Vaughah Gardiner Archives - Stage and Screen

Chereé: Praat
Praat, of Sing, Iemand sal Luister!

Ons leef in ’n tydperk waar almal in die wêreld, meer as ooit tevore, met mekaar verbind is. Tog lyk dit asof die mensdom vergeet het hoe om op ’n emosionele vlak met mekaar te kommunikeer.

Die snit is deur ’n baie persoonlike gebeurtenis geïnspireer. ’n Vriendin het eenkeer vir Chereé ’n brief getik oor alles wat sy verkeerd doen in hulle vriendskap. Die twee vriendinne het langs mekaar gesit terwyl sy dit lees en, alhoewel Chereé dankbaar was oor haar eerlikheid, was sy kwaad omdat sy nooit met haar oor hierdie probleme gepraat het nie. Op pad huistoe, het die idee vir Praat ontstaan en teen die tyd wat sy by die huis gekom het, was die lirieke byna klaar geskryf.

Omdat dit die eerste Afrikaanse liedjie is wat Chereé vrystel, is sy oneindig trots op Praat. Dit is egter as gevolg van die boodskap dat sy besluit het om dit as eerste enkelsnit vanaf haar komende album vry te stel.  Chereé glo regtig dat almal daarby sal aanklank vind.

Praat is deur Vaughan Gardiner en Hugo Ludik vervaardig en die eindresultaat spog met ’n opgewekte pop-klank, wat jou uitnooi om dit oor-en-oor te luister en is die eerste vrystelling vanaf Chereé se nuwe album wat op 31 Mei 2019 uitgereik word.

Die nuwe album sal hoofsaaklik ’n Country-aanslag hê, maar sal ook verskeie popliedjies insluit om iets vir elke oor en smaak te bied.

Praat is die perfekte liedjie vir enige musiekliefhebber se speellys en van haar treffendste werk tot op datum. ’n Mens kan nie anders as om uit te sien na die musiek wat hierdie dinamiese sangeres oor die volgende dertig jaar gaan lewer nie.

Praat is beskikbaar op alle digitale platforms

The post Chereé: Praat appeared first on Stage and Screen.

Adam with Vaughan Gardener: Wat Nou
Die talentvolle Vaughan Gardiner is ‘n sanger, liedjieskrywer, vervaardiger, akteur, musikant en het ook onlangs sy nagraadse studies in intellektuele goederereg aan die Universiteit van Stellenbosch met Cum Laude voltooi.  Sy derde album SIT VANAAND OP HERHAAL is vroeg in 2015 bekendgestel en sy liedjie Sit vanaand op herhaal het vir baie weke in die Nr. 1 posissie op talle trefferparades landwyd gepryk.  Die musiekvideo van hierdie liedjie kan ook gereeld op verskeie televisie kanale in Suid-Afrika gesien word.

Gedurende September 2015 is die liedjie WAT NOU ft. ADAM, ook vanaf die album, aan radiostasies landwyd bekendgestel en dit pryk reeds bo-aan trefferparades landwyd.

“Hierdie samewerking met ADAM was een wat baie spontaan gebeur het. Dit het sin gemaak om saam met ‘n groep wat so unieke klank aan die Afrikaanse musiekbedryf bekendgestel het te werk. Hierdie kombinasie belowe om die grense van Afrikaanse musiek nog verder te skuif met ‘n lied wat mens van binne tot buite laat borrel van geluk” sê Vaughan.

Die groep ADAM het ook geen bekendstelling nodig nie.  Hulle bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant en met liedjies soos GOUD en SAL OORLOG VIR JOU MAAK het hulle diep in Suid-Afrikaners se harte ingekruip.

“Toe Vaughan die eerste keer die liedjie vir my gespeel het, het ek gesê ons wil so graag deel wees van dit! Die liedjie het soveel lekker elemente aan en die feit dat dit n fantastiese pop-liedjie is maak dit soveel beter. En natuurlik om met iemand so talentvol soos Vaughan te werk maak het die hele proses soveel meer die moeite werd gemaak” gesels Hugo Ludik, stigterslid van ADAM.

The post Adam with Vaughan Gardener: Wat Nou appeared first on Stage and Screen.

Vaughan Gardiner
Sit vanaand op Herhaal

Met treffer liedjies soos “Gooi jou arms om my”, “Vir Jou” en “Hoe wys ‘n man sy hart” het Vaughan Gardiner homself reeds lankal as gevestigde musikant, liedjieskrywer, sanger, akteur en vervaardiger bewys.

