Queen van die Toorbos Archives - Stage and Screen

Saarkie: Lang Pad
Girl Rockband stel nuwe musiekvideo vir enkelsnit Langpad bekend!

Girlband Saarkie verklap dat hul nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl hulle aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan die trio ook soos tyd nie stil nie, maar bou hulle elke dag verder aan hul plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die konsep van die video is uitgedink deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen, die mede-regisseur, redigeerder en kameraman, Mjön van Blommestein, die mede-regisseur asook kameraman, Thabi Modotuane, en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.

Langpad is die tweede enkelsnitvrystelling vanaf hulle Ghoema-bekroonde, Beste Rock– Album, Queen van die Toorbos, wat vroeër vanjaar uitgereik en baie goed deur die publiek ontvang is. Dié pop-rocksnit beklee tans die nommer een posisie op Lekker FM se Top 40-treffersparade en gaan oor die pad wat jy moet stap om te kom waar jy is.

Soos Saarkie aandui – niemand wil alleen deur die lewe gaan nie. Wanneer jy iemand langs jou het, wat die lewenspad saam met jou kan stap, gee dit jou rustigheid. Vriende en familie speel ook ’n rol om die langpad korter te maak.

Langpad is deur Adèle en Mjön geskryf toe hulle op pad terug was van ’n ooievaarspartytjie en hulle iets moes doen om wakker te bly en veilig by die huis te kom na die ver pad wat hulle moes ry.  Die liedjie is gewild onder aanhangers, wat reeds saam sing en dans, en het ’n tema waarmee almal kan vereenselwig omdat ons elkeen iemand het, wat saam met Saarkie ’n pad stap.

Langpad volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystelling, Vir Altyd, wat vir sewe weke bo-aan Lekker FM se Top 40 gekuier het en ook vir tien weke deel was van Bosveld Stereo se Top 20. Die musiekvideo, wat uit beeldmateriaal bestaan wat regoor die land geskiet is, is reeds deur meer as 10 000 kykers op YouTube gesien.

Langpad  is net weereens ’n bewys van Saarkie se vermoë om deur middel van hulle kopskud-lekker rockmusiek ’n kragtige boodskap oor te dra, wat direk met die hart praat. Die video is simbolies van die groep se vooruitgang en is maar net ’n voorsmakie van die opwindende dinge wat hulle vir die toekoms beplan!

The post Saarkie: Lang Pad appeared first on Stage and Screen.