Noem my Skollie Archives - Stage and Screen

FliekNet Hoogtepunte
Dis tyd vir FliekNET!

fliekNET is vir ’n derde jaar terug! Nou is jou kans om ’n bietjie te “binge watch” aan al jou gunsteling Afrikaanse flieks – van toeka tot nou.

Wat is nou lekkerder as om in die vakansietyd met ’n bak springmielies, op die bank, voor die kassie neer te plak en in van jou gunsteling flieks te ontsnap? Vanaf 16 Desember 2017 tot 12 Januarie 2018 is fliekNET weer op DStv kanaal 198 te sien. Kykers kan uitsien na ’n propvol skedule en sal beslis elke dag ’n groot verskeidenheid Afrikaanse flieks kan sien.

Op Maandae kan kykers terug reis in tyd om al die tydlose flieks te geniet. Dinsdae is propvol flieks om die tieners gedurende die vakansietyd uit die moeilikheid uit te hou. Woensdae sorg weer vir liefdesverhale en romanse, terwyl diepsinnige Donderdae sal sorg vir ‘n spul flieks om oor na te dink. Vrydae hou ons kykers op hulle tone met rillers, aksie en gruwelflieks.

Op Saterdae gaan daar ook ’n ekstra bederf vir die kleinspan wees en daarmee saam ’n ruskans vir al die ma’s en pa’s wat so hard grootgemaak het deur die jaar , want op Saterdagoggende rondom 10:00 sal fliekNET die kleiner kykers oorrompel met Khumba, Heidi, Die sneeukoningin en Maya die by.

Vir dié van julle wat nie tyd vir stilsit gaan hê hierdie vakansie nie, ondersoek gerus die opsie om jou dekodeerder aan die internet te koppel. DStv Premier-verbruikers wie se dekodeerders aan die internet gekoppel is, kry toegang tot DStv Catch Up Plus, waar al die fliekNET-flieks tot einde Februarie afgelaai en geniet kan word.

Tydlose Maandae:

25 Desember om 19:50: Paljas

’n Spoorwegwerker en sy gesin bly op ‘n afgeleë dorpie in die Karoo. Hulle eenvoudige, dóg moeilike lewens verander drasties wanneer die sirkus hulle opwagting maak. Skielik kry hulle bestaan, ’n magiese kwaliteit en word alles in hulle lewens gelukkiger en duideliker.

A surfaceman and his family lives a very simple, yet difficult life in a distant town in the Karoo. This changes drastically when the circus arrives. Suddenly their lives are filled with meaning, hap-piness, a magical quality and everything becomes clear.

1 Januarie om 19:50: Fiela se Kind

Fiela se Kind vertel die pragtige verhaal van ’n bruin vrou se liefde vir haar wit optelkind. Fiela Komoetie en haar gesin word uitmekaar geskeur wanneer die magistraat haar “hanskind” wil wegneem en in sy regte ouers se sorg wil terugplaas.

Fiela se Kind tells the beautiful story of a coloured woman’s love for her white foundling. Fiela Komoetie and her family is completely torn when the magistrate decides to take her child away and place him back in his real parents’ care.

8 Januarie om 18:10: Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

’n Tienermeisie se kuier by haar oom en tante in die Karoo verander in ‘n ontdekkingsreis, waartydens sy moet uitvind wie sy werklik is. Drie besoekers verander haar lewe onherroeplik.

A teenage girl visits her uncle and aunt in the Karoo. Soon her visit becomes an exploration of who she really is. Three visitors in one week, changes her life irrevocably.

Jeugdige Dinsdae

19 Desember om 19:50: Hollywood in my Huis

Dit is matriekafskeidtyd in 2004 en Jana van Tonder is geïnspireer deur Charlize Theron se Oscar. Sy besluit om haar matriekafskeid in haar eie Hollywood-glansgeleentheid te omskep.

It’s matric farewell time in 2004 and Jana van Tonder is in-spired by Charlize Theron’s Os-car. She decides to convert her matric fare-well into her own glamorous Hollywood event.