Vaughan se tweede enkelsnit, Sit vanaand op herhaal, vanaf sy splinternuwe album met dieselfde titel wat pas uitgereik is, is gedurende Februarie 2015 aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pryk al vir meer as agtien weke bo aan trefferparades van stasies soos Overvaal Stereo, Bok Radio, Radio Helderberg GrootFM, Bosveld Stereo, Suid-Kaap FM, 90.6 VCR, Radio Laeveld en Maroela Media.    Aanghangers het lank gewag vir nog ‘n Vaughan Gardiner album en hy stel beslis nie teleur nie!

Die liedjie, Sit vanaand op herhaal, vertel die storie van daardie een perfekte aand wat ‘n mens eenmaal in ‘n leeftyd beleef. Met sy voete-jeuk ritme wat perfek is vir die dansbaan, vertel die enkelsnit van ‘n aand waar ‘n man sy hart verloor op ‘n meisie wie skielik elke liefdeslied se woorde laat sin maak, en al wat hy wens is dat hierdie aand, wat soos ‘n fliek verloop het, net herhaal moet word. Die musiekvideo vir hierdie liedjie sal eersdaags uitgereik word.

Vaughan is in 1987 in Johannesburg gebore, maar bring die meeste van sy kinderjare in die Kaap deur.  Sy liefde vir musiek het op ‘n jong ouderdom ontluik en hom aangespoor om elektriese- en akoestiese kitaar en klavier te leer speel.  Op 16-jarige ouderdom slaan Vaughan sy eerste teaterrol los in Oedipus the Tyrant.  In dieselfde jaar sien Mozi Records hom raak en ses jaar later, nadat hy ‘n B.Rek-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, begin hy saam met Sean Else en Johan Vorster werk aan sy eerste album.  In 2009 word sy debuutalbum Wie Ek Is, vrygestel.

Hy begin ook vir ander kunstenaars (onder andere Izak Davel, Riaan Grobler, Bok van Blerk, Liani May, Jannie Moolman, Kayla, David Fourie) musiek vervaardig, liedjies skryf en kitaar speel.  Vaughan word in 2009 vir ‘n Huisgenoot Tempo- en Vonk-toekenning genomineer, hy word gekies as een van Vaal Hit Radio Station se top tien kunstenaars van 2009 en die liedjie Ver van Jou behaal die 6de plek op Radio Rippel se treffersparade.  In 2010 ontvang hy die MK Toekenning vir Beste Solo Kunstenaar – ‘n toekenning waarvoor hy weer in 2011 genomineer word.  In 2010 slaag hy ‘n oudisie vir die hoofrol in die musiekblyspel Jock of the Bushveld.  Vir sy vertolking van Jock ontvang hy ‘n Naledi Theatre Award-nominasie. In 2011 speel Vaughan ‘n hoofrol in Deon Opperman se musiekblyspel “Tree Aan!: Die Grensoorlog musiekblyspel”.  In November 2011 vertolk Vaughan ‘n hoofrol in die musiekfliek, Platteland waarvoor hy ook die temalied, gesing deur Steve Hofmyer en Bok van Blerk, geskryf het.  Vaughan was ook in kykNET se dramareeks Hartland te sien as Gerhard Naude. In 2012 is Vaughan te sien in die musiekblyspel Lied van my hart, hy komponeer ook die temalied vir hierdie musiekblyspel. In dieselfde jaar maak Vaughan sy verskyning in die treffer kykNet reeks Getroud met Rugby.

Vaughan spog ook as liedjieskrywer met liedere vir o.a Steve Hofmyer, Bok van Blerk, Lianie May, Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw, Kurt Darren, Elizma Theron, Nàdine, Kayla,

Andriette Norman, David Fourie, Izak Davel, Riaan Grobler, Dirk van der Westhuizen, Karen Ferreira en Willem Botha. In 2013 is Vaughan die musiek vervaardiger en musiek regisseur vir die tienerreeks Liefste Kayla. Ook in 2013, vertolk hy die rol van Koos Kombuis in die die teaterstuk, Kytie – ‘n Koos Kombuis Storie. Sy 2de solo album Hoe wys ‘n man sy hart is in September 2012 vrygestel.

Sy nuutste album sal in April 2015 uitgereik word en sluit in treffers soos “Jou hart klop in my ritme”, “Sit vanaand op herhaal” en ‘n paar heerlike verrassings.

Vaughan het ook onlangs sy nagraads in intellektuele goedere reg aan die Universiteit van Stellenbosch met Cum Laude voltooi. Hy bly tans in Johannesburg waar hy ook deel is van die Muse Productions span saam met Hugo Ludik van die groep ADAM.

The post Vaughan Gardiner appeared first on Stage and Screen.