Morne du Toit Archives - Stage and Screen

Nul is nie Niks nie
Jong Talent in Nuwe Film is nie Niks nie…

deur Louw Mulder.

Die afgelope paar jaar, is Afrikaanse Suid-Afrikaanse gehore vermaak met jeugflieks. Ons kyk na Agent 2000, Hollywood in my Huis, Jou Romeo, maar dit is eers nou waar ‘n tema van ‘n diep storie, die onverwagte traan van meegevoel en medelye, saamgesnoer word met die jong talent, om ‘n nuwe fase van jeugfilms in Afrikaans, op die doek te bring.

Nul is nie niks Nie, is die nuwe film van Redhead Productions en Faith in Motiion, wat deur Stefan Enslin vervaardig is. Dit handel aanvanklik oor ‘n jong seun wat lei aan Hodgkin se Siekte, met die droom om voor hy die hiernamaals betreë, ‘n zombie film te maak. Maar soos die storie voor jou ontvou, sien jy hoe hierdie droom van ‘n kind, ‘n sentrale rol speel waar menige struikelblokke onder die inwoners van hierdie klein dorpie oorbrug word.

Om vir elke kyker wat vir die eerste keer Nul is nie Niks Nie gaan kyk, wil ek nie die krag, koue rillings en woordelose self-insig weg vat deur te veel van die storie te verklap nie. Die verskillende klein tematjies omvattend in die oorhoofse tema, spreek diep oor enige lewensklappe wat die algemene kind, tiener en volwassene mee mag sukkel. Ons praat van die dood van ‘n ouer, die verwagte dood van ‘n kind, boelies, hartseer, en die oorkoming van verwerping.

Nul is nie Niks Nie is gewoonlik die tipe rolprent waar jy akteurs moet kry om jou storie te vertel, wat ervaring in diè tipe pyn, en spel het, om die karakters geregtigheid aan te doen. Vir die vervaardigers van hierdie speelfilm, was die rolverdeling seersekerlik die mees uitdagende proses, want die hoofkarakters is laërskoolkinders. Al sal die kritici veel te sê het oor die gebrek van ervaring, spel wat na verwys kan word as amateurspel, was dit die erns, totale oorgawe en opregte toewyding van diè drie jongelinge, wat alle negatiewe aspekte oorskadu, en lewe aan hulle karakters gee. Dit is immers die debuutrolle op die silwerdoek, vir al drie van hulle.

Die trio word gelei deur Jaden van der Merwe. In my opinie is hierdie film nie die laaste wat ons van hierdie jong stêr gaan sien nie. Sy karakter, Hoender, moet deur midde van sy eie seer oor sy pa se dood, leiding vat, en skaar hom in die agtergrond om na sy nuwe vriend, Drikus, se drome om te sien. Drikus, ‘n sterwende seuntjie wat net een droom het, word gespeel deur die selfvertroue Pieter Louw. So jonk soos die mannetjie is, is daar ‘n lus vir akteur wees. Die twee, Van der Merwe en Louw, speel hulle karakters op so ‘n manier, dat dit met ‘n boeiende klinkslag bydra tot die snikkende einde, maar met tog ‘n dankbare glimlag.

Daniah de Villiers voltooi die driespel met haar karakter, Chris. Met haar oog op Hoender, bevind sy haarself as deel van Drikus se zombie film, en ook ‘n kritieke deel van die stories binne die storie wat hulself uitspeel. Sy doen my mee as jong talent wat nog ‘n diamant in die bedryf gaan word.

Die res van die rolverdeling, was vir my ‘n baie deurdunkte besluit.  June van Merch bring daardie kritieke element van humor, om die spanning, hartseer en snikke te vervang met ‘n giggel, om metafories die lig tussen al die omstredighede uit te wys. Ons praat ook van Marisa Drummond, en haar uitmuntende veelsydige talent om Drikus se ma te speel. Drummond se spel dra nietemin effektief by tot die trane in die gehoor se oë.

Verder verskyn Antoinette Louw, Hoender se ma, wat ook vir geen karakter terug staan nie. In die storie, word sy ondersteun, op ‘n rebelse, maar tog liefdevolle benadering, deur haar dogter, Cindy, wat gespeel word deur Reine Swart. Cindy, verwerk haar pa se dood op haar eie manier. Sy gaan uit met die boelie van die dorp, Bruce, wat vertolk word deur Luan Jacobs. Dit was lekker om Jacobs in sy eerste rol as volwasse karakter te sien, en dus vir kykers ‘n voorsmaak te gee van waartoe hy in die toekoms nog in staat is toe.

Ondersteunde spelers sluit in Morne Visser, Kim Syster, Bradley Olivier en Francois Jacobs.

So waar kom die naam, Nul is nie Niks nie, vandaan? In hulle missie om ‘n fliek te maak, word die humor oomblikke tot stilstand gevries deur tonele waar die drie karakters diep raak. Hulle bespreek die dood, en filosofeer oor die waarde van nul. Op die einde, besef die kyker saam met die kinders, dat Nul, is nie niks nie. Nul, is in die middle van als. Dit is presies in die middel van alle positiewes, en negatiewes.

Nul is nie Niks Nie, is gebasseer op die boek deur Jaco Jacobs, Oor ‘n Motorfiets, ‘n Zombiefliek en Lang getalle. Lizè Vosloo, het ‘n uitmuntende taak vervolmaak deur die draaibroek vir film met kinder-akteurs te gee. Die taal was nie te verhewe bo die kinder-karakters nie, maar het steeds die element van ‘kinders dink hulle weet alles’, deur die teks deurwerk.

