Tim Theron Archives - Stage and Screen

Ander Mens
Bennie Fourie ‘n Ander mens in Nuwe Fliek.

Een les wat die lewe graag vir ’n mens wil leer, is dat niks ooit so eenvoudig is as wat dit mag voorkom nie. ’n Feit wat bevestig word deur regisseur Quentin Krog se splinternuwe rolprent, Ander Mens, wat net soos die hoofkarakter glad nie volgens ’n standaard-formule beoordeel kan word nie.

https://youtu.be/NM7zUkjcZ2c

Die fliek word aangebied vanuit die perspektief van Luitenant Erica Kruger, van die getuiebeskermingsprogram in die Kaap, en is gebaseer op die bekroonde skrywer, Zirk van den Berg  se topverkoperroman wat in 2014 bekroon is met die kykNET-Rapportprys in die rolprentkategorie.

Ander Mens vertel, met oorgenoeg aksie en donkerhumor om kykers op die punte van hulle stoele te hou, die spanningsvolle verhaal van ’n doodgewone en baie vervelige boekhouer, Daniël Niemand, wie se lewe onherroeplik verander nadat ’n reeks misverstande sy bestaan heeltemal omvergooi. Alhoewel die chaos tot groot tragedie lei, help dit hom ook om ’n belangrike persoonlike oorwinning te behaal.

Bennie is briljant in die rol van die bleeksiel, Daniël, wat sy hele lewe lank deur die mense rondom hom geboelie word. Sy saai bestaan verander egter gou in ’n nagmerrie wanneer ’n konfrontasie met sy huweliksberader, deur Tim Theron, skeefloop en sy skelm werkgewer en misdaadbaas, Frank Redelinghuys, gespeel deur Frank Opperman, hom help om die gemors skoon te maak.

Wanneer nuwe inligting Frank se aardsvyand, die polisieman Johannes Ackermann, deur James Borthwick die perfekte geleentheid gee om uiteindelik hierdie krimineel en sy broer Hansie, gespeel deur André Weideman vas te trek, word Daniël onwetend as lokaas gebruik en onder die toesig van Erica Kruger (Marlee van der Merwe) geplaas wat ’n paar donker geheime en agendas van haar eie het.

Ander sterre soos Jana Cilliers, Lika Berning, Clyde Berning, Neels van Jaarsveld, Laudo Liebenberg en meer is ook in die fliek te sien.

As regisseur, was Quentin ook baie oop vir kreatiewe voorstelle en verklap hy dat verskeie tonele op die laaste oomblik spontaan aangepas is as gevolg van die akteurs se interessante interpretasie daarvan.

Tussen die bloed en konsternasie deur, sal die kyker beslis gekonfronteer word met baie stereotipes, maar ook gou besef dat Ander Mens dieper temas soos afknouery, selfbeeld, respek, verhoudings, familiebande, geweld en misdaad aan die kaak stel, wys dat selfs die mees geharde persoonlikheid ook soms weerloos kan wees én dat ’n Niemand op die ou einde ook kan ontwikkel in ’n Iemand wat kan opstaan vir homself. Die rolprent beloof om gehore met tye te laat skaterlag as gevolg van spitsvondige dialoog en donker humor, asook te laat naels kou soos wat die gebeure ontvou en hulle besef dat dit elke mens se verantwoordelikheid is om sy eie identiteit in die lewe te bepaal.

Ander Mens is vervaardig deur Marche Media in samewerking met kykNET Films, M-Net Movies en die Departement van Handel en Nywerheid en word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 23 Augustus 2019.

The post Ander Mens appeared first on Stage and Screen.

Vuil Wasgoed
Bennie Boekfilms en Bouwer Bosch Films bring die Film van die Jaar!

deur Louw Mulder

Verbeel jou ‘n eg-Afrikaanse produksie, gevul met komedie, aksie, en van ons land se top name in een film, en jy sal vining wakker word, met wat ek van mening is, een van die beste Suid-Afrikaanse vollengte speelfilms van hierdie jaar is. Nie net omdat dit met vyf toekennings by die 2017 Silwerskermfees weggeloop het nie, maar ook omdat Vuil Wasgoed iets heeltemal nuuts bied vir enige flimliefhebber.

Vuil Wasgoed handel oor twee ouens wat in ‘n wassery werk. Die een is dom, die ander een neem die leiding. Hulle ontdek op ‘n baie interessante manier ‘n afgekapte vinger in een van die baadjies wat gedroogskoonmaak moes word. Hierdie vinger, nog met ‘n baie duur ring aan, is die onderwerp van ‘n groot familie fiasko in die bende sirkels, wat nou hulle visier op die twee doodnormale Kevin en Wim fokus. ‘n Pure Afrikaanse kat-en-muis storie volg, met kinkels in die kabels, asook ‘n einde wat niemand kan voorspel nie.

