Kyk Wie Is Terug… Hotel, die Afrikaanse mokumentêr, is terug! Die reeks handel oor ’n middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger, en sy kleindorpie-personeel wat spartel om dié substandaard-hotel se deure oop te hou. Hulle gaan dalk nie in die geskiedenis afgaan as die beste personeelgroep nie. Dalk ook nie as die flukste of hulpvaardigste nie. Maar dié kleindorpie-personeel van Fransenburg het om ander redes in ons harte ingekruip. ...
Read More »