Toorbos Archives - Stage and Screen

Toorbos Binnekort in Rolprentteaters
Na lang afwagting en stilte by teaters, sal René van Rooyen se verwerking van die bekroonde skrywer Dalene Matthee se 2003 topverkoper roman, Toorbos een van die eerste plaaslike films wees wat sedert die inperking in rolprentteaters gewys word.

As betowerende filmiese ervaring, het die vervaardigers en verspreiders gevoel dit is ’n moet om te wag tot gehore weer films op die grootskerm kan beleef. Toorbos sal tentatief vanaf 25 September 2020 in teaters te sien wees.

Met asemrowende beelde en meevoerende kinematografie, is Toorbos – gebaseer op die vierde roman van Dalene Mattee se suksesvolle reeks bosverhale – ’n oorrompelende liefdesdrama. Die film vertel die storie van Karoliena Kapp, ’n vrou met ’n intieme liefde en verbintenis met die bos. Toorbos is vervaardig deur bekroonde rolprentmaker, André Scholtz en seun Dries Scholtz van The Film Factory, onder leiding van draaiboekskrywer en regisseur, René van Rooyen.

Toorbos ondersoek die ontworteling van ‘n jong bosvrou in die tyd van die laaste bosbewoners van die Suid Afrikaanse Knysna woude van die 1930s. Dit is die storie van ‘n ingewyde ‘bosvrou’ Karoliena Kapp se intieme verbintenis met die boomhart van die bos. Wanneer sy egter die man van haar drome ontmoet, veroorsaak hierdie einste bekoring ’n liefdesdriehoek wat dreig om haar uitmekaar te skeur wanneer sy moet kies tussen trou en dorp toe trek, of agterbly in die plek waar sy veilig voel. Die besluite wat sy neem, lei tot ’n onvergeetlike avontuur van innerlike konflik, verandering, aanvaarding en, bowenal, liefde.

Ons volg vir Karoliena soos sy verbind word tot ‘n huwelik met Johannes Stander, die realiteite van ‘n selfgerigte, geldsoekende samelewing en die onderdrukking daarvan, en beleef wat dit vir haar gaan vat om getrou aan haarself te bly.

The Film Factory is aan die stuur van produksie van Toorbos, en die film word versprei deur Filmfinity. Die rolverdeling sluit in Elani Dekker, Stiaan Smith, Ira Blanckenberg, Clare Marshall, Ivan Abrahams, Gretschen Ramsden en meer, met Brendan Barnes as kinematograaf.

Toorbos het die toekenning gewen vir die Works in Progress program by die Kaapstad Internasionale Mark en Rolprentfees in 2018. Die film is gekies as een van vyf rolprente uit 54 inskrywings uit 15 Afrikalande. In 2019, is Toorbos gekies as die sluitingsfilm by die 9de kykNET Silwerskermfees. Toorbos is moontlik gemaak deur die ondersteuning van kykNET, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Departement van Handel en Nywerheid en Filmfinity (Edms) Bpk.

The post Toorbos Binnekort in Rolprentteaters appeared first on Stage and Screen.

Toorbos
Dalene Matthee Roman kry lewe op Film.

Die bekende roman, Toorbos, uit die pen van bekroonde skrywer, Dalene Matthee, gaan binnekort lewe kry op die silwerskerm met gesoute vervaardiger, André Scholtz, aan die stuur van dié besonderse rolprent.

Hierdie romantiese drama is gebaseer op die 2003-topverkoper met dieselfde naam, wat deel uitmaak van die oorlede skrywer se arsenaal van suksesvolle bosverhale. Dit vertel die storie van Karoliena Kapp, ’n vrou met ’n intieme liefde en verbintenis met die bos. Wanneer sy egter die man van haar drome ontmoet, veroorsaak hierdie einste bekoring ’n liefdesdriehoek wat dreig om haar uitmekaar te skeur wanneer sy moet kies tussen trou en dorptoe trek of agterbly in die plek waar sy veilig voel. Die besluite wat sy neem, lei tot ’n onvergeetlike avontuur van innerlike konflik, verandering, aanvaarding en, bowenal, liefde.

Toorbos word vervaardig deur bekroonde rolprentmaker, André Scholtz, onder leiding van die knap draaiboekskrywer en regisseur, René van Rooyen. Dié boeiende speelfilm lê die bekende vervaardiger na aan die hart en is ook die projek waarmee hy sy vyftigste jaar in die rolprentbedryf gaan vier in 2019.

Scholtz is een van die land se mees ervare rolprentvervaardigers en het meer as dertig films, asook sewe televisiedramas en –komedies, vir SABC, M-Net en kykNET, op sy kerfstok. Hy is veral bekend vir sy betrokkenheid by die suksesvolle Oh Schucks-reeks saam met Leon Schuster, asook vir die bekroonde rolprente, ‘n Paw Paw vir my darling, Die Wonderwerker en Meerkat Maantuig.

René van Rooyen is die mede-eienaar van Red Letter Day Pictures in die Kaap en het bekendheid verwerf as draaiboekskrywer en regisseur van die lokettreffer, Mooirivier, asook Nantes. Sy is ook mede-vervaardiger en –draaiboekskrywer van Hollywood in my Huis, wat in 2015 vrygestel is.

Die verfilming van Toorbos sal op 21 Mei 2018 in die Knysnabos afskop. Hierdie projek word aangepak met die ondersteuning van M-Net, asook Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Departement van Handel en Nywerheid en Ster-Kinekor Entertainment.

Stage and Screen sal verdere inligting so gou moontlik bekend maak, met baie dank aan Starburst Promotions.

The post Toorbos appeared first on Stage and Screen.