Wynand Jonker Archives - Stage and Screen

Nagligte: Ons
Nagligte verras met nuwe enkelsnit en video.

Die rockgroep, Nagligte, het gedurende die tweede helfte van 2015 hulle debuutalbum, Hoop in die Donker, vrygestel.  Dié album is baie goed ontvang en het onmiddellik aandag gterek.  Liedjies soos Dit Stop Nou, Bly, Hoop in die Donker en Ongeloof(lik), het aanhangers gaande gehad en kan steeds op radiostasies landswyd gehoor word.

Die groep wat bestaan uit Jacobus “Roof” Brink as voorsanger op kitaar en klavier, Wynand Jonker op kitaar en Daniël “Eddie” Brink op dromme. Nagligte is deur Bok Radio vir Groep van die Jaar vir die 2017 Bokkie toekennings benoem.

Gedurende 2016 is hulle vir twee Ghoemas benoem en in Oktober 2016 het hulle weggestap met twee Bokkie toekennings vir Nuweling van die Jaar en ook Groep van die jaar.  Die afgelope jaar was hulle terug in die ateljee en verras nou met ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo getiteld, Ons.

“Ons gaan oor verhoudings en spreek spesifiek oor verhoudings wat nie wedersyds voordelig is nie.  Dis ‘n song wat beskryf hoe ‘n liefdesverhouding oor tyd voor uitdagings te staan kom, en hoe jy daardie oorspronklike liefde moet herontdek”, sê Jacobus.

The post Nagligte: Ons appeared first on Stage and Screen.

Nagligte: Dit Stop Nou
Dit Stop Nou

Word wakker. Staan op. Gaan werk toe.

Word wakker. Staan op. Gaan huis toe.

Die siklus herhaal homself tot vervelens toe. Wat gaan van ons word?

Dit is as gevolg van hierdie worsteling dat NAGLIGTE besluit het om hul vrese en drome aan die wêreld te openbaar.

Die groep bestaan uit drie lede: Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël (Eddie) Brink (dromme).

Die groep het in 2000 begin toe Roof en Wynand mekaar op Universiteit ontmoet het. Albei was aanvanklik skepties oor die ander se musikale vernuf, maar van die eerste optrede was die skrif teen die muur: “We’re starting a band!”

Vir meer as ‘n dekade lank is die droom maar soos meeste drome eenkant toe geskuif om stof te vergader tussen IRP5s, trou foto’s en kinder speelgoed. Aan die begin van 2014 het die droom uiteindelik begin momentum kry toe hulle saam met Eddie begin liedjies skryf het. “Ons was so gatvol vir ons werke. Ons wou net iets doen om uit hierdie sieldodende bestaan te kom”, sê Roof. Al drie die lede is voltydse besigheidsmanne.

Sommer gou daarna is die rowwe idees in Wynand se huis in sy ateljee neergelê “and the band was gonna make it!”

‘n Goeie vriend van die groep, Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties, het voorgestel dat hulle vir Fred den Hartog (ook lid van Die Heuwels Fantasties) betrek om die album te vervaardig. Daarna is ‘n paar van die liedjies ook deur Francois de Klerk vervaardig.

Meer oor die enkelsnit DIT STOP NOU:

“Een van die vervaardigers op die album, Sheep (Francois de Klerk), het vir ons ’n stuk musiek gestuur en gesê ons moet kyk waarmee ons kan opkom. Ons was dadelik mal daaroor en Wynand het vinnig met die melodie en die konsep vir die liedjie vorendag gekom. Ek, Roof en Wynand het toe saam die lirieke begin skryf”, vertel Eddie.

Die liedjie is opgeneem deur Francois de Klerk by Blakk Productions in Potchefstroom en gemeng deur Jürgen von Wechmar van Sunset Recording Studios in Stellenbosch.

The post Nagligte:  Dit Stop Nou appeared first on Stage and Screen.