Mjön van Blommestein Archives - Stage and Screen

Saarkie: Lang Pad
Girl Rockband stel nuwe musiekvideo vir enkelsnit Langpad bekend!

Girlband Saarkie verklap dat hul nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl hulle aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan die trio ook soos tyd nie stil nie, maar bou hulle elke dag verder aan hul plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die konsep van die video is uitgedink deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen, die mede-regisseur, redigeerder en kameraman, Mjön van Blommestein, die mede-regisseur asook kameraman, Thabi Modotuane, en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.

Langpad is die tweede enkelsnitvrystelling vanaf hulle Ghoema-bekroonde, Beste Rock– Album, Queen van die Toorbos, wat vroeër vanjaar uitgereik en baie goed deur die publiek ontvang is. Dié pop-rocksnit beklee tans die nommer een posisie op Lekker FM se Top 40-treffersparade en gaan oor die pad wat jy moet stap om te kom waar jy is.

Soos Saarkie aandui – niemand wil alleen deur die lewe gaan nie. Wanneer jy iemand langs jou het, wat die lewenspad saam met jou kan stap, gee dit jou rustigheid. Vriende en familie speel ook ’n rol om die langpad korter te maak.

Langpad is deur Adèle en Mjön geskryf toe hulle op pad terug was van ’n ooievaarspartytjie en hulle iets moes doen om wakker te bly en veilig by die huis te kom na die ver pad wat hulle moes ry.  Die liedjie is gewild onder aanhangers, wat reeds saam sing en dans, en het ’n tema waarmee almal kan vereenselwig omdat ons elkeen iemand het, wat saam met Saarkie ’n pad stap.

Langpad volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystelling, Vir Altyd, wat vir sewe weke bo-aan Lekker FM se Top 40 gekuier het en ook vir tien weke deel was van Bosveld Stereo se Top 20. Die musiekvideo, wat uit beeldmateriaal bestaan wat regoor die land geskiet is, is reeds deur meer as 10 000 kykers op YouTube gesien.

Langpad  is net weereens ’n bewys van Saarkie se vermoë om deur middel van hulle kopskud-lekker rockmusiek ’n kragtige boodskap oor te dra, wat direk met die hart praat. Die video is simbolies van die groep se vooruitgang en is maar net ’n voorsmakie van die opwindende dinge wat hulle vir die toekoms beplan!

The post Saarkie: Lang Pad appeared first on Stage and Screen.

Saarkie: Vir Altyd
Suid Afrika se gunsteling meisie rockers reik nuwe enkelsnit uit.

Na agt suksesvolle jare in die musiekbedryf, het Saarkie beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie Ghoema – bemoemde groep – Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo het ook ‘n South African Music Awards (SAMA) toekenning losgeslaan met Beste Rock-Album. Die trio het pas ’n nuwe enkelsnit vrygestel, wat nie net uit die staanspoor positief ontvang is nie, maar ook bewys hoekom hierdie groep “vir altyd” ’n plekkie op die Suid-Afrikaanse verhoog sal hê.

Vir Altyd bou voort op die elektries-akoestiese, bars-uit-jou-nate-uit wenresep, waarvoor dié groep bekendheid verwerf het en kan beskryf word as ’n mengsel van moderne Pop en Rock. Die liedjie is geskryf deur Adèle Fouché en Mjön van Blommestein en verteenwoordig die goeie plek waarin die Saarkies hulleself tans bevind. “Almal het iemand wat hulle vir altyd in hulle lewe wil hê, selfs al droom jy nog net van ’n ontmoeting met so ’n persoon. Die lied vertel van iemand se begeerte om sy of haar drome uit te leef saam met hierdie persoon, vir altyd…,” vertel hulle entoesiasties. “Ons dink mense sal daarvan hou omdat die universele boodskap met jonk en oud praat. Dis ook een van daardie liedjies waarop almal kan dans en saamsing. ”Daar word ook ’n musiekvideo vir hierdie treffer beplan en die beeldmateriaal is glo regoor die land geskiet.

Die snit is die eerste vrystelling vanaf hulle vierdie album, Queen van die Toorbos, wat later vanjaar uitgereik word. Volgens hulle, kan luisteraars uitsien na nuwe klanke, soos klavier- en tjellomusiek wat by seker ballades ingewerk is en lekker kitaarsolo’s by die rockliedjies. Elf oorspronklike snitte en drie verwerkings van bekende gunstelinge, soos Stille Waters, deur Laurika Rauch, I’m On Fire van Bruce Springsteen en Beds are Burning deur Midnight Oil, vorm deel van die speellys en die titelsnit word uitgesonder as hulle gunsteling. “Die lirieke vertel ’n opwindende ﬁksionele verhaal, met ’n verrassende storielyn. Instrumenteel is dit ’n opwindende liedje om op te voer en ons hou veral van die mondﬂuitjie. Die beste van alles is dat Queen van die Toorbos ’n energieke reaksie uit die gehoor lok en ons mal is oor daardie gevoel,” verduidelik hulle. “Dis ’n Pop-rockalbum, met ’n Saarkie-benadering. Dit bevat woorde vir die hart, energie vir die siel… en solo’s vir die vale!”