Hoed af, vir die regisseur Morne du Toit. Dit blyk baie uitdagend om ‘n volwasse rolprent te maak met onervare kinders. In Nul is nie Niks nie, is daar van du Toit verwag om juis dit te doen. Met welgedane sukses, het du Toit die spel van die volwasse spelers, saamgesnoer met die spel van die kinders. Du Toit kan gerus wegstap met ‘n pluimpie in sy hoed, vir hierdie projek.

Nul is nie Niks nie is ‘n film oor hoop, vriende, en die krag van nou, die huidige oomblik. Dit laat jou huil, dit laat jou lag, maar ten einde, bring dit weereens ‘n glimlag, wat dui op die trotse hoop wat daar in ons land se talent is, vir die toekoms van film, in Suid Afrika.

Nul is nie Niks nie, begin 7 Julie in teaters rol.  Kyk hieronder na wat hierdie akteurs met Stage and Screen gedeel het…

The post Nul is nie Niks nie appeared first on Stage and Screen.

Nul is nie Niks nie
Energieke Jong Spelers Skitter in nuwe Silwerdoek Film

Nul is Nie Niks Nie is nie net ’n bemoedigende en op ’n donker manier ’n vermaaklike nuwe rolprent oor die lewe, dood en alles tussen-in nie, maar vertel ook die storie van drie vriende in ’n dooierige dorpie – Martin oftewel “Hoender” (Jaden van der Merwe), Drikus (Pieter Louw) en Chris (Daniah de Villiers) – wat vasberade is om Drikus se laaste wens waar te maak: om ’n zombie-film te maak.

Die briljante vertolkings van die talentvolle jong akteurs blaas sommer nuwe lewe in die storie. “Die proses om die rolle toe te ken, was redelik omvattend en meer as 400 kinders het vir oudisies opgedaag,” het die regisseur, Morné du Toit, gesê. “Ons het gelukkig drie lewenslustige tjokkertjies gekry wat regtig kleur aan die storie verleen het. Jaden van der Merwe het eerste ’n rol losgeslaan en het hoë standaarde vir die ander gestel. En toe ons die klompie die eerste keer tydens repetisies gesien het, het ons geweet dat ons die spyker op die kop geslaan het, want saam verleen hulle soveel volwassenheid aan die karakters wat hulle speel. In ’n ommeswaai van die tradisionele rolle, is dit hulle wat die volwassenes leer en help met hul transformasie.”

Die dertienjarige Hoender is ’n wiskunde-genie en ’n suksesvolle hoenderboer wat sakgeld verdien deur hoendereiers te verkoop. Hy mis sy pa wat altyd vir hom wiskundeprobleme op ongewone plekke gelos het om op te los. Sy ma het op die dag van haar man se dood ophou lewe en is gladnie meer by haar kinders se lewens betrokke nie. Cindy (Reine Swart), Hoender se suster, probeer ook om haar pa se dood te verwerk en om van haar ma en haar eie hartseer weg te kom, gaan sy met skelm Bruce (Luan Jacobs) uit.

Wanneer Drikus by die buurhuis intrek, word hy en Hoender vinnig vriende en Hoender ontdek dat die nuwe buurseun Hodgkin se Siekte het. Drikus noem aan Hoender dat dit sy laaste wens is om ’n zombiefliek te maak.

Die bende se derde lid is Chris, Hoender se droommeisie. Die drietal vorm vinnig ’n onbreekbare band en ontvlug saam van hulle eentonige daaglikse bestaan – skoolboelies, Drikus se oorbeskermende ouers en Hoender se kluisenaarma – deur aan hulle projek te werk, want as hulle daarop fokus om hulle rolprent te maak, is al die ander dinge skoon vergete.

Tydens die filmmaakproses moet Hoender die verlies van sy pa begin verwerk. Hy maak terselfdertyd nuwe vriende, werk aan sy selfvertroue en besef dat hy heelwat het om aan ander te bied. Drikus se deursettingsvermoë en genadelose vasberadenheid om lewe in die gevrekte gemeenskap waarin die driemanskap woon te blaas, gee hulle ’n nuwe doel voor oë.

Ondanks Drikus se lewensvreugde skop die werklikheid vinnig in – hy is steeds siek. En om dinge te vererger, word die drie vriende en hul rolprent deur ’n bende bedreig wat probeer om die hart van die gemeenskap te steel. Om te sorg dat Drikus se rolprente voltooi word, moet Hoender opstaan vir dit wat reg is en najaag wat hy wil hê sonder om ooit dit waarin hy glo, prys te gee.

Die vriende kom saam tot die gevolgtrekking dat nul nie niks nie – dit lê reg in die middel van positiewe en negatiewe syfers en dui op groot potensiaal.

Ervare akteurs soos Morné Visser, Marisa Drummond, Antoinette Louw, June van Merch, Kim Syster, Bradley Olivier en Francois Jacobs is ook in Nul is Nie Niks Nie te sien en Lizé Vosloo het die draaiboek geskryf.

Die rolprent is deur Redhead Productions en Faith in Motion Productions, in samewerking met kykNET Films, die ATKV en die Departement van Handel en Nywerheid, vervaardig. Dit word in Suid-Afrika deur Indigenous Film Distribution versprei en sal op 7 Julie landwyd in teaters uitgereik word.

The post Nul is nie Niks nie appeared first on Stage and Screen.