Sean Robert Daniels Archives - Stage and Screen

Wen jou eie DVD van Stroomop
Stroomop is Nou op DVD en DStv Box Office!

Lees Stage and Screen se Resensie van Stroomop hier:

Met die komplimente van die Vervaardigers, het ons twee DVD’s van Stroomop om weg te gee.

Die opwindende avontuurverhaal, Stroomop, ook die film as Ivan Botha se regisseursdebuut, is al deur 116 999 kykers ondersteun en het al na beraming sowat R7 434 677 by die plaaslike lokette verdien het.  Stroomop op DVD is nou beskikbaar, en kan ook gehuur word op DStv BoxOffice.

Hierdie inspirerende avontuurverhaal oor vyf vroue wat die stormagtige waters van die Oranjerivier en hulle eie lewens aandurf, is op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm en word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling: Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Ilse Klink, Carla Classen en Armand Aucamp.

Hierdie inspirerende avontuurverhaal oor vyf vroue wat die stormagtige waters van die Oranjerivier en hulle eie lewens aandurf, is op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm en word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling: Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Ilse Klink, Carla Classen en Armand Aucamp.

Stroomop DVD kompetisie is nou gesluit,

Let Asseblief:

Die kompetisie sluit op 7 December 2018

Die DVD kan nie omgeruil word vir kontant, of enige ander DVD nie

Die prys bestaan uit een DVD.

Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, ondeneem die inskrywer om die reëls te verstaan.

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Slegs een inskrywing per e-pos addres sal by die trekking ingereken word.

The post Wen jou eie DVD van Stroomop appeared first on Stage and Screen.

Stroomop
Ivan Botha in Stroomop in Debuutrol as Regissseur.

Die lang wag is verby! Ivan Botha en Donnalee Roberts stel met trots die lokprent van hulle nuutste projek, Stroomop, bekend.

Hierdie opwindende avontuurverhaal gaan oor meer as net lewe en dood. Dit vertel die storie van vyf dames – Lana, Vivian, Adrie, Nixie en Diona – wat elkeen besig is om te ‘verdrink’ en in die rowwe waters van die lewe rondgemaal word. ’n Sameloop van omstandighede neem hulle saam op ’n avontuur op die Oranjerivier. Hier gebeur die ondenkbare en hulle boot word omgegooi, die riviergids raak verlore en die vroue bevind hulleself in ’n stryd om oorlewing in die wildernis.

Die reis verander hulle lewens ingrypend, soos wat hulle saam deur seer en vrees worstel. Temas waarop die film fokus, is selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing.

Anders as met hulle vorige twee lokettreffers, is beide akteurs nie dié keer saam op die silwerdoek te sien nie. Alhoewel hulle saam aan die prent gedroom, geskryf en vervaardig het, is dit Donnalee wat die vroulike hoofrol vertolk, terwyl Ivan sy debuut maak as rolprentregisseur.

Die fliek, wat op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm is, word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling.

Donnalee wie in die verlede verskeie toekennings vir haar toneelspel en filmwerk gewen het, waaronder Huisgenoot Tempo’s vir Beste Aktrise en Beste Speelfilm, speel die rol van die chirurg met ’n hartseer verlede, Lana.

Vivian, die tweede Stroomopvrou, het haar lewensvreugde as kind reeds verloor en vind haar lewe hiper-vervelig en dit vererger daagliks haar neiging tot depressie. ’n Baie diep seer na ’n groot liefdesteleurstelling veroorsaak dat sy haarself in iemand anders probeer verander in ’n poging om aanvaarding te vind, maar in die proses verloor sy haarself heeltemal. Dié rol word vertolk deur Simoné Nortmann.

Chanelle de Jager speel Adrie. Soos die meeste vroue daarbuite, skeep sy haarself heeltemal af in ’n poging om al haar boksies daagliks gemerk te kry, en iewers het sy haar innerlike krag en vreugde verruil vir besigwees. Adrie is in ’n voortdurende worsteling met haar gewig en sien nie haar eie mooi raak nie en, as gevolg daarvan, mis sy hoe mooi haar man haar vind.

Diona is in haar hart eerste ’n ma – sterk, uitdagend en bowenal beskermend. Hierdie eienskappe het haar gedryf tot ’n suksesvolle prokureur wat die leer van die besigheidswêreld hoog opgeklim het, ongelukkig was dit onwetend meestal ten koste van haar gesin. Na die dood van haar man moet sy probeer om die verhoudingsbrug tussen haar en haar dogter te herstel. Diona word vertolk deur Ilse Klink.