Over the Sea, ook vanaf die nuwe CD, is geïnspireer deur staaltjies, wat hulle vriende wat op skepe werk, met hulle gedeel het. “Dit gaan oor hoe ’n mens na ’n ver plek toe seil om jou drome waar te maak. Die avontuur wat die see inhou, en die misterie wat aan die oorkantste wal lê. Die liedjie het ’n reggae-gevoel, amper soos UB40, met mooi harmonieë, ’n lekker ritme en ’n pragtige melodie. Dit voel amper of jy langs die strand sit met ’n skemerkeltjie wanneer jy daarna luister,” verklap hulle. Die musiekvideo is tydens die STRAB-musiekfees in Mosambiek verfilm en laat verlede jaar op YouTube gelaai as lusmaker vir die nuwe album.

Sedert dié rockers in 2009 hulle debuutalbum, Luister, vrygestel het, het hulle nog nooit weer teruggekyk nie en het hierdie handelsnaam behoorlik kom nesskop in musiekharte. Sneeu in Afrika, die eerste musiekvideo wat uitgereik is, was ’n kitssukses en is baie op MK gespeel. Identiteit is vanaf 2011 op die rak en het voortgebou op hulle groeiende sukses. Die album is opgeneem en verwerk deur Sean Manley en Zanda Traut, by Manley Studios in Pretoria en bevat ’n snit uit die pen van Rock-legende, Jan Blohm, met die naam Nader Aan My. ’n Musiekvideo van die titelsnit is kort na die vrystelling deur Blixem Produksies verfilm en word steeds op DStv uitgesaai. Reisiger, hulle derde album, is in Maart 2015 uitgereik en het verskeie radiotreffers opgelewer, waaronder Dullstroom, Somerjare en Kamers van my Hart.

Saarkie beplan om binnekort die land plat te toer om hulle nuwe CD te bemark en werk ook aan verskeie musiekvideos. Die dames het groot bewondering vir elke musikant wat bereid is om hul hart met ’n gehoor te deel en lys Foo Fighters, Zolani Mahola, Joshua na die Reën, Karen Zoid, Muse en Koos du Plessis as hulle grootste inspirasie. “Ons sal ook nog saam met Albert Frost of Dan Patlansky wil musiek maak want hierdie manne weet van rock!”, verduidelik hulle. Hulle droom daarvan om internasionaal naam te maak en gehore na hulle asems te laat snak met hulle musiek. As die unieke verhoogpersoonlikheid, sinergie en verslawende ritmens van die verlede enigsins ’n aanduiding is van hulle nuutste werk, kan aanhangers maar nader staan om te kom kop skud, want daar is min kunstenaars wat Afrikaans kan laat rock soos hierdie evas!

The post Saarkie: Vir Altyd appeared first on Stage and Screen.

Saarkie: Vir Altyd
Nuwe Video vir Girl Band Saarkie

Suid-Afrika se gunsteling-meisierockers het pas die musiekvideo vir hul enkelsnit, Vir Altyd, vanaf hulle opkomende album, Queen van die Toorbos, uitgereik.

Vir Altyd bou voort op die elektries-akoestiese, bars-uit-jou-nate-uit, wenresep waarvoor dié groep bekendheid verwerf het en kan beskryf word as ’n mengsel van moderne Pop en Rock. Die liedjie is geskryf deur Adèle Fouché en Mjön van Blommestein en verteenwoordig die goeie plek waarin die Saarkies hulleself tans bevind. Die liedjie vertel van iemand se begeerte om sy of haar drome uit te leef saam met die ideale persoon, vir altyd… Die musiekvideo is deur Girl with Hat vervaardig en die beeldmateriaal is glo regoor die land, met die grootste gedeeltes in Mpumalanga, geskiet.

Saarkie bestaan uit drie pragtige en talentvolle musikante. Adèle Fouché is die hoofsanger en liedjieskrywer en speel ook kitaar en mondfluitjie. Lila Botha speel dromme en doen ook een van die agtergrondstemme in die groep. Erika Pretorius is die nuutste toevoeging tot die Saarkies en het in 2016 by die groep aangesluit. Sy is verantwoordelik vir die baskitaar, klawerbord en tweede agtergrondstem.

The post Saarkie: Vir Altyd appeared first on Stage and Screen.