Stage and Screen

Twee vir die Prys van Een

Terug op die Afrikaanse verhoog weens hoë aanvraag.

Twee vir die prys van een is ’n slimsnaakse, vars, uitbundige komedie met onverwagse wendings; geskryf deur die bekende Britse dramaturg Donald Churchill. Die stuk is in Afrikaans vertaal deur Wim Vorster.

Lizz Meiring, Marisa Drummond en Hannes Muller

Twee vir die prys van een word aangebied deur Kosie House of Theatre. In die rolverdeling is Hannes Muller (Groet die grotman), Lizz Meiring (Cheaper than Roses, Mollie en Wors) en Marisa Drummond (Hester en Ester Bester).

Die regisseur is Neels Clasen.

In dié stuk ontmoet die gehoor vir Walter (Hannes Muller) wat as verwer by ’n deftige huis opdaag om die studeerkamer van ’n belangrike sakeman te verf. Walter is eintlik ’n sukkelende, maar besonder ambisieuse akteur wat die pot aan die kook hou met sy verfwerk.

Mercia (Lizz Meiring) is die sakeman se pretensieuse en hoogheilige vrou wat haar in ’n penarie bevind wanneer Janie (Marisa Drummond), haar skelm minnaar se vurige vrou, opdaag en dreig om hul affair oop te vlek. Janie dreig om Mercia se man te vertel van sy vrou se agterbakse verhouding. Mercia sal egter alles doen om te verhoed dat die saak op die lappe kom.

Walter word natuurlik betrek – met skreeusnaakse en verrassende gevolge.

’n Besondere teks met fyn woordspelings in die mond van gesoute akteurs sorg vir komedie op sy beste.

Twee vir die prys van een is te sien by die Wynand Mouton Teater vir drie optredes van 8 – 9 Junie 2016.

8 Junie 2016 om 19:00

9 Junie om 15:00 en 19:00

Kaartjies kos vanaf R150 en is beskikbaar by Computicket..  Geen onder 13 weens die inhoud van die spel.