Modder en Bloed Archives - Stage and Screen

Ons Praat met Edwin van der Walt
Edwin van der Walt speel die rol van Dap Smit in My Father’s War:  “Ek is Verlief op hierdie rol”

Deur Louw Mulder, Geredigeer deur Hanri Wondergem

Edwin van der Walt

Daar was oor die afgelope paar jaar ‘n oplewing in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Dit het tot gevolg dat Suid-Afrikaanse akteurs se loopbane fyn dopgehou word. Een van die Suid-Afrikaanse akteurs wat sy staal deur veelsydigheid wys, is Edwin van der Walt. Die eerste filmrol wat hy vertolk het was in Hollywood in my Huis. Vandaar het sy loopbaan vlam gevat en was hy te siene in Die Pro, Ballade vir ‘n Enkeling, Modder en Bloed, en nou, die lang verwagte My Father’s War.  Ons is die geleentheid gegun om dié akteur beter te leer ken.

As seuntjie van net nege jaar oud het Edwin sy passie vir toneelspeel uitgeleef deur byvoorbeel karakters soos Mr. Bean na te maak. Edwin het uitgeblink in rugby en dit oorweeg om dit sy loopbaankeuse te maak. ‘n Sameloop van omstandighede en ‘n passie vir toneelspeel het hom egter in ‘n ander rigting gestuur. Hy het by die Universiteit Stellenbosch ingeskryf vir ‘n BA-graad in Drama.

Hollywood in my Huis

“Dit was in Stellenbosch waar ek gegroei het, en waar ek my toolkit gekry het om the act,” vertel hy oor die verhoog wat aanvanklik sy speelveld was. Die produksie, Bos, was sy eerste verhoogstuk, onder leiding van regisseur Marthinus Basson. Basson het ook die regie van A Cock and Bull Story, waarin Edwin saam met Dean-John Smith te sien is, behartig. “Teater was my pad na die rolprent bedryf toe, maar ek sal altyd terug keer teater toe. Dit is daar waar jy jou toolkit weer vol maak. Teater het ‘n ander fokus en hou jou nederig,” sê Edwin.

Drama is in sy are en met die lokket-treffers, Ballade vir ‘n Enkeling en Die Pro, het gehore aan Edwin se lippe gehang, angsbevange het hulle toegekyk hoe ‘n mede-karakter in sy arms sterf. “Emosionele tonele challenge ‘n akteur so baie,” verduidelik Edwin, “Ek self is ‘n sensitiewe en emosionele mens.” Daarom, sê Edwin het hy uit die staanspoor besluit om op ‘n emosionele vlak met sy karakters te verbind. “Sodat ek regtig kan voel wat daardie persoon op daardie stadium sou voel.”

Tiaan in Die Pro

Die Pro was die eerste rolprent wat vir Edwin uitgedaag het om diep in sy eie emosies te delf. Self het hy nog nooit ‘n baie goeie vriend aan die dood afgestaan nie. Hy vertel dat hy, saam met regisseur Andre Veltz, op ‘n emosionele reis moes gaan om die karakter beter te verstaan. “Ek moet gedruk word om te voel wat daardie persoon sal voel, om darem justice te doen daaraan vir iemand wie al regtig daardie seer gehad het.”

Dan is daar die kenmerkende toneel uit Ballade vir ‘n Enkeling: ‘n skreeuende Jacques Rynhard met sy pa in sy arms. Dié is pas noodlottig gewond. Jacques Rynhard dink hy het self die sneller getrek en die doodskoot gegee. “Voor daardie toneel, toe Jacques gedink het hy het sy pa dood geskiet, het ek myself afgesonder om in daardie zone in te gaan, om myself in te leef wat hy moes deurmaak, maar ek het besluit om rou in daardie oomblik in te gaan toe ons die toneel gaan skiet het. Dit was als in daardie oomblik.”

Ballade vir ‘n Enkeling

“Die maklikste emosies om te speel, is die wat die verste is, en die moeilikste emosies, is die wat naby is.” Hy probeer verduidelik: “Partykeer maak dit nie vir my sin nie. Ander kere doen dit.”

