Home / Archives / Theatre Archives / Aspoestertjie

Aspoestertjie

Fantastiese familie-vermaak binnekort op die verhoog by die Staatsteater:                                                                              

Die Suid-Afrikaanse Staatsteater en Add-Life Productions bied met trots aan Aspoestertjie,  ’n Skreeusnaakse Afrikaanse pantomime op die Opera-verhoog van 5 tot 28 Julie 2019. Hierdie puik produksie met skerp teks, unieke en energieke danspassies en ’n uitstekende eindproduk waarop hulle kan trots wees, het een resensie gesê.  In 2015, is hierdie produksie genomineer vir nege Naledi-toekennings, onder andere vir Beste Musiekspel.

Pragtige Karlien Van Jaarsveld skitter in die titelrol, teenoor die talentvolle akteur Zak Hendrikz as die heldhaftige Prins. Bekend vir sy uiteenlopende rolle in film, teater en op TV, speel Fezile Mpela die rol van die Verteller.

Passievolle Marlee van der Merwe, slaan die spyker op die kop met haar uitstekende vertolking van die Nare Stiefma, terwyl die vlymskerp humor van die twee Lelike Stiefsusters, Tiaan Rautenbach en Mortimer Williams, oud en jonk gaan laat skaterlag!

Met gesoute Regisseur Neels Clasen aan die stuur, beloof Aspoestertjie  om weereens ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees.

Aspoestertjie word vervaardig deur Renier en Lise-Marie Keyser, wie sedert 2007 bekendheid verwerf het vir hul keurige oorspronklike Afrikaanse musiekspele. Hulle het nie verniet ’n reputasie as baanbrekers in die Suid-Afrikaanse teaterindustrie nie; vir meer as ’n dekade skep hulle karakter-gedrewe stories met uitnemende produksie kwaliteit.

 

Aspoestertjie

Staatsteater, Pretoria

5 tot 28 Julie 2019

Vrydae – 19:30

Saterdae en Sondae – 11:00 en 15:00

Kaartjies vanaf R160, Beskikbaar by Webtickets, of Pick n Pay Winkels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

*

code

Scroll To Top