Nixie bevind haarself terug in Suid-Afrika in die middel van haar studtydperk in London, maar die keer met ’n geheim wat sy nie met haar ma kan deel nie. Na haar pa se dood trek sy elke dag ’n bietjie meer terug in haar dop in, ongemaklik met die verhouding wat nou skielik met haar vroeër afwesige ma gevorm moet word. Carla Classen, speel in Stroomop as Nixie.

Armand Aucamp speel die rol van die riviergids, Guy, ’n man van die aarde, sonder ’n ego en baie in voeling met sy emosies. Hy is baie toeganklik en verbreek nogal daardie vooropgestelde stereotipes wat bestaan oor hoe ’n man lyk en hoe hy regtig is.

Stroomop se draaiboek is geskryf deur Ivan Botha, Donnalee Roberts en Sean Robert Daniels van The Writers Block. Die produksie is vervaardig deur 17FILMS en The Film Factory SA, in samewerking met kykNET en die Departement van Handel en Nywerheid, en word plaaslik deur Filmfinity versprei.

Die rolprent begin op 9 Augustus 2018, landswyd, draai.

The post Stroomop appeared first on Stage and Screen.

Resensie: Stroomop
Eerste Ivan Botha Film bring ‘n Aksie-Drama oor Innerlike Genesing.

deur Louw Mulder

Ons almal weet hoe krities ons Afrikaner mense kan wees, en as dit kom by hierdie spesifieke onderwerp, moet ek maar erken dat ek self skuldig was. Baie van ons het gedink dat die sukses van Pad na Jou Hart en Vir Altyd die norm gaan wees van ‘n Ivan Botha en Donnalee Roberts film, wat maar net nog ‘n Boy meets Girl rom-kom in Afrikaans gaan oplewer… Maar met stert tusAsen my bene, moet ek erken hoe Botha en Roberts diè keer ‘n aangename verassing op die silwerdoek gebring het, waar hulle teen die stroom van kommentaar, ‘n film van besonderse uniekheid vervaardig het.

Stroomop is die nuwe speelfilm uit die pen van Botha en Roberts, met samewerking van Sean Robert Daniels. Aanhangers van die Botha-Roberts duo, sal effens hartseer wees om te weet dat Ivan Botha nie self in Stroomop speel nie, maar dat Roberts se mede-speler in Balade vir ‘n Enkeling, Armand Aucamp, die manlike hoofrol vertolk.

Botha is egter nie uit die prentjie nie. Met Stroomop, druk Botha volgens my sy stempel behoorlik af as regisseur, met Stroomop as sy eerste film in die regisseurstoel. Ons almal het lief geraak vir Wimpie Koekemoer, die rol wat Botha ‘n huishouidelike naam gemaak het in die Bakgat filmreeks. Met die verloop van jare, het ons vir Botha in verskillende rolle gesien groei, en al hierdie ervaring dra nou vrugte, deur ‘n nuwe filmmaker vir Afrikaans bekend te stel. Ek dink persoonlik, dat as Suid Afrika ooit eendag ‘n Hospitaal drama sou vervaardig, Botha die regte man sal wees vir sò ‘n aksiebelaaide produk, na sy vermoeëns bewys is in die spanningvolle hospitaaltonele in Stroomop.

Ek het Stroomop baie geniet, met baie elemente wat bygedra het tot hierdie positiewe terugflits. Wat my opgeval het gedurende die Premiere van Stroomop, wat by Montecasino vertoon is, is dat die einde van hierdie film glad nie voorspel kan word nie. Die storie is so oorspronklik, en die verskillende temas binne-in die storie wat deel maak van die verhaal in geheel, word op so ‘n manier vertel dat elke kyker tot die einde moet sit om te weet hoe die Stroomop verhaal sy sirkel voltooi.

Nog een van die elemente wat Stroomop so spesiaal maak, is die ligging waar geskiet is, om met nog van Suid-Afrika se mooi en aswemrowende natuurskoon te spog. Stroomop is verfilm op die Oranje Rivier in die Noord Kaap waar die storie bymekaar kom met vyf dames wat elkeen hulle eie sielkundige uitdagings in die gesig moet staar. Ek is seker dat nes ek, elke fliekkyker met ‘n waaghalsige neiging, sal lus word vir riviervlottery op die Oranje rivier, omring deur die natuur wat mens net hier aan die suidpunt van Afrika kan kry, met sy eiesoortige, genesende uitwerking.

Ek was baie beïndruk met die rolverdeling van Stroomop. In die hoofrol is Dr Lana, vertolk deur Roberts met Aucamp as Guy, die haan onder die henne. Saam op die ekspidisie, is Diona en haar dogter Nixie, wat onderskeidelik deur Ilse Klink en Carla Classen gespeel word. Dit was ook lekker om veteraan gesigte van tyd tot tyd op die groot skerm te sien, soos Franci Swanepoel en Elize Cawood.

