Zane Meas Archives - Stage and Screen

Liewe Lisa
Kompanjie Stories se Eerste Vol Fliek maak Liefde op Valentynsdag.

Liewe Lisa, die debuutfilm van Kompanjie Stories, se lokprent is nou aanlyn te sien. Die film word vrygestel op 14 Februarie 2019 en kykers sal Hendrik Cronje en Elani Dekker in die hoofrolle sien.

Die film Liewe Lisa is nie net die filmmakers se eerste produksie nie, maar het ook as inspirasie gedien vir die begin van ‘n nuwe produksiemaatskappy, naamlik Kompanjie Stories, met die uitsluitlike missie om ware en oorspronklike storie-gebaseerde films aan die Afrikaanse mark te bring.

Die draaiboek is deur Hendrik Cronje geskryf en is geïnspireer deur die film, The Graduate van 1967. Vanweë Hendrik se groot behoefte om sy eie films te maak, het hy kragte saamgesnoer met sy broer, Johan Cronje, en hulle het begin gesels oor Liewe Lisa, toekomstige films en die behoefte aan storie-gebaseerde rolprente gebaseer op die werklike lewe. Gevolglik het hulle besluit om Liewe Lisa en ander toekomstige films self te vervaardig.

Liewe Lisa se regie is deur Hendrik Cronje behartig, en hy vertolk ook die hoofrol van Daniel in die film. As skrywer, was die rol van Daniel in sy brein gegiet, wat aan die produksie die ekstra voordele van die karakter gebied het. Die regie van die film was nooit onderhandelbaar vir Hendrik nie, aangesien hy homself eerstens as ‘n regisseur beskou, tweedens as ‘n skrywer en derdens as ‘n akteur. Om daardie redes het die broers besluit dat Hendrik die regisseur sou wees, asook die hoofrol sou vertolk.

Die karakter Daniel is deurmekaar en bekommerd oor sy toekoms. Hy gradueer binnekort en gaan sy loopbaan eersdaags begin, maar het ‘n geheime droom om ‘n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n invloedryke besigheidsman se vrou. Na die verhouding verby is, ontmoet Daniel vir Lisa, vertolk deur Elani Dekker, die dogter van dieselfde besigheidsman.

Teen sy belange, raak Daniel verlief op Lisa. Die foute van sy verlede haal hom in en Daniel roep die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en hy ontmoet vir Tom, gespeel deur Zane Meas – ‘n eenvoudige visserman.  Daniel verwyl sy dae deur vis te vang en om met Tom te gesels oor die lewe en die liefde en hy deel sy herinneringe van die verlies van sy lewensmaat.  Tom onthul ‘n ander kant van homself aan Daniel en help hom om sy ware potensiaal te bereik.

Liewe Lisa se rolverdeling sluit ook in, onder meer Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Chrystal-Donna Roberts en meer.

Die film word landswyd op 14 Februarie 2019 deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik.

The post Liewe Lisa appeared first on Stage and Screen.

Spoorloos
Nuwe kykNet drama maak nuwe Spore op Dinsdae.

kykNET-kykers weet teen hierdie tyd dat die drama-gleuf op ’n Dinsdagaand nooit teleurstel nie en met die nuwe reeks, Spoorloos, wat op 9 Oktober begin, gaan dit ook nie anders wees nie.

Die storie speel af in die dorpie Digtersdal in die Oos-Kaap. Dis ’n spookdorp op soek na genesing en herlewing, maar ná dertien jaar se onopgelosde raaisels, keer die reeksmoordenaar van destyds skielik terug. Om hom op te spoor, moet ’n speurder en joernalis al die ou wonde oopkrap. Terselfdertyd is daar ook drie kinders van die dorp wat die monster probeer vastrek en familie-intriges, soos net in ’n klein dorpie kan wees…

Die dorp Digtersdal in die Oos-Kaap, is dertien jaar vantevore deur ’n reeksmoordenaar geterroriseer ,wat seuns van 5 tot 15 jaar oud geteiken het. Die moorde het skielik opgehou, maar die moordenaar is nooit vasgetrek nie. Die dorp was geknak. Wonde het jare gevat om rowe te vorm en is nog lank nie genees nie. Werner Malan se planne vir die ontwikkeling van Digtersdal tot ’n vakansieparardys, het doodgeloop en hy het ‘n fortuin verloor. Die bouwerke vir ’n toeriste-oord wat met die Sonstad sou kompeteer, is gestop en die ingangspoort wat opgerig is, staan verbleik soos ’n reuse grafsteen, ter herhinnering aan die tragedie wat die dorp oorval het.

Nou, dertien jaar later, is die dorp onder Werner se stukrag vasberade om die spoke van die verlede te besweer. ’n Fees is in die lewe geroep – die Fakkelfees – waartydens besoekers aangemoedig gaan word om in die nuwe tyddeelontwikkeling te belê.

In die rolverdeling is ’n paar veteraan-spelers, asook nuwe gesigte. Die reeks is in Cradock in die Karoo geskiet en die dorp en sy mense dien as agtergrond vir dié nuwe reeks.

Deon Coetzee is te sien as Werner Malan, ’n sakeman, politikus en boer. Hy is getroud met Angelique, gespeel deur Catriona Andrew, wat uit ’n ryk Engelse familie kom. Hulle seun, Werner Jnr. wat almal Junior noem, vertolk deur Francois Jacobs, is getroud met Lara, Amalia Uys se karakter – ’n gekneusde engel wat op soek is na redding uit haar versmorende huwelik. Lara het ’n 12-jarige seun, Jan-Gustav, gespeel deur Neil Slabbert.

Ludwig Binge as Ian Vos, werk by ’n advertensie agentskap in die stad. Hy was 17 jaar oud toe sy broer, Benjamin, deur die reeksmoordenaar vermoor is. Sy ma, Frieda, vertolk deur Wilmien Rossouw, woon nog in Digtersdal.

Zane Meas as Adam Arendse, is ’n politieke leier en aktivis en is pa van Keagan, gespeel deur Charl Fleurs, ’n slim seun, hoewel hy effens van ’n bangbroek is.

Eric Bouwer as De Wet, is ’n speurder van Johannesburg en Sonja Landman, vertolk deur Kim Lategan, is ’n TV-joernalis wat groot drome het om ’n ondersoekende joernalis te word. Lieb Bester, as Gert Neethling ,is die dronklap van die dorp en sy vrou, Magda, gespeel deur Elsabé Daneel, is iemand wat wys wat onvoorwaardelike liefde beteken.

Kagiso Rathebe, as Sibusiso Jele, is De Wet se kollega en Lusanda Miya, vertolk deur Sibulele Gcilitshana, is kaptein. Deon Prinsloo is ’n siniese speurder by die plaaslike polisiestasie en word gespeel deur Ashley Taylor.

Ander karakters is Ds. Els, met Morné Visser, die maplotter en dwelmhandelaar Piet “Pille” Taljaart, met André Odendaal en sy dogter Esti, met vertolking deur Ineke van der Merwe. Verder sluit die rolverdeling in Hannes van Wyk as die waarnemende skoolhoof, Mnr. Immelman, Marie Fick, die bestuurder van die plaaslike koerant, met immergroen Liz Meiring, asook Fezile Grootboom, Werner se voorman, vertolk deur SK Sombokwe. Die reeks is gegrond op Daddy Longlegs, ’n boek deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann.  Die draaiboek is deur Ilse van Hemert geskryf en sy was ook saam met André Odendaal die mede-regisseur. [dropcap][/dropcap]

The post Spoorloos appeared first on Stage and Screen.