Uit die pen van Bennie Fourie, kom Vuil Wasgoed, ‘n splinternuwe Afrikaanse film wat alles insluit; romanse, komedie, selfs aksie en verraad. Fourie se flymskerp, uiters skerpsinnge en skreeusnaakse draaiboek sit die kersie op die koek, wat hierdie produk ‘n nuwe dimensie gee, as net nog ‘n storie op die silwerdoek.

Wat hierdie teks meer krediet gee, is die bekwame en goed deurdunkte rolverdeling, waar die akteur volkome instaat was om elke unieke eienskap van sy karakter, tot lewe te roep. Vir sy spel in die hoofrol as Kevin, het Fourie reeds die toekenning vir beste akteur by die Silwerskermfees losgeslaan, maar ek glo vas dat deel van sy sukses te danke is aan ondersteunende spel, soos diè van Stiaan Smith, asook die drie bende-broers, Tim Theron, Nico Panagio en Charlie Bouguenon. Tussen die dorings was daar selfs die rose, soos Leandie Du Randt-Bosch en die talentvolle Simone Nortmann, wat kleur tussen al die swart in die spanning gebring het.

Theron se karakter word al vroeg in die film bekend gemaak as die skelm van die storie. Volgens my, kan hierdie spel van Theron beskou word as die beste nog van sy loopbaan, kort op die hakke van sy vertoning in Deon Meyer se Jagveld.  Ek het gedink dat sy sjarme en geheimsinnige glimlaggie onder sy kort baardjie, bygedra het tot die persona wat perfek gepas het by diè van Tom, Theron se rol.

Die beste ervaring vir my met so ‘n film, wat ook baie bydra tot die welslae van ‘n fliek, is wanneer ‘n akteur ‘n optrede gee wat die opinie oor hom heeltemal verander. Dit was die geval met Bouwer Bosch se spel. Die vertolking van sy rol as Wim, was uitstekend, snaaks, en nommerpas vir die karakter. Ek persoonlik dink nie dat die flim die woema sou gehad wat dit het, sonder Bosch se bydrae nie.

As vervaardigers van Vuil Wasgoed, het Fourie en Bosch saam met Danie Bester van The Film Factory ‘n film op die lappe gebring wat verras het met die inhoud, die ontwerp, asook die oorspronklikheid daarvan. Baie van die lof aan die kreatiewe kant, moet gaan aan die toegekende span, soos Produksie Ontwerper, Merishen Wessels, wat vir haar werk met die Beste Produksie Ontwerper by die Silwerskermfees die jaar weg gestap het.

Ook op hulle span, was Quinn Lubbe en komponis Benjamin Willem, wat by die 2017 Silwerskermfees met die pryse vir Beste Redigering en Beste Klank Ontwerp en Oorspronklike Musiek onderskeidelik weggestap het. ‘n Mens sal nogal dink dat Ek Lewe van Anneli van Rooyen in ‘n ander tipe flim sou hoort, maar die insluit daarvan in Vuil Wasgoed, het vir my baie goed gewerk. Eduan Kitching was die Kinematograaf, met Maritsa Maritz wat as Grimeerkunstnaar die skepperspan van Vuil Wasgoed voltooi het.

Alles het ten einde puik bymekaar gekom onder die leiding van die regiseur, Morne du Toit, wat die toekenning vir Bester Regisseur by vanjaar se Silwerskermfees opgeraap het. Daar is geboue wat opgeblaas word, skietgevegte wat lei tot bloedige affêres, asook ‘n ongeluk waar ‘n ontrou vrou haar les geleer word buitekant ‘n kluis… Hierdie alles het du Toit bemeester, om ‘n storie op die groot skerm te bring wat hierdie Kersfees tonne pret vir almal gaan besorg.

Vuil Wasgoed begin 8 December 2017 landswyd draai, en dit beloof om skoonskip die film vir die seisoen te wees.

Dankie dat jy hier was…

The post Vuil Wasgoed appeared first on Stage and Screen.

Vuil Wasgoed
Dankie dat jy hier was…

VUIL WASGOED se lokprent is amptelik bekend gestel en is nou aanlyn te sien! Die film, wat onlangs by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai weggestap het met vyf toekennings, word op 8 Desember 2017 landswyd in teaters vrygestel. In ‘n eenvoudige wassery in ‘n ondergemiddelde woonbuurt, is Wim en Kevin besig om ander mense se vuil wasgoed te was, droog te maak en te stryk.

Bedags is hul werk saai, maar snags bied dit vir hulle ‘n uitsonderlike geleentheid. Hulle ‘leen‘ hul kliënte se klere, hou snags partytjie daarin, was dit vinnig die volgende oggend en gee dit terug aan hul kliënte. Dis eenvoudig, dit werk en dit was lekker die eerste 52 keer. Maar, hulle word 30 en die pret word stelselmatig pateties.

