Stage and Scren Films Archives - Stage and Screen

Die Rebellie van Lafras Verwey
Tobie Cronje oortref alle verwagtinge.

Die bekende radiodrama en verhoogstuk, Die Rebellie van Lafras Verwey, uit die pen van bekroonde skrywer, Chris Barnard, wat op 7 April in fliekteaters landwyd begin draai, se amptelike lokprent is pas bekendgestel.  Die gesoute akteur, Tobie Cronjé, vertolk die hoofrol.

https://youtu.be/mlU_0XZs-MY

Hierdie tragi-komedie is gebaseer op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun, Simon Barnard, verwerk is in ’n eietydse draaiboek. Dit vertel die verhaal van Lafras Verwey, ’n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. Hy werk in die Staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor ’n wonderlike toekoms.

Hy sien homself as ’n sleutelfiguur in die voorbereiding van ’n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander. Wanneer hy Petra (Chantelle Phillipus), ’n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg, begin sy gedroomde revolusie juis die nag wat die baba gebore word. Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in ’n aangrypende storie, van ’n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van ’n beter wêreld vir almal, te verwesenlik.

Die Rebellie van Lafras Verwey word vervaardig deur geliefde aktrise en regisseur, Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr, onder leiding van opkomende filmmaker, Simon Barnard. Laasgenoemde maak ook sy debuut as regisseur van ’n vollengte speelfilm met dié boeiende verhaal.

Katinka Heyns is bekend in radio-, televisie-, film- en teaterkringe, as aktrise en regisseur en is al met verskeie toekennings bekroon, waaronder die internasionale Crystal-toekenning vir Vroue in Rolprente, tien MNet Vita-toekennings, die Rapport City Press Vrou van die Jaar-toekenning, die Ere-Kanseliersmedalje van die Tswane Universiteit van Tegnologie, ’n FAK-erepenning en ’n SAFTA-prys vir lewenslange bydrae tot die bedryf.

Sy is ook die eerste vrou wat in die Nasionale Rolprent- en Televisiestigting se Hall of Fame opgeneem is en deur die Departement van Kuns en Kultuur as raadslid van die Nasionale Rolprent- en Videostigting aangestel is. As verhoog- en rolprentaktrise, het sy al saam met die room van Afrikaanse kunstenaars opgetree, met hoofrolle in verskeie flieks soos Pappalap, Jannie Totsiens, Eendag op ’n Reëndag en Babbelkous en Bruidegom saam met Tobie Cronjé. In 1987 maak sy haar debuut as rolprentregisseur en –vervaardiger, waarna ’n rits suksesvolle films soos Fiela se Kind, Die Storie van Klara Viljee en Paljas, volg. Laasgenoemde was ook die eerste Suid-Afrikaanse rolprent wat aanvaar is vir ’n Oscar-benoeming. Haar mees onlangse film, Die Wonderwerker, is ook met lof ontvang.   Haar D Phil (ere-doktorsgraad – TUKS) en onlangse erepenning van die Akademie van Wetenskap- en Kuns, gee erkenning aan haar oorkoepelende bydrae tot die bedryf.

Die Rebellie van Lafras Verwey se amptelike premiere sal op 9 Maart 2017 by die Woordfees in die Kaap plaasvind. Bekendes soos, Neels van Jaarsveld, Chantell Phillipus, Cobus Visser, Lionel Newton en Albert Pretorius het ook rolle in dié fliek wat op 7 April 2017, landswyd, deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik word.

The post Die Rebellie van Lafras Verwey appeared first on Stage and Screen.