Stage and Screen

Varsity Sing

Varsity Sing betree die verhoog

Die eerste Varsity Sing, met gasheer Marno van der Merwe, tref kykNET (DStv kanaal 144) se skerms 14 Julie.  Vir die volgende 13 weke kan Suid-Afrikaners vir ‘n musikale bederf gereed maak wanneer Suid-Afrika se top kore kompeteer in ‘n uitdun-kompetisie om uiteindelik as Suid-Afrika se beste koor gekroon te word.

Dié koorkompetisie is ‘n eerste van sy soort, en beloof om die gehoor op ‘n musikale en nostalgiese reis te neem.  Kykers kan ‘n program van die hoogste gehalte, oorspronklike musiek, unieke komposisies en agter-die-skerms aksie wat die storie van elke universiteit vertel, verwag.

Maak gereed om meegevoer te word wanneer kore versoek word om een liedjie uit elke kategorie (Engels, Afrikaans en een traditionele Afrika-taal) te kies.  Deur hierdie unieke en uiters Suid-Afrikaanse kompetisie, bied Varsity Sing vir die kykers diverse vermaak in ‘n taal wat almal verstaan:  musiek.

Die reeks skop af Kaapstad en bring vir ons die talentvolle kore vanaf die Universiteit van Kaapstad, Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Stellenbosch.  Vandaar beweeg dit na Port Elizabeth waar hulle vir die Nelson Mandela Metropolitan Universiteit, Rhodes Universiteit en Tshwane Universiteit van Tegnologie die kans gee om op te tree vir ‘n plek in die semi-finaal.  Johannesburg is volgende, met die Universiteit van Johannesburg, Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Limpopo op die verhoog, voor die eerste ronde afsluit in Bloemfontein met die Universiteit van die Vrystaat, Sentrale Universiteit van Tegnologie en die Vaal Universiteit van Tegnologie wat ook gaan spook vir hulle plek in die semi-finaal.  Slegs twee universiteite per rondte sal deurdring na die semi-finaal toe.  Twee semi-finale van vier spanne sal plaasvind en die top twee universiteite in elke semi-finaal sal uiteindelik deurdring na die Varsity Sing finaal.

Die finaal sal ‘n regstreekste uitsending wees, met die kykers by die huis wat vir hulle gunsteling koor op die Varsity Sing toep kan stem.

Daar sal vier glans-beoordelaars by elke vertoning wees.  Die drie gereelde beoordelaars en koor-spesialiste, Loyiso Bala, Christo Burger en Marvin Kernelle word elke ronde bygestaan deur ‘n gasbeoordelaar wat op die ou einde ‘n paneel van vier beoordelaars opmaak.  Bly elke week ingeskakel vir wanneer ‘n bekende musikant die soektog na Suid-Afrika se voorste universiteitskoor betree.

Bala lewer kommentaar op die eerste rondtes van optredes:  “Ek was geheel-en-al vermaak, en as hierdie die standaard van die kompetisie gaan wees is ons in vir ‘n ongelooflike tyd! “

Varsity Sing word op kykNET (DStv kanaal 144) elke Donderdagaand om 20:30 vanaf 14 Julie 2016 uitgesaai.  Die regstreekse finaal vind die 13de Oktober 2016 plaas.  Vir die volle Varsity Sing skedule, gaan nahttp://varsitysportssa.com/varsity-sing-schedule/.  Volg ook al die drama en gesprekke op sosiale media.

Vir meer inligting:

Webtuiste: www.varsitysportssa.co.za

Facebook: facebook.com/VarsitySportsSA

Twitter: @VarsitySportsSA

Instagram: @VarsitySportsSA

YouTube: youtube.com/VarsitySportsSA

Offisieële hutsmerk: #VSSing