Daar was egter vir my twee noemenswaardige optredes wat aan my ‘n groot glimlag gegee het, as gevolg van hoe hulle karakters vertolk word. Chanel de Jager, speel die rol van Adrie. Haar rol het my die diepste geraak van al vyf dames se stories, en saam met Botha se boeiende Regie, het haar vertolking soveel emosies ontlok, veral met ‘n tema waarmee baie Suid-Afrikaners sal kan vereenselwig. Persoonlik kan ek nie glo dat van de Jager se tonele maklik kon gewees het nie, maar dit wys net die murg in haar pype deur die vermoeë om sulke tonele realisties te maak.

Die jongeling in die vyftal, en ook ‘n karakter wat deur Botha en Roberts spesiaal vir Simonè Nortman geskryf is, is Vivian. Die afgelope paar jaar is daar vele resensies van lof op Stage and Screen gepubliseer oor haar veelsydigheid, haar talente en die je ne se coix, waarmee sy elke karakter persoonlik oor skilder. Met Stroomop bou sy egter op hierdie roem.   Nortman se rol, is daardie karakter wat die ys in die ernstigheid breek. Haar karakter se verdwaaldheid en astrante eienskappe, kon nie beter deur iemand anders vertolk word nie, en met elke stap van haar karakter se groei, het dit vir my gevoel asof ek as kyker saam met haar ontwikkel.

Ek kan egter geen slegte kommentaar oor hierdie rolverdeling regverdig nie. Maar om eerlik te wees, moet krediet ook gaan aan Dawie de Jager, wat met die oorspronklike musiek, elke toneel en natuurskoon ‘n volronde dimensie gegee het.

Met kinkels in die verhaal, en verassings in die storielyn wat mens nie verwag nie, is daar genoeg drama in Stroomop om enige kyker tot die einde te vermaak. Ek is ook seker dat die lesse in hierdie fliek, ook vir elke kyker iets anders sal kan beteken. Dit is ‘n drama met aksie, ernstige humor, hartseer en talle gevoelens van verskeie emosies. Ek is van mening dat alles en almal, onder leiding van Botha, baie mooi by mekaar gekom het om weereens ‘n trots Afrikaanse film vir die nasie te bring.

Stroomop begin in Suid Afrika rol op Nationale Vroudeag, 9 Augustus 2017.

The post Resensie: Stroomop appeared first on Stage and Screen.

Vir die Voëls
Die ware, humoristiese verhaal van ‘n kronkelrige liefdespad na die kansel

Deur Jaco Lotriet

Redakteur van Huisgenoot, Henriëtte Loubser

Stroopsoete nostalgie. Daar is nie twee beter gekose woorde om hierdie onvergeetlike liefdesverhaal te beskryf nie. ‘n Verhaal so boeiend, beide die karakters en storielyn omvou die gehoor van meet af tot op ‘n punt waar hul met oorgawe verlore gaan in ‘n wêreld van weerloosheid, onverskrokkenheid as antitese, liefde, vriendskap, familie twis en selfs oorlog; saamgesnoer in ‘n twee uur lange film wat my hart gesteel het.

Ter viering van Huisgenoot se 100ste bestaansjaar, het redaktrise Henriëtte Loubser en haar span ongeveer twee jaar gelede in ‘n dinkskrum daarop besluit om ‘n lekker romantiese fliek te maak en hul eerste keuse was om KykNET te betrek by die projek. Bekroonde regisseur Quentin Krog is ingespan om die knap regie te behartig en Danie Bester stap in as vervaardiger, tesame met lynvervaardiger, Dries Scholtz. Daarna is ‘n kompetisie van stapel gestuur waartydens lesers hul eie, ware liefdesverhale kon instuur en eindelik sou die wenpaar se storie as inspirasie vir die draaiboek dien.

Francois Jacobs en Simoné Nortmann

Irma de Klerk (neé Humpel) van New Castle se vertelling van haar en haar man Sampie se hobbelrige liefdespad na die kansel, het gewen en die uiteinde was ‘n film wat die verbeelding aangryp en die siel diep roer. Haar skrywe Slim vang sy baas, is slim verwerk na vele gedaantevwerwisselings van die draaiboek, deur skrywers Sean Robert Daniels en Tina Kruger, om spanning en intrige verder te bewerkstellig.

