikelblokke. Die onderliggende geestelike tema word gebalanseer deur drama en humor wat ontvou met die verloop van die liefdesverhaal. Moet glad nie ‘n soetsappige liefdesverhaal verwag nie maar liewer ‘n geïmpliseerde liefde tussen die twee hoofkarakters wat stelselmatig verdiep met die verloop van die film.

Uitvlucht word aan die gehoor oorgedra vanuit ‘n verteller oogpunt, deur pastorale figuur Joshua, vertolk deur gesoute veteraan akteur, Carel Trichardt.  Trichardt kan onthou word as die stem agter televisie kinderkarakter Knersis en speler in ander produksies soos Vyfster. Hierdie vorm van verhaal oordrag skep ‘n verwagting by die kyker van meet af met die vergunning van ‘n noukeurig deurdagte draaiboek. Laasgenoemde verleen ‘n egtheid aan die produksie en die universele temas laat die gehoor nadink oor die gebeure wat uitspeel op die skerm.

Mede-Vervaardiger, Lika Berning

Die rol van Anna word vertolk deur Clara Joubert van den Bergh, wie voorheen te sien was as Hes in die tv reeks, Orkney Snork Nie, en meer onlangs in Kyknet se Terug na Egipte. Haar karakter in Uitvlucht ontlok ‘n wipplank van emosies by die kyker deur haar saggeaarde, moederlike figuur, wat in sterk kontras staan met haar donker kant. As kyker, voel jy die angs wat sy ervaar en kry jy haar innig jammer. Tog is dit moeilik om te verwerk dat ‘n liewe vrou soos Anna vir haarself so baie moeilikheid kon veroorsaak het. Clara se deurdagte spel is ontoegeeflik afgerond en spruit uit die feit dat sy as draaiboek skryfster van die film, die verhaal losweg gebasseer het op haar eie lewens ervaringe. Dit dra juis by tot die egtheid van die storie en vereenselwiging met die karakter, al het jy nog nooit in haar skoene geloop nie.

Die karakter van Dok word vertolk deur Stian Bam. Bam is bekend vir sy rol in Sean Else se Modder en Bloed, en word ook eersdaags te sien in sy nuwe film, My Father’s War. As Anna se silwerdoek liefde, dien sy karakter as teenwig teenoor hare. Bam se sensitiewe oorlewering is pryssenwaardig en sy toenadering tot Anna voel ongemaklik en selfs onbeholpe. Dit is sy sagte gees wat Anna orreed om haar hart eindelik vir hom oop te maak. Bam se vertolking van Dok laat mens wonder of dit die tipe man is waarna alle mans kan nastreef, met verwysing na sy persoonlikheid en wat ‘n vrou in ‘n man sal wil soek.

Geo Höhn, Uitvlucht se Maestro

Alhoewel ek gewoonlik hoofkarakters of uitstaande spel uitsonder, is die byspelers eweweens belangrik in elke produksie, waarvan Uitvlucht natuurlik geen uitsondering is nie. Die rolverdeling is ‘n lang lys van welbekende akteurs, waaronder Clyde Berning van Known Gods, Artes wenner Margot Luyt en Jill Levenberg van televisie geledere. Veteraan verhoog akteur Neels Coetzee, as Oom Sammie en Oscar Petersen in die rol van Pieta, dra ook by tot ‘n unieke vertolking van die verskillende kulture in die storie. Bas, gespeel deur Marvin-Lee Beukes, is ‘n relatiewe nuweling op die grootskerm, en speel as Dok se betroubare linkerhand. Sy karakter se kombinasie van skerp humor, waarneming en simpatie is verfrissend deur die loop van sy rol.

Merkwaardig genoeg, is die 48 leerlinge van Uitvlucht skool, wat onder die rolverdeling tel en hoegenaamd nie hoef terug te staan vir enige professionele akteur nie. Hierdie klas vol kleurling kinders se eerlike vertolkings verleen verder ‘n egtheid aan die produksie. Dit is duidelik te siene in elke toneel waar hulle met vrymoedigheid en spontaneïteit hul spesiale merk van humor aan die kyker oordra.

