Wilder as die Wildtuin Archives - Stage and Screen

Ons praat met Die Heuwels Fantasties
Nuwe Album, OKAY! gaan fantastiese heuwels versit.

deur Louw Mulder

Almal ken teen hierdie tyd die naam van Die Heuwels Fantasties. In 2009 het hulle op die toneel verskyn met hulle eerste selfgetitelde album. Van daar af, het Wilder as die Wildtuin in 2011, Alles wat Mal is in 2010, en Ja. Nee. Lekker, in 2014 die lig gesien. Nou, drie jaar na hulle laaste album, is dit tyd vir OKAY! se vrystelling. Ek het die voorreg gehad om met die band te gaan gesels oor hulle jongste album.

Pierre Greeff en Fred den Hartog verduidelik dat Wilder as die Wildtuin ‘n goed deurdagte album was. Alles wat Mal is was net crazy, maar hulle is baie trots op OKAY!, wat vanselfsprekend hulle gunsteling album oor die laaste 8 jaar is.

Hierdie album is ‘n fees van verskillende instrumente wat gebruik is, met ‘n verskeideinheid van bef*kte verwerkings wat deur hierdie album, Die Heuwels Fantasties weer in ‘n ander rigting in stuur.   Dit is juis waarna hulle mik. “Ons raak moeg vir die ouer stuff. Ons wil nooit dieselfde album maak nie. Ons hou daarvan om te dink dat hierdie album op sy eie gaan staan,” het Pierre en Fred sin gemaak.

“Ons probeer anders wees met OKAY!. Ons probeer onsself heeltyd druk om beter liedjies te skryf, kanse te vat. Soos ons smaak verander, probeer ons liedjies skryf waarna onsself sal wil luister,” verduidelik Pierre en Fred met trots: “Dit was awesome om te sien hoe dinge in plek geval het teen die einde, so ons is opgewonde vir mense om die album te hoor.”

Die eindproduk van OKAY! het heeltemal anders uitgekom as die oorspronklike party album wat Fred aanvanklik in oog gehad het. “Trust the process en go with the flow” het Pierre verduidelik terwyl hy vol selfvertroue ‘n trek van sy sigaret vat. Fred voeg by: “Ons skop nie te erg teen die stroom in terme van die lewe en wat gebeur nie, so soms draai dinge uit, en dis OKAY!”

As gevolg van die diverse inhoud, is daar nie juis ‘n deurgetrekte tema op hierdie CD nie. “Ek dink elke liedjie het so half sy eie ding. As ‘n geheel, OKAY! met die uitroepteken, sien ons dit as ‘n positiewe affirmation,” sê Fred: “ Ek dink mense het nogal positiwiteit nodig.”

Pierre in ruil verduidelik dat die album probeer om daardie tweespalk-effek deur te voer; daardie ding van Light en Shade: “Alles is f*cked, maar alles is ook OKAY!, op dieselfde tyd,” sê Pierre met ‘n glimlag. Ek dink dit is top of mind vir almal. Alles is ‘n bietjie gebreek, maar dit is nou nie sò gebreek nie.”

Hierdie album volgens Die Heuwels Fantasties, is ‘n introspektiewe avontuur en ‘n goeie verteenwoordiging van hoe hulle voel en vandaar ook die titel van die album, OKAY!. “Ons probeer mense blootstel aan iets waaraan hulle nie noodwendig blootgestel sal word nie, maar dat dit OKAY! is” het hulle bevestig.

Die Heuwels Fantasties vertel dat daar dinge op hierdie album gebeur wat nog nie in Afrikaans gebeur het nie. Dit spreek vansigself as jy na die album luister. Om ‘n spesifieke genre aan hierdie album te koppel, is net fisies moeilik; iets wat die luister daarvan net mèèr lekker maak. Pierre voeg by: “Die feit dat mense na Afrikaans as ‘n genre verwys, is my ‘n kramp. Afrikaans is ‘n taal!”

Maar OKAY! was nie net ‘n spanpoging tussen die lede van Die Heuwels Fantasties nie. Daar was samewerkings met groot name in die bedryf betrokke by hierdie album, waarna die Heuwels verwys as ‘n organiese proses. Hanno de Jong, JR en Valiant Swart is onder die name waarmee die Heuwels kragte saamgesnoer het. “We try to serve the song, jy weet. Ons forseer niks. As iemand ons idees gee, of ‘n sekere ding herhinner ons aan iemand, dan tel ons die foon op en ons bespreek dit.” verduidelik Pierre.

Daar is egter sekere medewerkers vir wie Die Heuwels Fantasties duidelik baie respek voor het. Oud-lid van Die Springbok Nude Girls, Adriaan Brand is onder andere een van hulle. In Pierre se woorde: “Dude, Adriaan is ‘n mother f*cker met al sy instrumente, en op die oomblik doen hy sy doktoraal in musiekterapie.” Fred voeg by: “en hy hou nie daarvan om in die limelight te wees nie.”

Janine Neethling op die klavier, was haar briljante self. Fred vertel: “Jy sit vir Janine agter die grandpiano, en dis net biblical. Dit kom net uit haar uit, soos ‘n extention van haar wese.” Pierre erken self dat hy trane in sy oë kry om haar te hoor.

Pierre vertel dat daar 14 volle snitte op OKAY! is, met ‘n paar interludes en instrumentale snitte wat die hele album ‘n ander tipe van luister ervaring maak.

OKAY! was verlede Vrydagaand amptelik bekend gestel by die Weiveld in Pretoria. Die album is nou beskikbaar, en as jy nie by ‘n musiekwinkel kan uit kom nie, nice try, dis ook op hulle website beskikbaar, OKAY!

‘n Ouderdomsbeperking sou heel waarskynlik van pas gewees het vir hierdie artikel, maar ons het probeer om die onderhoud so akkuraat as moontlik deur te gee.

The post Ons praat met Die Heuwels Fantasties appeared first on Stage and Screen.