Roan van As Archives - Stage and Screen

Len Muller sing Mense Mense se Temaliedjie
Vrede vir die nuwe kykNET sitkom!

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET begin wys. Hierdie Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n pragtige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller, en almal praat daaroor!

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-Akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

Mense Mense gaan oor ’n groep vriende wat hulle lewens deel deur saam te werk, kuier en woon in een gebou. Dit lê die wipplankrit van vriendskap, verhoudings en volwassenheid bloot, maar bowenal die onwrikbare liefde tussen vreemdelinge wat familie geword het. Bekende akteurs soos Sandra Prinsloo, Crystal-Donna Roberts, Bobby van Jaarsveld, Lea Vivier, Solomon Cupido en Reynard Slabbert is almal in die reeks te sien met Pierre van Pletzen agter die kamera en Nico Scheepers as regisseur.

Len se debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer. Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers.

Mense Mense en dan ook Vrede se musiekvideo is op die dak van MultiChoice City geskiet en kan gereeld op kykNET (kanaal 144) gesien word.  Die enkelsnit, wat geneem is vanaf die sanger se tweede solo-album, Oog van die Storm, sal ook eersdaags oor die radio gehoor word.

Len Muller is bekend vir sy diep lirieke en strelende stem en wil graag musiek skep wat lekker is om na te luister, mense sal raak en onthou sal word. Met sy nuutste prestasie oortref hy nie net sy eie verwagtinge nie, maar verewig hy ook sy plek in die Afrikaanse vermaakgeskiedenis.

Mense Mense wys op Kyknet op die volgende tye, kanaal 144

Saterdae, om 18:00

Sondae, om 01:30 en 11:00

Maandae, om 01:00

Donderdae, om 11:30

Vrydae, om 14:30

The post Len Muller sing Mense Mense se Temaliedjie appeared first on Stage and Screen.

Len Muller: Oog van die Storm
Die Oog van die Storm sien Muller se Tweede Album.

Deur Jaco Lotriet

Miskien lê die vreugde van die lewe daarin om al die verskillende seisoene van die lewe te aanvaar. Om die geleenthede wat elke seisoen bied, te vier. Dit is juis hierdie tema wat deurgans op Len Muller se nuwe album na vore gebring word. Met hierdie blymoedige mantra het die onverskrokke oud-inwoner van Richardsbaai sy tweede solo projek benader… en suksesvol daarin geslaag!

Oog Van Die Storm, onlangs vrygestel voor ‘n intieme gehoor wat die snerppende koue in die Gauteng lug trotseer het, is by Industrial Coffee Works koffiekroeg in Centurion met ‘n warm atmosfeer ontvang.

Die vriendelike Ghoema- en Tempo benoemde sangsensasie het weggeval met die goed-voel enkelsnit, Ek Glo, gesteun deur ‘n klein driestuk – orkes van gesoute sessie musikante, onder wie Jason Moser op tromme, Dean Henning op elektriese kitaar en Raldo Mattheus op baskitaar, tjello en bykomende kitaar. Met die inleiding en vers van die openingsitem, het Len op sy akkoestiese kitaar my verbeelding aangegryp, deur die weg te baan vir die koor gedeelte, wat bes beskryf kan word as energiek en besonder melodieeus.

‘n Ondertoon van geloof is duidelik te speur in die woorde van hierdie album. In passing met die voorgenoemde tema, verduidelik Muller dat sy roeping juis uitgeloop het uit die geloofspronge wat hom deur sy moeilike tye gedra het. Geloof in jou eie vermoëns en in God wat die pad aanwys dien as uitnodiging, wat die luisteraar voorwaar sal inspireer tot nuwe hoogtes.

Die album bevat ‘n speellys van 12 kontemporêre en altrnatiewe luisterliedjies, wat noukeurig verwerk is deur twee vervaardigers, Gideon Botes en Francois de Klerk. Dan Patlansky het ‘n verrassende blues stemming aan die snit Amsterdam verleen, ‘n genre wat Muller verklap, hy nog altyd wou opneem. Alhoewel ek nie Afrikaans met diè tipe musiekstyl vereenselwig nie, moet ek bieg, Muller se weergawe laat dit besonder goed werk.

Die titelsnit, Oog van die Storm, is diep pynsend, selfs pleitend. ‘n Klavier gedrewe angslied, tog met ‘n silwer randjie, ontbloot ‘n warrelwind van emosies wat met ‘n crescendo opbou, en saggies ontplof, totdat ‘n tromrol hierna die pas aangee, tot die einde. Mynhardt Smit het saam met Muller aan Oog van die Storm geskryf. Saam, illustreer hulle ‘n skynende baken van hoop wat hartsnare goed roer en ongetwyfeld my gunsteling op die album is!

Ander medewerkers wat die produksie verder vervolmaak het, sluit in Roan van As op Vrede, ‘n optimistiese lied met ‘n parmantige prof klop op die tromme, wat ook Muller se gemaklike falsetto uitlig. Faraway George, wat saam geskryf het aan Sente vir Sente, sinspeel op Muller se lang pad na roem, met verwysing na sy eie uitdagings as kunstenaar. Die gebruik van ‘n banjo verleen ‘n lekker country musiek luim en sleep die luisteraar in ’n wêreld waar gevoelens van twyfel in jou drome, die oorhoofse tema is. Bekende sanger, Laurika Rauch, en skrywer Chris Torr, het hul stempel van goedkeuring afgedruk op ‘n ou Rauch gunsteling, Die Gang. Muller se verwerking is aangrypend mooi afgerond maar behou nogsteeds sekere elemente wat die oorspronklike weergawe so geliefd gemaak het.

Oog van die Storm getuig van Len Muller se ongelooflike senstitiewe liedjieskryf vermoëns in sy soeke na musikale volmaaktheid. Hierdie merkwaardige kenmerke het tot dusver gesorg vir die sukses wat hy reeds bereik het deur diep spore in die Afrikaanse musiek bedryf te trap. Nou weer, met sy tweede slag, voer hy dit selfs verder deur sy siel bloot te stel in sy musiek wat homself net stewiger sal vestig in die harte van musiekliefhebbers.

Oog van die Storm is nou landswyd beskikbaar.

The post Len Muller: Oog van die Storm appeared first on Stage and Screen.