Stark Productions Archives - Stage and Screen

Ons Praat met Milan Murray
‘n Boheemse karakter wat die Status Quo uit daag!

deur Louw Mulder

As ek terugdink, back in the day, was Frankie, wat deur die baie bekwame Milan Murray gespeel is, een van my gunsteling karakters in Binnelanders, en dit is juis die rede dat Milan een van die aktrises was wie ek gekies het om mee te gesels, toe Stage and Screen hierdie geleentheid aangebied is.

Milan beskryf haar karakter, wat ook bekend gestaan het as Dokter Zieg Combink se skoonsuster, as ‘n uitgesproke, boheemse karakter wat die status quo uitgedaag het.  “Ek was deel van die aanvanklike cast, toe die reeks begin het,” vertel sy: “Ek was deel van die eerste drie jaar van die sepie, en het later vir so twee maande weer ‘n verskyning gemaak.”

Vir Milan, soos sy vertel, is ‘n sepie altyd ‘n tyd van finansiële stabiliteit. Om ‘n gereelde salaris te verdien, is ‘n rare verskynsel in ‘n akteur se lewe hier in Suid Afrika: “Ek kon my eerste motor bekostig, en ook ‘n huis koop.”   Milan se tyd by Binnelanders het tot ‘n einde gekom, toe sy swanger geraak het met haar eerste kind.  Stark Produksies het wel aangebied om haar swangerskap in die storie in te skryf, maar Milan wou nie. “Dis so ‘n persoonlike ervaring en ek wou dit nie met Frankie deel nie,” het sy verduidelik.

“Al my tonele saam met Franci Swanepoel was vir my ‘n hoogtepunt,” het sy gesê: “Ons tonele was heerlik geskryf met baie pittighede en komiese konflik. Ons het mekaar se ritmes later so goed geken. Beide ons karakters was dwars en uitgesproke, heerlike teenpole teenoor mekaar. Frankie was meer roekeloos en Toeks was weer meer beskermend en verantwoordelik,” het sy haar tonele saam met die bekwame Swanepoel, wat Toeks gespeel het, verduidelik.

Maar soos daar hoogtepunte was, het Milan ook laagtepunte gedurende haar tyd by Binnelanders ervaar. “Sepies bied vir jong akteurs die geleentheid om te leer en te groei en ook om ‘n voet in die deur te kry in ons industrie. Sommige groentjies dink egter baie innig hulle is die kat se snor en hanteer die senior personeel asof hulle dieselfde hoeveelheid ervaring het. Die erkenning van die publiek is te vinnig te veel, en dan bars die ego’s uit hulle nate,” het sy eerlik verduidelik, en ek kon amper hoor hoe dit Frankie kon wees wat met my praat. “Die moeilikste is om op jou lip te byt as jy teenoor daardie ego moet speel,” het sy verder gesê. “’n Ander, meer komiese laagtepunt, was toe ek twee maande swanger was, en met oggend-naarheid tussen tonele kon weghap.”

Vir Milan, het Binnelanders haar sonder twyfel dissipline geleer. Sy verduidelik die sepie as ‘n goed ge-oliede masjien, met elke deel wat sy eie meganisme is en eie funksie het. “Wees betyds en ken jou woorde,” het sy uitgelig.

Milan sit egter nie stil nie, en is onlangs in heelwat produksies op verhoog en skerm gesien. Volgende vir haar lê Die Byl 2, en natuurlik haar solo verhoogstuk, Weerkaats, voor.  Weerkaats, waarin Milan tans speel, is ‘n verhoogstuk wat geskryf is deur Retief Scholtz, en die regie word behartig deur Philip Rademeyer.  Weerkaats het vleuende resensies verdien by onderskeie 2017 kunstefeeste.

Hou Milan se Facebook blad dop vir optredes naby jou.

Aan Binnelanders vir julle 3000ste Episode:

“Aan Elsje en wyle Frederich Stark, welgedaan. Julle het die vermoë om ‘n enorme produksie seepglad te laat vloei, terwyl julle altyd in die oog hou dat almal van ons ook net mense is. Baie geluk aan elke HOD, skrywer, regisseur, tegnici en akteur. Wat ‘n Span.” – Milan Murray.

Die Taalversorging van hierdie onderhoud is behartig deur Christa Steyn

The post Ons Praat met Milan Murray appeared first on Stage and Screen.