21 Desember om 16:20: Strikdas

Willemien se lewe verander handomkeer wan-neer sy vir Vossie, die grootste “nerd” op kampus, huistoe neem om haar pa en ekskêrel ‘n les te leer. Willemien’s life changes drastically when she brings home Vossie, the biggest nerd on campus, to teach her father and ex-boyfriend a lesson.

2 Januarie om 20:30: Jou Romeo

Twee gedetermineerde drama-entoesiaste gaan uit hulle pad uit om hulle Shakespeare droomproduksie ‘n realiteit te maak; met ’n paar onverwagse nagevolge.

Two determined drama-enthusiasts goes to extremes, in order to make their Shakespeare dream production a reality; with a few unexpected consequences.

9 Januarie om 18:10: Bakgat! Tot die mag 3

Wimpie en sy verloofde, Katrien, emmigreer na Engeland, waar ’n rugbyklub vir hom ’n kontrak aangebied het. Hulle besef egter dat die lewe in London nie so “cool” is soos wat hulle gedink het nie.

Wimpie and his fiancé, Katrien, emigrates to England where a rugby club offered him a contract, but soon they realize that the life in London is not as cool as they thought it would be.

Hartstog Woensdae

20 Desember om 19:50: Vir Die Voëls

‘n Korrelkop, rabbedoe meisie, wat daarvan oortuig is dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, word op alle vlakke uitgedaag wanneer die seun wat haar kleintyd geterg het, weer sy opwagting in haar lewe maak.

A Stubborn tomboy girl is convinced that independence is the only form of free-dom. She is challenged on every level, when the boy that teased her since her childhood, turns up in her life again.

27 Desember om 21:30: Leading Lady

’n Engelse aktrise oorreed ’n boer van Brand-fort om haar te help voorberei vir ’n uitdagende rol in ’n Hollywood rolprent – dié van ’n Afrikaanse oorlogsheldin.

An English actress convinces a farmer from Brandfort to help her prepare for a very challenging role in a Hollywood film – that of an Afrikaans war heroine.

10 Januarie om 19:50: Pad na jou hart

Basson van Rensburg het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take op sy reis eers voltooi, voordat hy die suksesvolle familiebesigheid kan oorneem.

Basson van Rensburg has five days to get to his father’s funeral in Cape Town, but he needs to complete certain tasks on his journey before he can successfully take over the family business.

3 Januarie om 19:50: Mooirivier

Dié eerste ensemble-rolprent in Suid-Afrika volg die stories van agt paartjies, tussen die ouderdomme van 10 en 70, wat elk op hulle eie avontuur van liefde gaan en uitvind wat die liefde nou eintlik beteken.

This first ensemble film in South Africa, follows the lives of eight couples, between the ages of 10 and 70. Each couple goes on their own journey of love and finds out what love really means.

Diepsinnige Donderdae

21 Desember om 20:35: Sink

A Mozambican domestic worker, is forced to make a difficult decisions after her daughter tragically dies whilst under the care of one of her employers. Things become even more complicated when she finds out that her em-ployers are expecting their first child.

’n Mosambiekse huiswerker moet moeilike besluite neem, nadat haar dogtertjie tragies sterf, terwyl haar een werkgewer toesig gehou het. Dinge word selfs verder gekompliseerd wanneer sy uitvind dat haar werkgewers hulle eerste kind verwag.

28 Desember om 22:15: Noem my Skollie

’n Jong man beland in ‘n Kaapse tronk in die 1960’s. Hy gebruik sy talent as storie-verteller om homself teen die bendes in die tronk te beskerm.

A young man ends up in a Cape prison in the 1960’s. He uses his storytelling talent to defend himself against the gangs in the prison.

4 Januarie om 20:40: Ballade vir ’n Enkeling

Nadat ’n bekende Suid-Afrikaanse skry-wer verdwyn, word ’n joernalis deur am-bisie gemotiveer om dié skrywer se ge-heimsinnige geskiedenis aan die lig te bring.

After a well-known South African writer disappears, a journalist is motivated by ambition to uncover the writer’s secret history.

