Stage and Screen

Zulu Wedding

Sy kan nie van Tradisie, of haar hart ontsnap nie.

Zulu Wedding is die langverwagte romantiese komedie deur vervaardiger en regisseur,  Lineo Sekeleoane. Dit is die eerste Suid-Afrikaanse fliek met ’n swart vrou as vervaardiger en regisseur en sy was ook self verantwoordelik vir die storiekonsep. Die rolprent is romanties, glansryk en skreesnaaks en is ’n huldeblyk aan die Afrika kultuur. Dit gee erkenning aan die, soms skisofreniese, realiteit van stedelike Suid-Afrikaners, wat moderne en gesofistikeerde lewens ly, wat steeds gevorm word deur familiekulture, tradisie en verwagtinge.

Die vurige koreograaf, Lou “Ljungile” (Nondumiso Tembe), sal enigiets doen om nie verlief te raak nie en selfs nog meer om nie terug te gaan na haar tuisland, Suid-Afrika, waar sy beloof is aan ’n koning nie. Wanneer sy egter haar sielsgenoot, Tex (Darrin Dewitt Henson), ontmoet word sy gedwing om die tradisie te konfronteer, waarvan sy al weghardloop sedert haar ouers se dood toe sy agtien geword het en moes verantwoording doen vir die voorouer-skuld waarmee hulle haar agtergelaat het. Sy beraam ’n plan om die koning te konfronteer en hom te oortuig om van haar te vergeet, maar wanneer sy die aantreklike koninklike raadgewer, Zulu (Pallance Dladla), nader om haar te help om in die paleis te kom, ontdek sy dat hy gevaarlik sjarmant is en al die beste aspekte van haar kultuur en agtergrond verteenwoordig.

Tex, sy wysneus-vriend, Nate (Carl Payne), Lou se eksentrieke verkeerskonstabel-sussie,  Mabo (Makgano Mambolo), en haar beste vriendin, Sam (Bubu Mazibuko) – ’n alkoholis wat dinge sê soos dit is, vaar die ‘platteland’ in om haar te red, terwyl haar Oom Phineas (Jerry Phele), sy sexy vrou, Yvonne (Kelly Khumalo), en “The Basotho 10,” (met die TKZee-familie se Gwyza as leier) agterbly. Dit skep die perfekte agtergrond vir komiese insidente, mannewales en hartseer.

Met ’n opwindende draaiboek deur Julie Hall en uitstaande kinematografie deur die bekroonde Lance Gewer van Tsotsi-faam, beloof Zulu Wedding om kykers te vermaak met ’n omvattende, speelse ervaring, wat hulle sal laat ontspan en wegvoer na ’n ander wêreld. Dit sal veral aanklank vind by diegene wat gehou het van Happiness is a Four-letter Word en My Big Fat Greek Wedding.

Die sterbelaaide rolverdeling sluit in, Nondumiso Tembe (True Blood, King Kong The Musical); Darrin Dewitt-Henson (Soul Food, Lincoln Heights, Stomp The Yard); Pallance Dladla (Tempy Pushas, Isibaya, Hard To Get); die skreeusnaakse Carl Payne (Martin, The Cosby Show); Bubu Mazibuko; Kelly Khumalo; Lorcia Cooper, S’thandiwe Kgoroge; Treasure Tshabalala; Kole Omotoso en Makgano Mamabolo, met gasrolle deur DJ Tira, Carolyn Steyn en baie ander geliefde Suid-Afrikaanse akteurs

Zulu Wedding word op 23 February 2018 Vrygestel

Vrolike Feite

Suid-Afrika se voorste kostuumontwerper en -stileerder, Sheli Masondo, het klere gewerf van bekende modehuise.

Die kuns wat in die fliek gewys word, is geskep deur die bekroonde Kaapse kunstenaar en illustreerder, Loyiso Mkhize.

Musiek op die klankbaan sluit in, Maggz, Kelly Khumalo, Joseph Benjamin, Goapele en vele meer.

Zulu Wedding begin ’n nasionale jeugontwikkelingsinisiatief saam met Brand Laike & Dbe.

Zulu Wedding  se fliekbekendstelling sal voorafgegaan word deur Zulu Wedding, geskryf deur Dudu Busani-Dube, skrywer van die Hlomu-reeks, gevolg deur ’n Zulu Wedding – The Fairytale-kinderboekreeks, geskryf deur Makgano Mamabolo en met illustrasies deur die Kaapse kunstenaar en Kwezi Comics-stigterslid, Loyiso Mkhize. Dit sal ook in verskeie Afrika-tale vertaal word.

Die Luju Pictures-rolprent is vervaardig in samewerking met Brand Contact, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Departement van Handel en Nywerheid, Die Kwazulu Natalse Rolprentkommissie, Die Gautengse Rolprentkommissie, M-Net Movies en Tsoga Afrika.