Edwin erken dat hy ‘n rebel-streep in hom het. Dan verwys hy na die “rebelse fase” wat hy in sy hoërskooljare beleef het. Maar dit spyt hom nie, hy kon daaruit leer en nou kan hy hom vereenselwig met ‘n karakter wat ‘n rebel is. “Ek wil nie net ‘n rebelse rol speel omdat dit nog ‘n rol is nie. Ek moet in detail verstaan hoekom daardie karakter rebels is, sodat elke rol nie dieselfde vertolk word nie.”

Met hierdie volwasse uitkyk op sy professie, is dit geen wonder dat hy in sy loopbaan reeds hoë hoogtes bereik nie. Die genre maak nie vir hom soveel saak soos die karakter nie. Sy karakter in My Father’s War is een van die eerste rolle wat hy vertolk waar die karakter ouer is. Dit maak die karakter meer ingewikkeld, aldus Edwin.

Modder en Bloed

‘n Diep siel met baie liefde in sy hart, baie vrae oor die gebrek aan ondersteuning van sy pa, baie vrae oor die lewe en daarom die rebelse manier. Dit is wat Edwin verklap oor die karakter, Dap Smit. “Dap is ‘n komplekse jong man, soos ‘n seun sou wees wat op 19-jaar oud nog nie ‘n pa gehad het nie, en hom graag daar sou wou hê.” Dan voeg hy by: “Ek is verlief op hierdie rol.”

Oor die verhaal self het hy die volgende te sê: “Ek dink die verhouding tussen pa en seun, dit waaroor die storie gaan, is ‘n metafoor vir ander verhoudings. Die film gaan daaroor om vir mense te wys hoe hulle optree teenoor mekaar, en hòè eerlik en reguit hulle teenoor mekaar is. Ons steek soveel dinge vir mekaar weg, wat eintlik gesê moet word.” En dan ‘n brokkie wysheid: “Die waarheid sal jou vry maak, en dit is wat vir my ongelooflik is, dat die Smit familie die nodige stappe gevat het om weer gesond te word. Seer plekke moet eers rou word, voor dit gesond kan raak.”

My Father’s War

Vir Edwin, was die hele My Father’s War –ervaring ‘n avontuur, ‘n ontdekkingsreis oor ‘n deel van die geskiedenis wat aan hom onbekend was. “Ek was geskok om te leer hoekom die grensoorlog gebeur het. Ek het met regte rekkies gepraat, wat my laat insien het waaroor die oorlog gegaan het… en nie gegaan het nie.” Met sy goeie vriend, Stian Bam aan sy sy (Stian vertolk die rol van Dap se pa) is die ontdekkingsreis aangepak. En dit was omtrent ‘n reis – veral die helikoptervlug met ‘n “regte rekkie vlieënier”. “Dit was so cool.”

Buiten vir Stian , vir wie Edwin baie respek het, is sy gunsteling Suid-Afrikaanse akteur Jacques Bessenger. Jacques was ook saam met Edwin in Ballade vir ‘n Enkeling en Modder en Bloed. “Jacques is so amazing, en ek het baie tyd vir hom. Sy spel kry iets reg wat min akteurs reg kry, en dit is basies om so min as moontlik te doen, deur so veel as moontlik daaruit te sê.” Van al die Afrikaanse rolprente die laaste tyd, was Sink Edwin se gunsteling: “Ek het dit gekyk by die Silwerskermfees en dit was die eerste film waar ek gevoel het Suid Afrika is besig om boundaries te skuif.”

Tyd vlieg in die teenwoordigheid van iemand soos Edwin van der Walt. Hy praat maklik oor sy filosofieë oor acting, die lewenslesse wat hy uit sy rolle leer. Hy lag en skert oor snaakse dinge wat al op stel gebeur het.

Saam met Stian Bam in My Father’s War

Edwin straal ‘n opregte menslikheid uit wat my tot die besef bring dat die rolprentstêrre op die silwerdoek maar ook net mens is. En na net dertig minute voel dit of ek en dié akteur al vir jare vriende is.