11 Januarie om 18:20: Agter Elke Man

’n Gevangene word op parool vrygelaat, maar het ‘n obsessie om hom te wreek op die man wat verantwoordelik is vir sy straf. Dinge raak nog meer gekompliseerd wanneer daar ’n onverwagse moord plaasvind.

A prisoner is released on parole and has an obsession to take revenge on the man who is responsible for his punishment. The plot thickens when a murder takes place.

Vreeslike Vrydae

22 Desember om 19:50: Wolwedans in die Skemer

’n Jong vrou aanvaar ’n pos by die Hotel Njala. Oppad daarheen is sy in ‘n frats motorongeluk en verloor haar geheue. Sy word ingetrek by die lewens van die familie wat dié vreemde hotel bestuur.

A young woman accepts a job at the Hotel Njala. On her way to the hotel, she is in a terri-ble freak car accident and loses her memory. She gets drawn in by the lives of the family that runs this strange hotel.

29 Desember om 19:40: Die Spook van Uniondale

’n Jong sakeman se naweekplanne verander drasties wanneer sy voertuig meganiese probleme nét buite Uniondale ontwikkel. Terwyl hy wag dat sy motor herstel word, leer hy van die spook van Uniondale.

A young business man’s weekend plans changes drastically when his vehicle suddenly has mechanical problems, just outside of Uniondale. While he waits for his vehicle to be fixed, he learns more about the ghost of Uniondale.

5 Januarie om 21:30: My Broer se Bril

’n Hewige geveg tussen tweelingbroers, Adriaan en Paul van der Bijl, veroorsaak dat Adriaan blind agtergelaat word en Paul sy eie koers inslaan. Adriaan bly by sy siek pa agter en jare later ontstaan daar opnuut twis tussen die broers oor wie die familiefortuin sal erf.

A violent fight between twin brothers, Adriaan and Paul van der Bijl, leaves Adriaan blind and Paul going his own way. Adriaan stays with his ill father and years later the two brothers argue about who will be inheriting the family fortune.

12 Januarie om 21:40: Aanslag op Kariba

’n Bus vol toeriste word by die Karibadam in Zimbabwe ontvoer en in ’n kragsentrale saam met heelwat plofstof toegesluit. Net Kaptein Caprivi en sy manne kan hulle dalk red.

A bus full of tourists gets kidnapped at the Kariba dam in Zimbabwe and gets locked up in a power station with a whole lot of explosives. Only Captain Caprivi and his men can maybe save them.

Kleinspan Saterdae

16 Desember om 10:30: Khumba

Khumba is ’n jong sebra wat blameer word vir die skielike droogte wat die land getref het. Hy span kragte saam met twee ongewone reismaats om ‘n legendariese watergat op te spoor.

Khumba is a young zebra that gets blamed for the sudden drought that hits the land. He gathers two unusual travelling companions on his journey to find a solution, a legendary waterhole.

23 Desember om 10:00: Heidi

Beleef allerlei avonture saam met Heidi, haar oupa en Peter in die berge. Kyk ook hoe die nare Juffrou Rottenmeier haar lewe omkrap wanneer sy begin skool toe gaan.

Experience all the adventures with Heidi, her grandfather and Peter in the mountains. Also watch what happens when the nasty teacher, Mrs. Rottenmeier upsets Heidi’s life when she is sent to school.

Skaterlag Saterdae

30 Desember om 22:00: Nommer Asseblief

Al die ou gesigte van dié populêre TV-reeks is weereens in hierdie bekende lekkerlag komedie te sien. Dit handel oor die De Waals en hul kleurvolle familie, vriende en mededingers in en om ’n dorpie in die Overberg.

All the old faces of this popular TV-show is once again to be seen in this funny, well-known come-dy about the De Waals and their keen family, friends and com-petitors inside and around a town in the Overberg.

6 Januarie om 21:15: Tolla is Tops

Tolla van der Merwe probeer mense uitvang met sy wolhaarstories en sy slagoffers se reaksies word met versteekte kameras verfilm. Kom lag lekker saam met hierdie legendariese grapjas!

