Stage and Screen

Uitvlucht

Nuwe film van Regardt van den Bergh. 

 

 

Hoogs suksesvolle skrywer, regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se nuwe Suid-Afrikaanse film, Uitvlucht, word op 13 Mei 2016 landswyd uigereik en nou kan lesers na die eksklusiewe lokprent van hierdie opwindende rolprent loer!

Uitvlucht vertel die verhaal van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n konserwatiewe middelkasvrou wat met vuur speel en alles wat saak maak in haar lewe verloor. Tydens haar reis om self-ontdekking en vergifnis, kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam ‘Uitvlucht’.

Stelselmatig begin sy herstel en besluit om die lewe weer vierkant in die oë te kyk en ontmoet in die proses ’n saggeaarde, alleenloper-boer, Dok (Stian Bam) wat haar bevriend en haar weer in haarself laat glo.

Sy ontdek ook weer haar rede om bestaan soos sy nouer betrokke raak by die kindertjies se geluk en hartseer en tree op as heldin in hul lewens teen die swaar in hul lewens, onder meer molestasie, hul ouers en ander familielede se drankmisbruik, die gemeenskap wat die wet in hul eie hande wil neem en mense wat geen ontsag vir ander se swaarkry het nie.

Anna vind die uitvlug waarna sy smag en op haar beurt bring sy uitvlug na die gemarginaliseerde skooltjie wat desperaat veg om voort te bestaan en ook na die gemeenskappe wat slagoffers is van armoede en uitbuiting in haglike lewensomstandighede.

Uitvlucht is ‘n ware plaasskool in die voetheuwels van die Suurberge in die Langkloof in die Oos-Kaap. Soos baie plaasskole is daar geen hulpbronne en moeilike sosiale uitdagings vir die gemeenskappe, soos alkoholmisbruik, kindermishandeling, ongeletterdheid en gesinsgeweld.

Die plaaslike gemeenskap was van onskatbare waarde tydens die verfilming van die film en veral die kinders van die skooltjie het gewys hul hoef nie terug te staan vir enige professionele akteurs nie.

Regardt sê: “Om die egtheid nog meer te onderstreep, is daar op die Uitvlucht-skooltjie self geskiet en met die skool se eie kinders. Hierdie leerders het ieder en elk verbaas met hulle natuurlike spel en vrymoedigheid voor die kameras.

“Daar is 48 kinders wat almal deel van die filmmaak was. Hulle lewendigheid en spontaneïteit was so aansteeklik en inspirerend. Dit was n vreugde om in n werklike klassituasie hulle spontaneïteit en interaksies te skiet.”

Volgens die vervaardigers, “praat die storie oor die ontsagwekkende grootheid van God se genade in die lewe van n gewone sondaar, en ook oor die bruin gemeenskappe op plase se stryd om n behoudend te lewe te leef.   

“Dis n storie van hoop in n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin…”

“Ek is baie opgewonde oor Uitvlucht, hierdie fliek is uit die hart. Die kindertjies is Hollywood-sterre! Of mens kan net sê, hulle is almal filmsterre,” sluit Regardt af.

Ander akteurs wat in die rolprent verskyn, is Jill Levenberg, Oscar Peterson, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichardt.

Uitvlucht is vervaardig in samewerking met kykNET en die Industrial Development Corporation en is geskryf deur Regardt van den Bergh en Clara Joubert van den Bergh, met Vlokkie Gordon en Regardt van den Bergh as vervaardigers en Lika Berning as mede-vervaardiger.

Die rolprent word landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

UITVLUCHT open op 13 Mei 2016 in fliekteaters landwyd en word versprei deur Ster Kinekor Entertainment.