Theuns Jordaan Archives - Stage and Screen

Skemer: Sê dit Harder
Espach Duo draai die volume op as die Son sak!

Skemer, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en hulle gaan verseker Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers is in rep en roer hê.  Sê dit Harder, wat beskryf kan word as ’n moderne Country-liedjie met ’n pop-aanslag, is soos ’n vars briesie in die bedryf en gaan beslis die radiogolwe oorneem.

Sê dit Harder kom uit die pen van die bekende liedjieskrywer, Johan Oberholzer, en moedig luisteraars aan om nie hulle gevoelens op te krop nie.

Skemer wat bestaan uit Armand en Andrea Espach, het in 2017 ontstaan nadat die paar op Facebook ontmoet het en nie net verlief geraak het nie, maar ook besluit het om hulle musiektalent te kombineer. Die groep, wat die vrystelling van hul eerste enkelsnit as die hoogtepunt van hulle loopbaan sover beskou, is passievol oor musiek en deel hierdie talent en energie graag op die verhoog met elke optrede. Sedert hulle saam begin musiek maak het, het die duo al by verskeie skole, troues, feeste, restaurante en funksies opgetree en ook een van die internasionaal-bekroonde groep, Prime Circle, se vertonings geopen.

Armand Espach het eers sy passie vir musiek op die ouderdom van een-en-twintig ontdek en besluit dat hy graag in Country wou spesialiseer. Dit het hom nie lank geneem om ’n gereelde gesig op die verhoog te word by kuierplekke in en rondom Polokwane en raakgesien te word deur die mense wat saakmaak in die vermaakbedryf nie. Sedertdien het hy al geopen vir sterre soos Juanita du Plessis en ook in 2010 die verhoog gedeel met Theuns Jordaan by Airport Africa Lodge. Die kunstenaar luister graag na musiek wat hom laat goed voel en verklap dat die bedryf hom geleer het om hard te werk om sy drome waar te maak.

Andrea Espach is die talentvolle vrou agter Skemer, met die strelende stem. Hierdie sielvolle sangeres is gebore om te vermaak en het reeds op veertienjarige ouderdom begin sing en is ook ’n baie goeie danser. In 2016 het sy begin met formele sangopleiding by ADAM se Kyle Grant, waarna sy Copperstone se heel eerste talentkompetisie gewen het. Sedertdien het sy al by verskeie feeste soos Innibos, restuarante en korporatiewe funksies opgetree. Andrea het ’n groot hart vir kinders en sou graag ’n onderwyser wou word as sy nie ’n musikant was nie. Die musiekbedryf het haar geleer om nederig te wees en die geleenthede te gebruik wat na haar kant toe kom.

Met Sê dit Harder word Skemer, se talent in hoofletters aan luisteraars en radiostasies bekend gestel en bewys hulle ook dat dit moontlik is om iets uitsonderlik te skep in ’n musiekstyl wat soms geneig is om gewoon te wees.

Sê dit Harder s beskikbaar op alle digitale platforms.

The post Skemer: Sê dit Harder appeared first on Stage and Screen.

Chanell van den Berg: Twee Tree
Twee Tree is Meer Treë in die Regte Rigting…

Chanell van den Berg stel eersdaags haar enkelsnit, getiteld Twee Tree vry.  Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back, die gevoel in ‘n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wat…

Chanell hoop fom met dié country/pop enkelsnit daarin te slaag om die publiek vir ‘n paar minute weg te neem uit hul realiteit. Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ‘n treinspoor insluit in van die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself rigting gevat het.

Chanell is klaar besig met haar volgende enkelsnit wat Oorlog heet. Sy kan nie wag dat mense dit hoor nie en hoop mense kan vereenselwig met haar musiek, sodat dit ‘n verskil sal maak. Chanell is mal oor Nashville se musiek met bekende wêreldklas kunstenaars soos Miranda Lambert, Brad Paisley en Carrie Underwood.

Sy vertel ook dat sy nog altyd baie passievol oor musiek was en al doenig is in die musiekbedryf vandat sy veertien jaar oud is. Tans wek sy in die finansiële sektor van ‘n telekommunikasie maatskappy, omdat sy dit geniet om met syfers doenig te wees. Haar gunsteling deel van die dag is wanneer sy van die werk af kom, en op haar bed kan sit en liedjies skryf.  Chanell put inspirasie uit Theuns Jordaan en Miranda Lambert se musiek.

Hoogtepunte tot dus ver sluit in haar rol in As jy Sing, Trouvoete en die liedjie Little Monster wat sy vir die film Mignon Mossie Van Wyk geskryf het. Chanell hoop om mense aan te raak, ‘n verskil te maak en ‘n voorbeeld te wees met haar musiek, goeie kwaliteit verwerkings, videos en optredes.

The post Chanell van den Berg: Twee Tree appeared first on Stage and Screen.