Tolla van der Merwe tries to catch people with his tall tales. His victims’ reactions are filmed with hidden cameras. Come and laugh with this legendary joker!

Dramatiese Sondae

24 Desember om 18:50: Die Windpomp

Henry beland as gevolg van omstan-dighede buite sy beheer, by sy seniele, teruggetrokke oupa in ‘n aftree-oord. Hy kom gou agter dat daar geheime skuil en dat een van dié geheime, hom die liefde van sy lewe kan kos.

Henry is forced to move to his senile and withdrawn grandfather in a retirement village. He quickly finds that there are multiple secrets hiding in this place and that one of these secrets may cost him the love of his life.

17 Desember om 18:40: Lien se Lankstaan Skoene

Lien is die oudste kind in ‘n disfunksionele gesin, wat oornag brandarm geword het. Lien moet self plan maak en inspring om brood op die tafel te sit.

Lien is the eldest child in a dysfunctional family that became very poor overnight. Lien must make het own plans to help her family with an income.

7 Januarie om 21:20: Faan se Trein

Faan het nooit die onskuld en eenvoud van ‘n jong kind ontgroei nie. Wanneer Faan se pa sterf, los hy al sy besittings om verdeel te word tussen Faan en die kerk.

Faan has never outgrown the innocence and simplici-ty of a young child. When Faan’s father passes away, he leaves all his belongings to be divided between Faan and the church.

7 Januarie om 19:50: Verskietende Ster

Phillip Schuman se wêreld stort in duie die dag toe sy ma sterf. Terwyl sy pa, To-mas, lankal reeds moed opgegee het met die lewe, probeer Phillip hard om sy droom om ’n pianis te word, te bewaar-heid.

Phillip Schuman’s world collapses the day his mother passes away. While his father, Tomas, has al-ready lost hope in life, Phillip tries to make his dream of becoming a pianist, a reality.

The post FliekNet Hoogtepunte appeared first on Stage and Screen.

Noem My Skollie – SA's Official entry to the 2017 Academy Awards
The special jury convened by the National Film and Video Foundation (NFVF)  announced today that the feature film, Noem My Skollie, currently on circuit in South African cinemas has been nominated as South Africa’s official selection to the 89th Annual Academy Awards (Oscars) in the category for Best Foreign Language Film Award. The NFVF CEO Zama Mkosi said: “We are proud that after a rigorous judging process, Noem My Skollie, is nominated as the official selection for the 89th Annual Academy Awards. This is indicative of the role that the National Film and Video Foundation (NFVF) plays in empowering, and transforming the film industry by taking South African stories from our streets to the world.”

Competition this year for the coveted nomination to represent South Africa was intense. This is a remarkable achievement for Daryne Joshua’s first feature film. The Producers, David Max Brown and Moshidi Motshegwa and their partners who supported the financing of the film at the NFVF, kykNET, Mnet and the distributor Ster Kinekor Entertainment, are absolutely thrilled with this news and are proud that the film deserved the accolade and confident that it will earn the Academy’s further nomination.

To date the film has been seen by over 32 000 people in South Africa.  “Noem My Skollie’s  great Box Office performance has now been crowned with the nomination as South Africa’s entry into the Oscars, we are extremely proud to have been part of getting this amazing film on to SA screens and are excited about the continued potential in our market and on the global stage”, says Mario Dos Santos, Chief Executive Officer –  Ster Kinekor Entertainment.

Come see Noem my Skollie’s Trailer here

“Noem My Skollie has been a project close to our hearts and M-Net and kykNET are incredibly proud of every single person who has brought this authentic South African story to life,” says Jan du Plessis, Director: M-Net Channels. “What makes it even more special, is that this moving film is the work of a first time director and that the story is rooted in the true-life experiences of the screenwriter. It’s a film the world needs to see.”

The film tells the story of a young man in 1960’s Cape Town who ends up in jail and barters his skills as a storyteller in order to avoid being forced into the number gangs. It is based on the life of the scriptwriter John W. Fredericks who is now 70 years old. This is a heart-lifting story of redemption that sends the audience on an action filled roller coaster with a massive emotional impact. It is a film that delves with great authenticity into the culture of the coloured people of the Western Cape but it is a film for all South Africans to enjoy regardless of colour, creed or language.

