Poena is Koning Archives - Stage and Screen

In Japan, Ja!
kykNET gaan saam met die Bokke Japan toe – Ja!

Die Rugby Wêreldbeker skop af op 20 September en die Springbok-span, wat pas aangekondig is, vertrek binnekort Japan toe om teen die beste rugbyspanne vir die gesogte titel van wêreldkampioenne mee te ding. Daar wag egter veel meer opwinding as net die Rugby Wêreldbeker op kykers – kykNET stuur ‘n span saam Japan toe om vir kykers ‘n blik van die opwinding in dié land tydens die Wêreldbeker te gee.

In die program, In Japan, Ja! gaan die twee aanbieders, Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels, die Bokke volg op hul soektog na ‘n derde Wêreldbekertitel. Vir tien weke gaan dié twee saam in Japan kuier, van die land se gewildste toeristebestemmings besoek en die gees van die Rugbywêreldbeker 2019 beleef.

Vanes-Mari, ‘n voormalige Protea-netbalspeler, is veral bekend as een van Kwêla se veldaanbieders en sal vroeg in 2020 gesien word as aanbieder van die kykNET realiteitsprogram, Hoor my, Sien my, Soen my. “In Japan, Ja! is ‘n lekker kombinasie van komedie, leefstyl en reis. Boonop kry kykers die geleentheid om saam met ons die Bokke beter te leer ken op hul missie om die Wêreldbeker te wen. Ek sien ook vreeslik uit daarna om vir kykers ‘n blik te gee van wat in Japan tydens die Wêreldbeker gebeur, vanuit ‘n fan en ondersteuner se oogpunt,” meen sy.

Hamilton Wessels, of soos vriende hom noem, Hammie, is die sanger Robbie Wessels se broer. Hy is een van Virseker Beker se aanbieders en het ook al sy lyf akteur gehou in flieks soos Poena is Koning, 100m Leeuloop  en Durban Poison. “Om ‘n Bok-wedstryd te kyk, is spesiaal. Om dit op ‘n stadion te kyk is next level. Om saam die Bokke vir die Wêreld Beker in Japan te toer is ‘n ervaring wat ek nie in woorde kan beskryf nie. Ek is uit my vel van opgewondenheid en gaan seker maak die Bokke bring daardie Beker huis toe, al moet ek tokse aantrek en self op draf. Japan, ek hoop julle is gereed vir die ou met die snor.”

Groot pret wag op dié twee – Hamilton is opgewonde om Japannese wasabi te proe en ‘n regte ninja te ontmoet! Hulle het ook onderneem om nuwe disse te probeer – watter een van die twee gaan braaf genoeg wees? En grapjas Hamilton het dalk ook ‘n paar verrassings wat hy beplan…

Sumo-stoeigevegte, die Tsukiji-vismark, Harajuku-meisies, regte ninja’s, die Bokke fan zones en natuurlik die opwinding van die Rugby Wêreldbeker – dit alles, en nog baie meer, kan kykers van In Japan, Ja! verwag.

In Japan, Ja! bestaan uit 10 episodes en word Saterdae om 18:30 vanaf 14 September op kykNET DStv kanaal 144 uitgesaai. Met trots geborg deur Nedbank Travel Card.

The post In Japan, Ja! appeared first on Stage and Screen.