Nuwe Fliek gebruik al die Trix om Teatergangers te laat Thys voel.
Deur Louw Mulder
Thys en sy suster Trix is in die Suid-Afrikaanse polisiediens, maar hulle uiteenlopende persoonlikhede is genoeg om wrywing en rusie tussen die twee te veroorsaak. Met ‘n sameloop van gebeure, word hulle gekies om saam met Kaptein Solomons, ‘n groep vriende in die Wes-Kaap te ondersoek, waar hulle karakters, name, en liefde vir mekaar, drastiese veranderinge moet ondergaan. Vir hierdie veskuilde missie, word hulle na die beeldskone landskappe van die Wes-Kaap gestuur.
In die gholflandgoed van Pinnacle Point, ontmoet hulle die verdagtes, ‘n hegte klompie vriende, met wie ons helde, nòù, Johan en Susan Verwey, moet vriende maak om ten einde in hulle missie te slaag. Deur veskeie uitdagings en struikelblokke op hulle pad, loop alles nou nie regtig volgens plan nie…
Vir my was dit regtig die rolvertolking van Bosch en Bouguenon wat uitgestaan het. In Vuil Wasgoed, het ons reeds kennis gemaak met die verskeidenheid waarmee Bouwer Bosch sy karakters kan vertolk, en as Thys, of sowel Johan Verwey, maak Bosch sy karakter volkome sy eie, waar ondermeer die uitbeeld van Thys se domheid, krities was in die vertel van die storie.
Daar is baie om te noem oor die produksie kwaliteit van hierdie rolprent. Bekroonde produksie ontwerper, Bathoni Robinson het haar staal gewys, van tonele in die middestad van Johannesburg, tot die asemrowende tonele op die Pinnacle Point Gholflandgoed in Mosselbaai. Die afspeel van die oorhoofse tema, dink ek, kon nie beter uitgebeeld word in ander liggings in Suid-Afrika nie.
Saam met die uiteenlopende aard van al die verskeie tonele in Thys & Trix, het die klankbaan volgens my baie slim en effektief die wese van elke toneel vervolmaak. Die talente van Loki Rothman wat die oorspronklike klankbaan gekomponeer het, het my dadelik baie duidelik opgeval in hierdie fliek se musiek. Maar met dit gesê, kan ek nie nalaat om erkenning te gee aan Charlotte Buys wat krediet moet kry vir haar werk as die Klank Ontwerper nie.
Met die hulp van The Writers’ Block, kom hierdie storie van Thys & Trix uit die pen van Bosch, Du Randt-Bosch, en Krog. Ek moet erken dat selfs nà die derde keer wat ek Thys & Trix gekyk het, ek elke keer nuwe kletsgrepe in hierdie draaiboek van flymskerp humor kon optel. Maar moenie dink dat hierdie storie net weer ‘n voorspelbare verloop volg nie. Die kinkels en kabels wat ontkoek, sal verseker sorg vir daardie ekstra giggels.
Die vervaardigers van hierdie rolprent, het al die Trix gebruik om elke teaterganger the laat Thys voel, met hierdie eg Suid-Afrikaanse, sit-terug-en-onstpsan aksiekomedie.
Thys & Trix begin Vrydag, 22 Junie in teaters Landswyd draai.