“I dreamed the impossible dream. Deep inside my heart I knew that Skollie is going to make an impact! When I was 70 years old I was blessed with a replica of the OSCAR which takes centre stage on my desk. I manifested this!”  John W Fredericks (Writer).

Stage and Screen wishes Noem My Skollie nothing but the best for the Oscars.

The post Noem My Skollie – SA's Official entry to the 2017 Academy Awards appeared first on Stage and Screen.

Hemelbesem: Noem My Skollie
Noem My Skollie – Titel-lied deur Afrikaanse Hip-hop kunstenaar bekendgestel!

Die titel-lied vir die baanbrekersfilm wat die oorwinning van die menslike gees vier en gebasseer is op die ware verhaal van ‘n jong man in die 1960’s wat ‘n storieverteller in die tronk word, is pas vrygestel!

Die “Beatmaker STUWI W” is verantwoordelik vir die musiek van die liedjie en die lirieke en uitvoering daarvan deur die baie bekende Afrikaanse Hip-hop kunstenaar, HemelBesem.

HemelBesem het reeds as onafhanklike vervaardiger nie minder as vyf Afrikaanse Hip-hop albums vrygestel onder andere  “Dink ‘n Bietjie”, “Auto-Bio-Grafie”, “Die Worcester Standard”, “Evil Is Maklik” en die mees onlangse “Uwilisimakliki”.

Hy het al oor die jare met talle Afrikaanse Hip-hop en “rock” kunstenaars saamgewerk en is trots om as ‘n “edutainer” bekend te staan.  Hy is baie betrokke by gemeenskapsprojekte en tree gereeld by skole op.  Hy is ook betrokke by die FAS (Fetale Alkoholsindroom) bewusmakingprojekte en is ook ‘n ambassadeur vir Kullid – ‘n organisasie wat bemagtiging van kleurling gemeenskappe in Suid-Afrika nastreef.

Hy beskryf sy betrokkenheid by NOEM MY SKOLLIE en die skryf van die liedjie as een van die grootste hoogtepunte in sy loopbaan en sê:  “Die proses om die liedjie te skryf was langer as gewoonlik omdat dit moeilik was om die era met Hip-hop te kombineer, maar na die eerste probeerslag het dit perfekte sin begin maak.  Die liedjie is die storie van die karakter AB, Mnr. John W. Fredericks en myself asook die uitdagings van die demografie wat ons verteenwoordig.  Ek hoop mense sal deur die metafore en vergelykings kan luister en die unieke ‘struggle’ van kreatiwiteit kan sien waarvandaan ek kom.  Ek glo die fliek gaan mense se harte en gedagtes aanraak en dat my liedjie dieselfde sal doen.”

Die vervaardigers van die fliek het HemelBesem gevra om ‘n liedjie vir die einde van die fliek te skep wat ‘n tipe van ‘n kenmerk vir die fliek sal word en sal kan inskakel by Kyle Shepherd se musiek in die fliek wat die 1960’s periode van die fliek met vandag se musiek kombineer.  HemelBesem speel ook die rol van “Ghost”, die leier van die 26’s bende in die fliek.

Die film wat afspeel op die Kaapse Vlakte en in Pollsmoor-gevangenis is gebaseer op die lewe van draaiboekskrywer John W. Fredericks.

Noem My Skollie is ’n grootskerm-rolprentervaring wat kykers sal meevoer na ’n wêreld op die Vlaktes wat nog nooit op so ’n outentieke manier uitgebeeld is nie en is deurlopend onderhoudend en vermaaklik en lewer ’n gewedlige sterk emosionele impak.  Die fliek dra die temas van vriendskap, verraad, vergifnis, aanvaarding, die behoefte aan ’n beter lewe, hoop en liefde oor. Die titel van die film sinspeel op die ou gesegde dat ’n mens niemand op hulle voorkoms moet oordeel nie en bevorder die opvatting dat elkeen ’n talent het, selfs al is dit somtyds moeilik om te vind en is daar moontlik ‘n prys daaraan gekoppel.