Vrye tyd is min vir Edwin, daarom sien hy sy mooie meisie nie so gereeld nie. As hy die dag tyd het, vang hy ook graag vis saam met sy pa. Hy werk tans aan Rock What You Got, potgooie van onderhoude met Suid-Afrikaanse akteurs, musikante, politici en entrepreneurs. Edwin voer self die onderhoude oor onder meer swaarkry tye, suksesverhale en lesse vir die jonges. Sy volgende uitdaging voor die kamera is die rolprent Jagveld, maar intussen wag daar ‘n lang toer deur Suid Afrika met A Cock and Bull Story.

Van ‘n arm outjie wat gebreide onderbroeke moes dra tot ‘n talentvolle skrywer wat die bullebakke in ‘n verbeteringskool moes oorleef. Van ‘n gebroke takhaar surfer boy van Vlakplaas, tot ‘n jong man wat amok maak in ‘n konsentrasiekamp tydens die boere oorlog… Edwin staan nie terug vir enige rol nie. Volgende, is hy te sien op die Grens as ‘n rebelse jong man wat deur die waarheid vry gemaak word. Sien Edwin van der Walt in My Father’s War, wat op 5 Augustus in fliek-teaters landwyds begin draai.

The post Ons Praat met Edwin van der Walt appeared first on Stage and Screen.

A Cock & Bull Story
Richard Zajdlic and Richard Crowe’s “knockout hit play” comes to Montecasino.

A Cock & Bull Story is the localised reimagining of British playwrights Richard Zajdlic and Richard Crowe’s blockbuster play of the same name. At the hand of Quentin Krog, director of the film Ballade vir a Enkeling, and actor Geon Nel, the setting is transferred to contemporary suburban Cape Town.

The production features Edwin van der Walt from Ballade for a Enkeling, Hollywood in my Huis, Die Pro and Modder en Bloed, and also My Father’s War, which starts at cinemas in July.   Alongside van der Walt will be Dean John Smith, who was the 2014 Fleur du Cap Award winner for Most promising Student.  Undoubtedly, van der Walt and Smith are two of South Africa’s most promising young actors, and can be seen under the direction and design of Marthinus Basson with lighting designed by Chris Pienaar.

TJ (Dean-John Smith) is a promising young boxer on the eve of a bout that could make or break his career. He is waiting for his friend Jaco (Edwin van der Walt), who always prepares him both mentally and physically for his fights. TJ’s confidence has waned after a recent humiliating defeat against tonight’s opponent – and Jaco is late.

For TJ boxing is not just a passion, it’s an escape from his lower middle-class background and a passport to a better life. Jaco on the other hand has to measure himself against the long shadow cast by his father, a local legend with underworld connections and notoriety as a street fighter.  But tonight is a battle of a different kind. Instead of measuring their strength in the ring TJ and Jaco will test the limits of friendship in the locker room.

This exciting two-hander is filled with testosterone induced male bravado, from bragging about girls to locker room chatter and excessive physicality. However, underneath this veneer is a delicate exploration of friendship, sexuality and mutual dependence.

Gritty and fierce, the characters are challenged psychologically and physically, making for an exciting, emotional and gripping journey of discovery.

Praise for ‘Cock and Bull Story’: “Burns with frightening aggression and authenticity. No punches pulled, so be warned.”   City Limits

“Cock and Bull Story convincingly dares to shatter the myths of class and masculinity.” The London Guardian

“A not-to-be-missed battle of brawn versus brains.  What’s great is that it’s not simply the story of a spirited young boxer who goes for gold, but ultimately the story about the fighter and lover in all of us. The rich text, crackling with witty banter and loaded with physical and emotional conflict, motivates the actions of two men trying their best to save a friendship that means more than winning the game. If you’re looking for intelligent theatre with punch and vigour, Cock And Bull Story is just what you need. Exceptional.” Daniel Dercksen – The Writing Studio

STUDIO THEATRE, MONTECASINO

8 June – 3 July

Wednesdays – Fridays – 20:15

Saturdays – 16:15 & 20:15

Sundays – 15:15

Tickets from R130.00 to R165 and available from www.computicket.com

The post A Cock & Bull Story appeared first on Stage and Screen.