Ek het voor die vertoning die voorreg gehad om skouers te vryf met Geo Höhn, maestro en komponis van Uitvlucht en vele ander produksies, onder andere Verskietende Ster, wat tans draai. Hy het my trots vertel hoe ‘n groot eer dit vir hom is om sy werk in moderne rolprente te hoor. “’n Mens sit nagte om, alleen in jou studio en werk hard om jou musiek sover te kry om die storie te vertel”, het hy gesê. Höhn se deskundige finesse doen die film gestand, deur die gehoor mee te sleur in Anna se wêreld. Ek sien met opwinding uit na sy volgende projek.

Vaughan Gardiner en sy vroutjie, wie beide verantwoordelik is vir Uitvlucht se temalied.

Vaughan Gardiner se temalied Bou Aan Liefde, verwesenlik die gevoel van die film met gemak. In ‘n vorige onderhoud, het Vaughn vertel dat hy en sy vrou dadelik geweet het wat die gevoel van die liedjie moet wees, direk nadat hulle die eerste rowwe weergawe van die rolprent gesien het. “Sy het weggespring met die lirieke en dit was sommer vir my maklik om die regte melodie vir die liedjie te skryf, want dit is ‘n film wat ‘n mens nie net kyk nie, maar wat jy ook voel…” het Vaughn in die onderhoud vertel.

‘n Film soos Uitvlucht bevat heelwat natuurskote wat as vertoonvenster van ons prentjie-mooi land dien. Kinomatograaf Zenn van Zyl het hom goed in hierdie taak gekwyt. ‘n Mens hoop dat nog meer produksies in die toekoms in die Oos-Kaap verfilm sal word.

Regardt van den Bergh en sy vrou Clara, tesame met vervaardigers Vlokkie Gordon en Lika Berning, het daarin geslaag om ‘n treffende, egte storie van hoop, genade en van liefde wat alles oorwin, op die grootskerm te verwesenlik.

Uitvlucht word met trots aangebied deur Movies for LIve en Advantage Entertainment, in samewerking met kykNET films en die Development Corporation en word op 13 Mei 2016 in Suid-Afrika in teaters uitgereik.

The post Review: Uitvlucht appeared first on Stage and Screen.

Vaughan Gardiner sing Uitvlucht se Temalied
Bou aan Liefde, die amptelike temalied van die nuwe Afrikaanse film Uitvlucht, was gedurende die week van 8 Februarie bekendgestel.

Vaughan Gardiner, bekende sanger, liedjieskrywer en vervaardiger, het hierdie pragtige lied spesiaal vir Uitvlucht geskryf.

“Dit is ‘n ongelooflike voorreg om hierdie liedjie in Uitvlucht te hê,” sê Vaughan. “Alishia van Deventer van Starburst Promosies het my gekontak en gevra of ek belang sal stel om die temalied te skryf en ook om die liedjie te sing.”

Uitvlucht is regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se jongste film en is ‘n drama wat die verhaal vertel van Anna (Clara Joubert van den Bergh) wat alles in haar lewe verloor weens ‘n misstap, maar wat dan werk kry op die plaasskooltjie, Uitvlucht.

Met die ondersteuning van ander onderwysers en Dok (Stian Bam), ‘n vriendelike boer wat die skool besoek en haar bevriend, leer sy om haarself te vergewe en begin aanvaar dat iemand dalk weer lief vir haar kan wees. So raak sy betrokke by die skoolkinders se lewens en hul hartseer en probeer vir hul ook redding bied.

“Ek en my vrou Nerine het die rowwe weergawe van die film gekyk en dadelik geweet wat die gevoel van die liedjie moet wees. Sy het weggespring met die lirieke en dit was sommer vir my maklik om die regte melodie vir die liedjie te skryf, want dit is ‘n film wat ‘n mens nie net kyk nie, maar wat jy ook voel,” sê Vaughan.