Noem My Skollie is vervaardig deur David Max Brown en Moshidi Motshegwa (Maxi-D Productions) in samewerking met M-Net, kykNET, die NFVF en die DTI en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.  Die fliek première by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai op die 24ste Augustus 2016 om 20h00.

The post Hemelbesem: Noem My Skollie appeared first on Stage and Screen.

Noem my Skollie
Die film wat afspeel op die Kaapse Vlakte en in Pollsmoor-gevangenis is gebaseer op die lewe van draaiboekskrywer John W. Fredericks.  Dis ‘n baanbrekersfilm wat die oorwinning van die menslike gees vier en gebaseer is op die ware verhaal van ’n jong man in die 1960’s wat ’n storieverteller in die tronk word.

Noem My Skollie vertel die verhaal van vier tieners, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat in die armmoedige bendewêreld van die Kaapse Vlakte grootword.  Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy wat hulle daaglikse lewens infiltreer, maar wanneer AB deur ’n traumatiese ondervinding gaan, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm.

Die vier vriende, wat nou soos broers is, pleeg nie ernstige misdade nie, maar ten spyte daarvan hou die polisie hulle dop deur hul tienerjare en totdat hulle ’n groep gewilde jong mans word. Uituindelik word die ouer AB (Dann-jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) gearresteer tydens ’n inbraak en word hulle tot twee jaar tronkstraf gevonnis.  Dit is hier, in die gewelddadige omgewing van die tronk, dat AB besluit om sy talent vir storievertel te gebruik om die geharde misdadigers te vermaak en sy status te verhoog, terwyl sy vriend, Gimba, ’n ander pad inslaan om sy veiligheid te waarborg.

Austin Rose (Jong AB)

Wanneer AB uit die tronk vrygelaat word, gaan hy voort met die verhouding met sy vriendin, Jenny (Tarryn Wyngaard) en probeer gevolglik fokus op storieskryf om haar te beïndruk, maar sy bendevriende oortuig hom om ’n laaste keer weer by hulle aan te sluit, ’n besluit wat skokkende gevolge vir hulle almal het.

Noem My Skollie is ’n grootskerm-rolprentervaring wat kykers sal meevoer na ’n wêreld op die Vlaktes wat nog nooit op so ’n outentieke manier uitgebeeld is nie.  Die rolprent is pragtig verfilm met fyn aandag tot detail, die gemoed van die 1960’s en bied oortuigende vertolkings deur ’n n groep vereerde Suid-Afrikaanse akteurs en verfrissende nuwe talent.   Die film is deurlopend onderhoudend en vermaaklik en lewer ’n gewedlige sterk emosionele impak.

Noem My Skollie dra die temas van vriendskap, verraad, vergifnis, aanvaarding, die behoefte aan ’n beter lewe, hoop en liefde oor. Die titel van die film sinspeel op die ou gesegde dat ’n mens niemand op hulle voorkoms moet oordeel nie en bevorder die opvatting dat elkeen ’n talent het, selfs al is dit somtyds moeilik om te vind en is daar moontlik ‘n prys daaraan gekoppel.

John W. Fredericks het sy skoolloopbaan in sy tienerjare vaarwel geroep en het baie jare van sy jeug in die tronk deurgebring. Maar, hy het in sy sestigs daarin geslaag om ’n uitstekende draaiboek van wêreldgehalte te skryf.

Joshua Vraagom, Valentino de Klerk, Ethan Patton en Austin Rose

Noem My Skollie sal aanklank vind by alle Suid-Afrikaanse gehore maar veral by diegene wat die gewelddadige werklikheid van die wêreld van die storie kan konfronteer en bereid is om die oorwinning van die menslike gees te vier.

Die film is in Afrikaans met Engelse onderskrifte.

Die kragtige klankbaan is deur die internasionaal erkende Kaapse musikant Kyle Shepherd gekomponeer – Spepherd het die Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar Toekenning in 2014 gewen.