Die storie open met Irma, vertolk deur immergroen Simoné Nortmann van 7de Laan faam, wat op haar troudag voor die kansel ‘n oomblik neem om die ‘gevolge’ van ‘n ‘ja’- antwoord op die predikant se vrae, eers goed na te dink. Wat volg, is ‘n monoloog, direk gerig aan die kamera en gehoor, wat die toon vir die res van die film aangee. Met eerste opslag, voel hierdie tipe storie lewering ietwat vreemd, alhoewel die gebeure vol sirkel kom, saam maas aan die einde en so ‘n duidelike prentjie vorm. Teen hierdie tyd, moet ek erken, was ek so weggevoer deur die sprokiesverhaal voor my op die skerm, ek het gevoel of ek in ‘n besonderse genotvolle beswyming was…

Sampie en Irma de Klerk

Francois Jacobs, as bullebak Sampie de Klerk, trap diep spore in die produksie. Ek het begrip gehad vir sy pogings om Irma se hart te wen. Dit is ‘n regte stoutgat rol waarin Jacobs se ywerige vertolking van Sampie vars, opreg en teer uitgebeeld word. Sy deursettingsvermoë verstom, soos hy berge sal versit om Irma se liefde te wen, maar met haar korrelkop, vrypostige houding is dit net ‘n gesukkel, gebore uit die feit dat sy nie ‘n man wil trou wat haar aan haar pa herhinner nie. Juis om hierdie rede, is daar ‘n definitiewe wending wat op een tydstip in die film gebeur en die spanning tussen haar en Sampie aanwakker. Ek moet bieg, ek het Nortmann nog net in 7de Laan as bedorwe brokkie Nadia Croukamp, gesien.  Haar rol as Irma, in teenstelling met die sepierol, is verfrissend pittig.  Sy staan vir niks en niemand terug nie.  Nortmann, saam met mede-akteur Bennie Fourie is ook hierdie Desember te sien in The Big Bad Musical, wat in die Roodepoort Teater gesien kan word.

Bennie Fourie

Die hoofspelers word vlytig ondersteun deur ‘n rolverdeling van byspelers, waaronder jong akteurs wat die ouer akteurs se vroeër tydsgenote speel. Die volwasse rolverdeling sluit in onder meer Lara Kinnear, as Sampie se maltrap suster Marieda de Klerk. Haar man word gespeel deur akteur Bennie Fourie, wat self ‘n slag het vir goeie komedie – Bennie Fourie vertolk die rol van Sampie se oorlog kameraad en later sy swaer, Karel Grové. Neels van Jaarsveld en Nicola Hanekom speel onderskeidelik Irma se alkoholis pa en geboeliede ma. Immergewilde veteraan-aktrise Elize Cawood, wat met haar bekwaamheid deesdae baie gereeld in Afrikaanse films spog, is Ouma Martie, Irma se steunpilaar. Drikus Volschenk as Willem de Klerk, en sy vrou Dina, vertolk deur Edrien Erasmus, is Sampie se ouers wie die familie kiekie vervolmaak.

Die voorafgenoemde draaiboek aanpassings, het as te ware die rolverdeling heelwat ingeperk, ten gunste van ‘n meer gefokusde storielyn en sodoende het die verhaal wat dekades vantevore, in die laat sewentigs begin het, meer fasette bygekry.

Liam Bosman

‘n Film wat deels handel oor ‘n grensoorlog wat ‘n paar duisend kilometer van ons land se grense af gestry is, sou sekerlik so na as moontlik aan die veggebied verfilm word maar moenie glo nie. Kinematograaf Brendan Barnes en sy span het met opslag besluit om hierdie oorlog tonele op eie bodem net buite Bela-Bela te skiet. Hy en reggiseur Quentin Krog is hier genoodsaak om natuurlike ligbronne te gebruik wat ‘n uidaging was. Interessant genoeg is daarop besluit om ouer kamerafilters in te span, wat ‘n ‘sagter’ voorkoms skep, en die kyker laat terug dink aan fotos van ouds, in voeling met die tydsperiode waarin die storie afspeel.

Benjamin Willem is verantwoordelik vir dir oorspronklike musiek in die film, deur nie net die klankbaan prettig te hou nie, maar ook die klanke laat dien as emosionele steunpilaar wanneer die storielyn dit vereis.  Die produksiespan in geheel het bygedra tot ‘n film wat nie net ‘n genotvolle, ontspannende atmosfeer vir die hele familie skep nie maar ook die hartsnare roer op so ‘n wyse, dat dit inspireer.

Moenie ‘n soetsappige romantiese verhaal verwag nie maar liewer ‘n liefdesverhaal wat eg voel, geheel met al die kinkels in die kabel en ‘n goeie dosis skerp, raakvat humor wat verras van begin tot einde.

Vir die Voëls, in samewerking met Huisgenoot, kykNET Films en The Film Factory begin landswyd in Ster Kinekor teaters draai op 25 November 2016.

The post Vir die Voëls appeared first on Stage and Screen.