Henrico Coetzer: Dis Wie Ek Is
’n Digter met ’n ongelooflike stem

Daar bestaan geen twyfel dat Henrico Coetzer (23) die één is wat sy nuwe liedjie, Soos Reën, moet sing nie. Só het die bekroonde sanger, Joshua Na Die Reën, gedink toe hy die nuweling van Pretoria die eerste keer hoor sing het.

Henrico het nie gras onder sy voete laat groei nie en dadelik ingestem. ’n Paar weke later was hy in die opname-ateljee en kort daarna is dié treffer ampetlik vrygestel en baie goed ontvang. Vandag pronk dit op die Top 20-treffersparades van byna elkeen van die nege-en-twintig radiostasies wat dit gereeld speel en bekleë dit die nommer twee posisie op East Rand Stereo se trefferlys.

“Dis ’n voorreg as iemand met ’n mooi stem ’n liedjie wil sing wat ek geskryf het. Henrico is iemand wat baie kan toevoeg tot die Afrikaanse musiekbedryf,” sê Joshua Na Die Reën.

Vir Henrico was dit ’n groot eer om die liedjie te sing. Hy het sangopleiding gekry by die sanger, Chris Coetzer (Drie Tenore) en sedert hy 18-jaar oud is open hy gereeld vertonings vir gewilde sangers soos Bobby van Jaarsveld, sy sussie Karlien, Theuns Jordaan en Corlea Botha om maar net ’n paar te noem. En dis juis by een van Bobby se vertonings dat sy pad met Joshua Na Die Reën gekruis het. By dié spesifieke vertoning het Joshua Na Die Reën vir Bobby op die klavier begelei en dadelik vir Henrico raakgesien.

“Ek was oppad huis toe, en toe ek weer sien klop hy aan my kar se venster. Ek het oopgemaak en toe vertel hy my dat hy ’n nuwe liedjie geskryf het, Soos Reën, en hy dink dit sal perfek werk met my stem,” sê Henrico.

Henrico kon sy ore nie glo nie en kort voor lank was hy besig om “…want jy is vir my soos reën op die vlakte van my siel wat liefde nooit geken het nie… toe vang jy my toe ek wil val…” te sing in studio. Hier is ’n lusmaker van die liedjie:

“Ek is mal oor die lirieke van Soos Reën. Dis heeltmal iets anders. Dis nie net ’n liedjie nie, dis ’n gedig en vertel ’n storie. Dit kan vir elkeen wat dit hoor iets anders beteken. Ek wil musiek maak wat mense se harte aanraak,” sê Henrico wat van kleins af hou van dig.

Die treffer is deel van sy tweede CD, Dis wie ek is… wat verlede jaar opgeneem is. Buiten Joshua Na Die Reën, is daar ook lirieke deur Bobby van Jaarsveld, Johan Oberholzer, Hilandi du Toit en natuurlik Henrico self. “Die album sê wie ek is, en elke liedjie kom van diep uit my hart. Sonder enige pretensie,” sê Henrico, wat nie net sag op die oor is nie, maar ook op die oog.

’n Musiekvideo is ook onlangs geskiet vir die enkelsnit en word binnekort vrygestel. Henrico verklap dat dit in die aand geskiet is en dat dit nogal koud was. Hy is egter baie opgewonde oor die eindresultaat en sien uit daarna om dit met die publiek te deel. “Die tema van die musiekvideo is eintlik baie eenvoudig. Dit is ek wat in ’n ou, verlate sitkamer sit en klavier speel. Maar skielik begin dit reën in die kamer. Dit was vir my so lekker om soveel mense om my te hê wat my ondersteun en help met my droom. Ek droom al vandat ek vyf is daaroor om ’n musiekvideo op te neem,” vertel hy.

Die sanger het die afgelope paar maande geleer dat die musiekbedryf nie maklik is om in te werk nie en dat sukses nie oornag gebeur nie, maar het reeds ’n paar hoogtepunte beleef, waaronder ’n optrede saam met Corlea Botha by Emperor’s Palace en verskeie vertonings by die Innibos-fees, om ’n paar te noem.

As jy hom vra wie hom inspireer, antwoord hy dadelik dat Josh Groban al van kleins af sy rolmodel is. “Hy is vir my ongelooflik en baie talentvol. Ghapi is my Suid-Afrikaanse inspirasie. Hy is ’n ongelooflike persoon wat soveel respek het vir opkomende kunstenaars. Hy is ’n mense mens en ek het die wêreld se respek vir hom,” verklap die sanger. Hy sou ook nog graag eendag saam met Monique ’n liedjie wil opneem en hoop om binnekort ’n draai te maak by Skouspel of Afrikaans is Groot.

The post Henrico Coetzer: Dis Wie Ek Is appeared first on Stage and Screen.