Modder en Bloed
Ontberings, uithouvermoë, Die Dapper Aanvaarding van ‘n Uitdaging – En die Trots van ‘n Nasie …

Moed, dapperheid en kameraadskap vorm die kern van nuwe Afrikaanse film, Modder en Bloed

In 1901, terwyl die Anglo-Boeroorlog in Suid-Afrika woed, word Boere-kryger Willem Morkel (Stian Bam) se vrou en engiste kind deur Britse soldate vermoor. Willem word gevange geneem en verban na die eiland van St. Helena waar ander Boere ook as krygsgevangenes aangehou word.

Daar is geen genade vir hulle nie, onder verskriklike omstandighede word elke dag ’n stryd om oorlewing, maar dit wakker die kameraadskap onder die mans aan, en hul word soos familie.

Kolonel Swannell (Grant Swanby) is in beheer van die konsentrasiekamp en het ’n vurige haat vir die Afrikaner, en hy maak hul bestaan so moeilik as moontlik. Dan aanvaar Willem ’n aanbod wat sal lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewens…

“Willem is ’n groot rol. Ikonies in aard. So is Modder en Bloed ook epies in skaal en omvang, dít was duidelik met die eerste deurlees van die teks. Min kry jy die geleentheid om so ’n rol te kan speel en deel te kan wees van so ’n film.  So daar was geen twyfel toe Sean my vra om Willem te speel nie.  Ook wou ek baie graag met Sean werk en ek is baie dankbaar ek het die geleentheid gekry. Ek het ongelooflike respek vir hom. Sy werksetiek is ongeëwenaard, hy is by uitstek ’n ‘akteurs-regisseur’ en die manier hoe hy met mense om hom werk is ongelooflik.” – Stian Bam

Modder en Bloed se indrukwekkende ensemble-rolverdeling sluit Suid-Afrikaanse en Britse spelers in. Verskeie plaaslike akteurs soos Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger, Bok van Blerk, Michael Richard en David Louw verskyn in die film, terwyl die Britse rolverdeling Charlotte Salt (Katherine Sterndale), Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers insluit.

“Dit was ’n groot voorreg om saam met die internasionale akteurs te werk. Charlotte is onselfsugtig en die mees vrygewigste aktrise. Aanvanklik was ek baie op my senuwees om teenoor haar te speel, maar sy is so gemaklik dat een van my gunstelingtonele van die film saam met haar is. En dan Patrick. Wat ’n ongelooflike mens en akteur. Ek sou nie Willem sonder Patrick kon skep en deurvoer nie. Hy was maar my vangnet.” – Stian Bam

“Katherine Sterndale is losweg gebaseer op die historiese figuur, Emily Hobhouse, so dit was regtig interessant om daarin te kon delf. Dit was wonderlik om die rol van so ’n sterk vrou te vertolk en om ’n voorstander van vrouestemregte te kon uitbeeld; iemand wat baie menslikheid het en die wreedheid om haar raakgesien het en iets daaroor wou doen. As ’n vrou in daardie tyd, was dit nie altyd die maklikste ding nie. So dit was opwindend om so ’n sterk karakter te vertolk wat nie net die liefdesbelangstelling is nie, die meisie aan die ou se arm nie. Dit is nie ’n liefdesverhaal nie, dit is ’n verhaal van dapperheid, om jou stem te vind en om uit te vind waarin jy glo.” – Charlotte Salt

Sean Else, skrywer, regisseur en vervaardiger, sê die maak van die film was ’n grootse ondervinding wat ’n ongelooflike span mense van regoor die wereld, voor en agter die kamera, met elke uitdaging net nader aan mekaar en aan die projek gebring het.

Modder en Bloed is vervaardig deur Dark Matter Studios (Llewelynn Greeff en Henk Pretorius – Leading Lady) en Collective Dream Films (Sean Else – Platteland). Dit word op 1 April 2016 landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Die film word in samewerking met kykNET Films en die Departement van Handel en Nywerheid uitgereik.

The post Modder en Bloed appeared first on Stage and Screen.