Die rolverdeling bestaan ook uit, onder meer, Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit en Irshaad Ally asook n fantastiese vertoning deur die nuweling David Manuel wat die rol van die tronkbaas vertolk. Manuel was nog op parool toe die film gemaak is.

Noem My Skollie is vervaardig deur David Max Brown en Moshidi Motshegwa (Maxi-D Productions) in samewerking met M-Net, kykNET, die NFVF en die DTI en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

Suid-Afrikaanse gehore kan uitsien na die vrystelling van Daryne Joshua se regisseursdebuut, Noem My Skollie, wat landswyd op Vrydag 2 September 2016 uitgereik word.

The post Noem my Skollie appeared first on Stage and Screen.

Noem My Skollie
‘n Hartroerende verhaal van die mens se veggees.

Deur Hanri Wondergem

John W. Fredericks

Van die eerste oomblik af vang dié rolprent jou aandag vas, dit skok jou en roer die hartsnare. Geskoei op die lewensverhaal van die skrywer, John W. Fredericks speel Noem My Skollie af op die Kaapse Vlakte in die 1960’s.

Noem My Skollie neem jou van die Kaapse Vlakte, na Polsmoor-gevangenis en terug na die Kaapse vlakte – maar geen moeite is ontsien om die realiteit van die grusame gebeure van die plek en die tyd by die gehoor uit te bring nie.

Vier tieners, AB (Austin Rose) en sy makkers, Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagdom) en Shorty (Valentino de Klerk) word groot in swaar omstandighede wat gekenmerk word deur armoede, bendes en die geweld wat daarmee gepaard gaan.  Ten spyte van die versoekings, probeer die vier vriende om die lewe van ‘n bendelid vry te spring. ‘n Traumatiese ervaring swaai egter AB se kop in ‘n ander rigting en hy en sy makkers stig hulle eie bende. Die besluit word geneem om hulself te beskerm. Die tieners word soos bloedbroers en pleeg misdade, maar van ‘n minder ernstige aard.  Die lang arm van die gereg is egter iets wat hulle nie kan vryspring nie.

Dann-Jacques Mouton Speel AB in Noem my Skollie

‘n Ouer AB (Dann-Jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) beland agter die tralies van Polsmoor.

Dis hier waar die genadelose tronklewe die twee beetpak. AB is ‘n talentvolle storieverteller en span die talent in om die gevangenes te vermaak en so ook homself te beskerm. Gimba kies egter ‘n heel ander roete om sy eie veiligheid te verseker…

En na twee jaar moet die twee manne terug na die Kaapse Vlakte waar die lewe aangaan soos voorheen.

Gehore kan met rede uitsien na die regisseur, Daryne Joshua se eerste probeerslag wat die lewe van die jeugdiges uitbeeld op ‘n realistiese manier wat nog nooit van tevore gedoen is nie.

‘n Hartroerende verhaal wat die veggees van die mens in moeilike omstandighede uitbeeld. Dit is onstellend maar sonder enige twyfel die kyk werd.

Gantane Kusch

Ander akteurs wat hulle verskyning in Noem my Skollie maak, is Gershwin Mias as die ouer Shorty, Christian Bennet as die ouer Gif, David Manual as die skollie himself, Gums. Abduraghmaan Admas as Mr C, en Tarryn Wyngaard as die roos onder die dorings, Jenny. Die ondersteunende rolle onder andere word vertolk deur Charlton George, Jill Levenberg, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit.

Prys gaan ook aan die kreatiewe span, wat so ‘n produksie op die silwerdoek laat realiser. Met ‘n uitstekende draaiboek van Fredericks, grypenswaardige regie deur Joshua, is daar ook die inspirerende klankbaan van die internasionaal erkende Kyle Shepherd wat die prentjie vervolmaak. Die puik passende tema-lied, word gesing deur mede-akteur, Hemelbesem.

Niks is volmaak nie, maar dit is ‘n rolprent wat so ampertjies ‘n 10 uit 10 verdien. Noem my Skollie is eg Suid-Afrikaans, en begin draai in teaters landwyd,k op 2 September 2016.

The post Noem My Skollie appeared first on Stage and Screen.