Kevin is ‘n oorversigtige en verliefde beheervraat. Hy is moeg vir al die speletjies waarin Wim hulle inpraat en voel of sy lewe ernstig oppad is nêrens heen. Sy beste vriend Wim daarenteen, is ‘n mense-mens wat leef vir partytjie hou. Hy is verlief op sy snor en het ‘n diep passie vir die tagtigs. Hulle groot droom is om hul eie koffiewinkel oop te maak. Maar Kevin raak frustreerd met Wim se laksheid. Hulle spaar al sewe jaar aan ‘n tweejaar-spaarplan.

Aan die anderkant van die stad loop ‘n vreemde transaksie lelik skeef. Die berugte juweelsmokkelaar Charles Gotty is sy vinger en ‘n skeepsvraghouer vol diamante kwyt nadat hy deur een van sy handlangers verraai word. Sy twee seuns, Joe en Manny, moet dit soos Kaïn en Abel uitwoed om hul pa se vinger op te spoor om sodoende die familiebesigheid te verower.

Hierdie twee wêrelde kruis wanneer die verraaier, Tom, sy baadjie ingee om gewas te word. Wim oortuig Kevin om vir oulaas te gaan partytjie en om vir Nikki, die liefde van sy lewe, te probeer soen. Kevin stem in. Hy kies Tom se baadjie vir die partytjie. By die partytjie, ontdek Kevin iets in die baadjiesak: ‘n Koue, afgekapte vinger met ‘n yslike ring aan die ding. Hul lewens word in ‘n oogwink omver gegooi.

Dinge ruk vinnig hand uit en Wim en Kevin word die beskuldigdes van ‘n moord waaraan hulle geen aandeel het nie. Hulle moet vir Jackie, ‘n venynige sekuriteitswag, opspoor om hulle onskuld te bewys. Kort op hulle hakke is twee broers met ‘n rash, ‘n blinde handlanger, twee top-polisiebeamptes en ‘n ongenaakbare verraaier. En iewers staan ‘n skeepsvraghouer met ‘n kosbare vrag en wag vir die hele spul om toe te sak.

The post Vuil Wasgoed appeared first on Stage and Screen.

Jagveld
What makes Jagveld different?

The highly anticipated new Afrikaans action/thriller JAGVELD (Afrikaans, with English subtitles) – written by the renowned master of the thriller genre, Deon Meyer – will come to life on the big screen at South African cinemas from 17 March 2017.

This exciting local cinema release hits the screen with impact – delivering suspenseful elements of the genre with the support of atmospheric cinematography, eerily quiet locations in the Karoo and a top-notch local cast in standout roles (which are a distinct departure from the characters they have played onscreen up to now).

JAGVELD takes the thriller genre to new heights, establishing a unique new entry in the South African movie scene.

Emma le Roux (Leandie du Randt) is on her way home to the family farm in the Great Karoo; pretty, soft little Emma, the pacifist primary school teacher. She has made the trip ‘n thousand times without incident, but not today…

Today she will cross paths with Bosman (Neels van Jaarsveld), Baz (Tim Theron), Jay (Bouwer Bosch), Boela (Edwin van der Walt), AJ (Danie Putter) and Piet (Luan Jacobs).

Bosman is the mastermind of the drug syndicate; a psychopath, he is savage and violent. Baz and Jay are his henchmen – murderers, monsters. AJ and Boela, spoiled brats looking for validation, are on board to make a quick buck in the criminal underworld. And then there’s Piet, the weakling, who is willing to do just about anything for his cousin Bosman.

Emma witnesses them committing a murder; and they see her seeing them. Now they’re hunting her down like an animal. But they don’t know who this girl is that they are hunting and nothing is going according to plan; everything is falling apart, and fast. At first they were driven by hate and revenge. Suddenly, it’s survival…

JAGVELD will be embarking on a nationwide tour from 11 February ahead of the film’s cinema release on 17 March; below follow dates and cities – more details to be announced.

The film will be premiered at each of the tour stops, along with cast attending each screening to introduce the movie to fans and do meet&greets:

18 February 2017                 Kleinmond

23 February 2017                  Stellenbosch Wynfees, Warwick wynlandgoed

24 February 2017                  Ster-Kinekor Tygervallei, Kaapstad

25 February 2017                  Getafix Garden Café, langs die George Botaniese Tuine

1 March 2017                          Apollo teater, Victoria-Wes

2 March 2017                          The Snowflake, Potchefstroom

3 March 2017                          Mimosa Mall, Bloemfontein (dakparkering-area)

4 March 2017                          Nu Metro The Strip, Welkom

9 March 2017                          Scene VIP – Nu Metro Parkview, Pretoria-Oos

10 March 2017                        Mogolklub Funksiesaal, Ellisras

10 March 2017                        Hoërskool Pietersburg, Polokwane

11 March 2017                        Marken Boeresaal  (krieketveld), Limpopo

15 March 2017                        Labia Teater, Kaapstad (met boekbekendstelling)

17 March 2017                        Kunstegrot, Thabazimbi

18 March 2017                        Bidvest Wanderers stadion, Johannesburg

Follow Jagveld on Facebook:  www.facebook.com/jagveld/

The post Jagveld appeared first on Stage and Screen.