Wiehan Botes Archives - Stage and Screen

Bolhuis
Bolhuis: Onder die vergrootglas.

Spesialis-ondersoeker Mike Bolhuis, die man wat wetsoortreders se broeke laat bewe, is vanaf Oktober op kykNET in die misdaadsreeks, Bolhuis, te sien.

Mike, wat beskou word as een van Suid-Afrika se top ondersoekers, was al betrokke by van die land se grootste moord- en bedrogsake. In dié reeks delf ons dieper in van die sake wat al op sy lessenaar beland het, soos die Delmas-moorde, waarin die vyf maande-oue Wiehan Botes en sy oppasser, vermoor is en waarvan die moordenaar steeds op vrye voet is.

Ander onderwerpe wat ondersoek gaan word, sluit die volgende in:

Dwelmmuile:

Desperate lede van die publiek word oortuig om dwelms in of uit die land uit te smokkel net om uiteindelik gevonnis te word tot lang tronkstrawwe of selfs die galg oorsee. Ons ondersoek hierdie misdryf verder en gesels met dwelmmuile se families wat steeds probeer lewe in hoop.

Wurban:

Willie Steenkamp was ‘n finansiële konsultant en die hoof van ‘n internasionale beleggingsmaatskappy genaamd Wurban wat beleggers fabelagtige winste belowe het. Uiteindelik egter het miljoene rande en Willie spoorloos verdwyn. Mike het gou Willie se ware kleure agtergekom.

Ralph Haynes:

Ralph Haynes, die man wat bekend was as die “Godfather van die Wes Rand”, verdwyn spoorloos in 2011 nadat hy opstyg in ‘n helikopter vanaf Kitty Hawk lughawe. Maar hoekom was Ralph so berug en wat presies het van hom geword? Mike soek steeds voort na hierdie man wat hy maar al te goed geken het.

Die Knysna moorde:

Gedurende ‘n besonderde bloedige paar maande in die pragtige dorpie Knysna, verloor drie mense hulle lewens in wat lyk soos die werk van ‘n reeksmoordenaar. Uiteindelik word ‘n plaaslike platejoggie gearresteer maar sit die verkeerde persoon agter tralies? Mike besoek weer Knysna saam met ‘n joernalis wat destyds die storie gedek het.

Selfmoord:

Wanneer besluit ‘n persoon om hulle eie lewe te neem en wanneer probeer ‘n moordenaar dit laat lyk soos ‘n selfmoord? Mike kry gereeld hierdie tipe sake. Ons gesels met familielede wat agterbly met meer vrae as anrwoorde. Ook gesels ‘n oorlewende van ‘n poging tot selfmoord met ons.

Rian van Heerden, die vervaardiger van Bolhuis, meen dat die reeks nie net baie interessant gaan wees nie, maar dat kykers diep geraak gaan word. “Mike het ons vrye toegang tot sy organisasie, sy sake en sy lewe gegee ten einde hierdie reeks te vervaardig. Tydens die 13 episodes sal jy ware verhale van misdade beleef wat jou nie onaangeraak sal laat nie. Net soos jy uiteindelik nie sonder ‘n sterk opinie van Mike sal wees nie.”

Mike meen hy wil vir kykers wys wat die realiteit in Suid-Afrika is en verskuilde kwessies na vore bring.

Nog nooit vantevore is daar so diep in die psige van ‘n ondersoeker soos met Bolhuis nie gedelf. Die harde feite, in die woorde van Mike Bolhuis.

Bolhuis word vanaf Oktober op kykNET DStv Kanaal 144 uitgesaai.

The post Bolhuis appeared first on Stage and Screen.