Richard Finn Gregory Archives - Stage and Screen

Review: Boere op die Aardsdrempel
Deur Jaco Lotriet

‘n Portret van die laaste dae van ‘n sterwende gemeenskap.

Die afgeleë Patagonië streek van Argentinië is sowat 7,500km vanaf die Suid-Afrikaanse weskus gevestig. 113 Jaar gelede, het ongeveer 650 boerefamilies die onstuimige Suid-Atlantiese oseaan oorgesteek – ‘n skeepvaart wat maande lank geduur het. Aanboord, tydens die vele eenrigting togte tussen 1902 en 1908, is hegte vriendskapsbande gesmee tussen mense wat mekaar skaars geken het. Hierdie dappere uitgewekenes het almal een gemeenskaplike doel in sig gehad: ontvlugting van die skreiende, onderdrukkende Britse heerskappy wat Suid-Afrika op daardie stadium beleef het, na die uitmergelende Anglo-Boere Oorlog.

Ene Julio A. Roca, destydse heerser van Argentinië, het homself oor die immigrante ontferm en toegeeflik grond aan hulle afgestaan in hierdie verlate uithoekie van die wêreld, ongeveer 300km binneland vanaf die kusdorp Comodoro Rivadavia. Met hulle aankoms hier het ons voorsate belowe om een keer per jaar naby hulle nuut gevestigde stad, Sarmiento, byeen te kom in die woestyn, om hulle vriendskap en kultuur te vier…

‘n Hartroerende, aangrypende vehaal van Afrikaanse patriotisme is oor die afgelope paar jaar verwerk vir die grootskerm deur Regisseur Richard Finn Gregory, grootliks te danke aan private donasies van gewillige individue wat ‘n gesamentlike passie vir die amper vergete Argentynse Boere deel.

Die uiteinde is ‘n 85 minute dokumentêre film wat die verbeelding aangryp. Dit is as te ware of die gehoor in ‘n 113 jaar lange tydkapsule vasgevang is. Ons neem kennis van ‘n tweede generasie, Afrikaans-sprekende gemeenskap wat in Argentinië gebore is, My Sarie Marais sing onder begeleiding van ‘n trekklavier, potjiekos voorberei, melktert eet en boer. So gemaklik as wat hulle is met al dié egte Afrikaanse kulturele aspekte, eweweens is hul gemaklik om in ‘n oogwink in Spaans te kommunikeer met die jonger, latere geslagte (wat hoegenaamd nie ‘n enkele woord Afrikaans praat nie maar wel hier-en-daar ‘n woord verstaan). Juis om hierdie rede is die film boeiend en tog so vreemd; nietemin herkenbaar.

Net ‘n handjie vol van die ouer garde praat nog Afrikaans vlot. Die dialek is argaïes en herhinner aan ‘n sterk, hedendaagse Vrystaatse aksent. ‘n Woord soos kinders sal byvoorbeeld uitgespreek word as kjenners. Sommige ander woorde en frases klink eerder na Nederlands; vandaar is die Engelse onderskrif in die film deurgaans van nut. Verstedeliking en moderne lewenswyse in die groot Spaanse gemeenskap het met die verloop van tyd verseker dat die taal stelselmatig erodeer tot ‘n gewisse uitsterwing. Terwyl die nuwe geslag dit doodeenvoudig so aanvaar, is dit ‘n riem onder die hart vir 81 jarige Oom Ty Dickason om wie die storie grootendeels draai. Sy emosies gee mee van tyd tot tyd wanneer hy sy hart oopmaak oor Suid-Afrika, sy voorouers se land. ‘n Land waarna hy smag maar nog nooit gesien het nie. Sy Spaanse krawat fladder in die wind soos hy oor die dorre Argentynse vlaktes staar in ‘n Oostelike rigting, na Suid-Afrika. ‘n Traan rol oor sy wang. Sy stem breek . Met ‘n geboë kop vee hy die traan van sy gesig af todat sy seun hom verras met ‘n geskenk by een van die Boere byeenkomste…

Boere op Aardsdrempel is vir 3 toekennings benoem by die SAFTA’s, naamlik Beste Kinematografie vir ‘n Vollengte Dokumentêre Film, Beste Redigering asook Beste Klank.

Boere op die Aardsdrempel word by die volgende geleenthede vertoon:

Western Cape

Die Labia Teater, Kaapstad: 18-24 Maart

Die Showroom Teater, Prince Albert: 31 Maart & 2 April

Cinemuse, Stellenbosch: 7 April

Gauteng

The Bioscope, Johannesburg: 18-24 Maart

Capitol Cinemas, Pretoria: 8 April

KZN

Victorian Theatres, Newcastle: 18-24 Maart

Free State

Epic Cinema, Bloemfontein: 18-24 Maart

Limpopo

KunsteGrot, Thabazimbi: 8-9 April

North West

French Toast, Hartebeespoort: 1-2 April

Pretville Bioskoop, Hartebeespoort: 1-3 April

Northern Cape

Ster Kalahari, Upington: 18-24 Maart

Namibia

Atlanta Cinema, Swakopmund: 18-24 Maart

The post Review: Boere op die Aardsdrempel appeared first on Stage and Screen.