Uitvlucht is ‘n storie van hoop, genade en van die liefde wat alles oorwin.

Oscar Petersen, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichart is ook te sien in die rolverdeling.

Uitvlucht word op 13 Mei 2016 in Suid-Afrika deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

The post Vaughan Gardiner sing Uitvlucht se Temalied appeared first on Stage and Screen.

Uitvlucht
Nuwe film van Regardt van den Bergh.

Hoogs suksesvolle skrywer, regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se nuwe Suid-Afrikaanse film, Uitvlucht, word op 13 Mei 2016 landswyd uigereik en nou kan lesers na die eksklusiewe lokprent van hierdie opwindende rolprent loer!

Uitvlucht vertel die verhaal van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n konserwatiewe middelkasvrou wat met vuur speel en alles wat saak maak in haar lewe verloor. Tydens haar reis om self-ontdekking en vergifnis, kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam ‘Uitvlucht’.

Stelselmatig begin sy herstel en besluit om die lewe weer vierkant in die oë te kyk en ontmoet in die proses ’n saggeaarde, alleenloper-boer, Dok (Stian Bam) wat haar bevriend en haar weer in haarself laat glo.

Sy ontdek ook weer haar rede om bestaan soos sy nouer betrokke raak by die kindertjies se geluk en hartseer en tree op as heldin in hul lewens teen die swaar in hul lewens, onder meer molestasie, hul ouers en ander familielede se drankmisbruik, die gemeenskap wat die wet in hul eie hande wil neem en mense wat geen ontsag vir ander se swaarkry het nie.

Anna vind die uitvlug waarna sy smag en op haar beurt bring sy uitvlug na die gemarginaliseerde skooltjie wat desperaat veg om voort te bestaan en ook na die gemeenskappe wat slagoffers is van armoede en uitbuiting in haglike lewensomstandighede.

Uitvlucht is ‘n ware plaasskool in die voetheuwels van die Suurberge in die Langkloof in die Oos-Kaap. Soos baie plaasskole is daar geen hulpbronne en moeilike sosiale uitdagings vir die gemeenskappe, soos alkoholmisbruik, kindermishandeling, ongeletterdheid en gesinsgeweld.

Die plaaslike gemeenskap was van onskatbare waarde tydens die verfilming van die film en veral die kinders van die skooltjie het gewys hul hoef nie terug te staan vir enige professionele akteurs nie.

Regardt sê: “Om die egtheid nog meer te onderstreep, is daar op die Uitvlucht-skooltjie self geskiet en met die skool se eie kinders. Hierdie leerders het ieder en elk verbaas met hulle natuurlike spel en vrymoedigheid voor die kameras.

“Daar is 48 kinders wat almal deel van die filmmaak was. Hulle lewendigheid en spontaneïteit was so aansteeklik en inspirerend. Dit was ’n vreugde om in ’n werklike klassituasie hulle spontaneïteit en interaksies te skiet.”

Volgens die vervaardigers, “praat die storie oor die ontsagwekkende grootheid van God se genade in die lewe van ’n gewone sondaar, en ook oor die bruin gemeenskappe op plase se stryd om ’n behoudend te lewe te leef.

“Dis ’n storie van hoop in ’n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin…”

“Ek is baie opgewonde oor Uitvlucht, hierdie fliek is uit die hart. Die kindertjies is Hollywood-sterre! Of mens kan net sê, hulle is almal filmsterre,” sluit Regardt af.

Ander akteurs wat in die rolprent verskyn, is Jill Levenberg, Oscar Peterson, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichardt.

Uitvlucht is vervaardig in samewerking met kykNET en die Industrial Development Corporation en is geskryf deur Regardt van den Bergh en Clara Joubert van den Bergh, met Vlokkie Gordon en Regardt van den Bergh as vervaardigers en Lika Berning as mede-vervaardiger.

Die rolprent word landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

UITVLUCHT open op 13 Mei 2016 in fliekteaters landwyd en word versprei deur Ster Kinekor Entertainment.

The post Uitvlucht appeared first on Stage and Screen.